Zip!. Nataniël. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nataniël
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Публицистика: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780798174251
Скачать книгу
her food with me or ask me if I was tired. She would help me up the stairs or walk behind me so other children would not step on me and she would make me laugh by getting on her seat before it went down. We never knew during which part of the lesson she would land, we always hoped it was while she was answering a question. We loved it when she said the capital of India was Mahahatmaha Gahandi.

      Deni-ise was not kind to me because of my bread roll, trumpet, husky voice or coral, the real reason I will now reveal.

      In those days not all illnesses or conditions had names yet. Depression had just been named, but nobody suffered from it, it was too embarrassing. Dementia was mentioned at con­ferences but not in real life, people were just forgetting things.

      My grandmother had a sister called Una who forgot every­thing. She did remember that she loved knitting because she saw the wool in the mornings. In 1972 she started knit­ting a sandbag to stop the draft coming from under her bed­room door, but then she forgot what is was for, so she added a collar and sleeves, then she heard my cousin had a baby, so she added legs, then she heard on the radio it was snowing in Suther­land, so she added feet, but then she forgot about the snow and could only see the feet because the rest of the knitting was lying behind her chair, so she just continued until she had knitted the longest two tubes in history. Finally she heard I was going to high school, so she decided to give the thing to me. It was so big, it arrived in a crate the day before school started. We unrolled it in the back yard.

      You have to put it on, said my mother, We’ll have to send her a photograph. Of you arriving at school.

      I could never do anything to hurt Aunt Una. The next day I put the thing on. It took me an hour and the feet were so long I had to fold them and let them come out the back of my shoes. I looked like a doll that was melting from the bottom. So I arrived at school with my bread roll, trumpet, husky voice, coral and two metres of woollen tubing trailing behind me. Children called me the sock and teachers looked away. Deni-ise gave me sand­wiches because she thought I was paralysed from the feet down.

      Ten years after school I went back to my home town for a funeral. I was successful and looking great and climbing the stairs to the church with confidence. Then I heard a scream and turned around. At the bottom of the stairs Deni-ise fell to her knees.

      It is a miracle! she screamed, You’ve been healed! I never stop­ped believing!

      I could not hurt her or her beliefs.

      Yes, I said, It’s a miracle.

      (from the Factory stage production, 2013)

      LIGGAAMSBOU

      Dis my ouma se skuld dat so min lede van my familie kan swem. Mere en damme, strande en swembaddens, al daai het haar vervul met vrees.

      ’n Glas water is oorgenoeg, het sy gesê, Dit hou jou verstand helder. Te veel water is onheil, dit lok net karavane. ’n Rivier sou wel ’n mooi ding wees as die armes net hulle wasgoed kon uithou, g’n mens wil ’n ander man se eenvoudigheid sien verby­spoel nie.

      Ek was op universiteit toe my ouma my op ’n dag bel en vra of ek en die res van die jeug ons donker planne vir ’n naweek kan uitstel, sy’t ons nodig. Sy sê daar’s dié naweek ’n draadjiesknoop op die dorp en sy’t gesê sy sal sorg vir die catering, sy’t nie die geld of die ellende nodig nie, maar dan is daar darem ’n paar minder mense om die skandes te aanskou.

      My ouma het glad nie belanggestel in vrye denke of sosiale eksperimente nie en sodra iets haar moontlik kon ontstig het sy alle werklikheid geïgnoreer en net gesê dis draadjiesknoop.

      Ek sê, Ouma, wie gaan draadjiesknoop?

      Man, sê sy, Dis weer jou oom en sy sening. Hulle is nou ander­kant besete.

      Oom Krisjan was haar middelseun en het op twee-en-vyftig heeltemal snaaks geraak, hy’t my tannie gelos, sy hare gekleur en begin uitgaan met ’n vreeslik gespierde vrou. Haar naam was Keisha, maar my ouma het haar Ketting genoem.

      Ja, sê Ouma, Ketting en die ander weefsels het weer ’n draadjiesknoop aan by die swembad, ek kan dit nie keer nie, maar as ons die plek loop toestaan kan die Israeliete hopelik nie die hele sonde aanskou nie.

      Die Israeliete was die gemeentelede, hulle kon binne sekondes opdaag in groot swerms en skinder soos onweer.

      Jy gooi daai kar van jou vol petrol, ek gee elke sent terug, sê Ouma, Dan loop laai jy jou niggies op. Ek laat stik vir julle jurke, julle sal veilig wees, en dan kom help julle my. Elmo is ook hier, hy moet sien hoe sy pa sy eie spoor mistrap.

      Saterdag ry ek en my niggies Wellington toe. Op pad swembad toe is daar vlaggies langs die strate en mense met sonbrille drink ystermengsels uit botteltjies met tuite. Voor die swem­bad hang ’n banier wat sê FEMALE BODY BUILDING FINALS, BOLAND & WESTERN CAPE. In die parkeerterrein klim Oom Krisjan uit sy Maserati met niks aan behalwe ’n rooi speedo. Ons weet nie waar om te kyk nie, hy lyk soos ’n bol deeg wat iemand wou afbind vir twee brode.

      Ouma loer agter ’n boom uit.

      Ek gaan blind word, skree sy, Kom net vinnig.

      Agter die boom het sy ’n laken gespan en Tannie Welma, haar maer vriendin wat al van Verwoerd se dood af loop met ’n suikerdrup, staan en wag agter ’n berg materiaal.

      Trek aan, sê Ouma, Die Israeliete is honger, ons moet hulle loop weglok.

      Tannie Welma gee vir elkeen ’n jurk. Dis gemaak uit ou gor­dyne en elkeen is groter as ’n bergklimtent. Ons lyk soos kamer­meisies uit die vorige eeu.

      Ons kan nie dit dra nie, sê ek.

      Nou dan vat jy die bobotiespaan en jy grawe my graf net hier, sê Ouma, Ek het klaar die grond sag gehuil.

      Ek en die niggies kyk vir mekaar en trek aan. Ouma hang ’n buisie seep en ’n lappie om elkeen se nek.

      ’n Mens kom nie sonder seep by soveel water nie, sê sy.

      Agter die laken uit verskyn Elmo. Sy kop is geskeer want hy’s ’n fietskampioen. Hy’t klaar ’n rok aan. Hy lyk soos ’n spanspek wat gaan trou.

      Elkeen vat ’n skinkbord, sê Ouma, As jy ’n Israeliet sien, stap jy voor hom in en sê, R5,00. As hy nie wil betaal nie, dan gee jy dit verniet. Jy hou hulle net weg van Krisjan en die Ketting. Ek wil nog een keer deur hierdie dorp kan stap voor die Skepper my kom haal.

      Wat het Oom Krisjan aan? vra my een niggie.

      Dis ’n Satanspleister, sê Ouma, Swaai weg jou oë. ’n Man is ver­lore op vyftig. Hy word mal want hy besef hy’t sy besluite te vroeg geneem. Toe hy nog niks geweet het nie. Nou weet hy nog minder, maar hy voel slim. Hy neuk nou in enige rigting, hy wil voor begin. So ’n man gee jy drank tot hy slap is en dan steek jy hom weg. Maar jou oom het weggekom en loop koors kry by ’n ketting met spiere. Loop red ons familie.

      Toe begin musiek speel en ons weet die kompetisie gaan be­gin. Ons loop swembad toe. Langs die swembad, in ’n ry, in baie klein bikini’s, staan Ketting en nog nege ander vrouens met manslywe.

      Waar’s hulle tiete? vra Elmo.

      Weggeoefen, sê een niggie.

      Vir elke knop verloor jy nog tiet, sê die ander niggie.

      Ek gaan opgooi, sê Elmo.

      Vrouens word ook ouer en mal, sê die niggie.

      Hoeveel vir ’n paai? vra ’n Israeliet.

      Dis verniet, sê ek.

      Binne ’n paar sekondes is my skinkbord leeg. Ek verkyk my aan die tien vrouens. Nekke soos boomkappers, skouers soos sol­date, bene soos bandiete, induik-boude soos roeiers, kuite soos kangaroes. Hulle glimlag met tandartstande en bult hulle spiere, blink ge-olie soos ribbes op ’n braai.

      Ek