Dr. Eve se Seksboek. Marlene Wasserman. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Marlene Wasserman
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Руководства
Год издания: 0
isbn: 9780798171984
Скачать книгу
moeite werd is. Gewone juweliersware kan enige tyd uitgehaal word.

      Brandmerk en insnyding

      Dit is twee ekstreme vorme van liggaamswysigings. Brandmerk behels dat jy (soos wat hulle met beeste maak) gebrandmerk word met ’n naam of simbool van jou keuse. Insnyding word gedoen deur klein snytjies op jou vel te maak en dan kleursel in te voeg om die kleur van jou vel te verander. Anders word die vel gebrand en ontwerpe gemaak met die patrone van die littekens. Jy moet regtig mooi hieroor nadink voordat jy hierdie weg kies as ’n manier om jou individualiteit uit te druk. Pyn, permanensie (ja, al weer! – permanensie het baie oorweging nodig) en jou ouers, skool of werkplek se reaksie moet jou besluit beïnvloed.

      Die impak van jou liggaamsbeeld op seksuele uitdrukking

      Sien Jou seksteks

      Voel jy vet, oorgewig, opgeblaas, fugly? Jy is dalk die persoon wat die minste aandag kry van al jou vriende. Dit is nie noodwendig omdat jy vet of lelik is nie, maar omdat jy dink jy is. Die manier hoe jy oor jou liggaam dink en voel, is die mees invloedryke en bepalende aspek van jou seksualiteit. Die skoonheidsmite, die media, jou ouers, kulturele oortuigings en geloofbepalings, asook jou eie lewensondervinding werk saam om jou selfbeeld, insluitende jou seksuele selfbeeld te vorm. Weet vir seker: as jy jou heupe, lippe, borste, penis of enige ander deel van jou lyf haat, gaan jy swaarkry in die wêreld van verhoudings en seksualiteit.

      Dis moeilik om nou goed oor jouself te voel, want die fisieke veranderinge wat saam met adolessensie kom: puisies, sweet, hare en verskille in ontwikkeling tussen jou en jou vriende, maak dit soveel moeiliker.

      Dink maar aan al die jong meisies wat nie by partytjies eet nie, omdat hulle bang is hulle word vet. Hulle spandeer so baie tyd daaraan om te fantaseer oor die verbode kos dat daar nie plek in hulle gedagtes is vir ’n seksuele fantasie nie. Dink aan die ouens wat voel hulle moet by partytjies dronk word. Hulle is so bang hulle is nie cool genoeg nie, dat hulle enige lus vir vry onderdruk. Hulle dink hulle lyk aantreklik, maar al wat gebeur, is dat hulle met ’n slap penis gaan sit – en oor die hele sypaadjie gaan opgooi. Nie baie sexy nie!

      Dit is dalk regtig moeilik om nou goed oor jouself te voel, want die fisieke veranderinge wat saam met adolessensie kom, die puisies, sweet, hare en verskille in ontwikkeling tussen jou en jou vriende, maak dit soveel moeiliker.

      Dit is werklik belangrik dat jy maar vir die volgende paar jaar deur hierdie liggaamsfases ploeg. Volwassenes wat met seksuele probleme sukkel, het gewoonlik ’n geskiedenis – wat begin het in hulle tienerjare – van ’n slegte self- en liggaamsbeeld. Tieners wat ongemaklik voel met en in hulle lywe, vermy gewoonlik sosiale en moontlike seksuele plesiere, en dit is nadelig vir hulle. Tieners moet sosiaal wees, die gespot verwerk en hulle sosiale en seksuele vaardighede toets sodat hulle in gesonde volwassenes kan ontwikkel.

      Om jou te help om ’n positiewe liggaamsbeeld te ontwikkel, het jy nodig:

      •een vollengte spieël;

      •goeie beligting;

      •privaatheid;

      •tyd;

      •toewyding.

      Instruksies

      Ek weet die spieël is moontlik jou beste vriend, en dit behoort so te wees. Hoe opwindend kan dit nie wees om elke dag ’n nuwe jy in die spieël te sien nie! Nou, ek wil hê jy moet aspris elke dag ’n bietjie (of baie!) in die spieël kyk. Hou jouself dop as jy loop en ondersoek jou postuur. Probeer om op verskillende maniere by ’n vertrek in te stap en kyk watter een laat jou meer gemaklik met jouself voel. As jy dit genoeg kere doen, sal jy later soos ’n model by ’n plek instap.

      ’n Gesonde lewenstyl gaan om keuses. As jy die regte keuses oor jou gesondheid uitoefen, sal dit jou help om ’n meer sexy persoon te wees.

      Kyk na jouself – en ek bedoel kyk regtig na jouself as jy kaal is. Moenie net uitkyk vir die foute, knobbels en hobbels nie. Kyk hoe mooi jou vel is – soek jou sproete, moesies, geboortemerke – enige iets wat jou spesiaal en uniek maak. Voel hoe die tekstuur van jou vel op plekke verskil. Let op hoe naels lyk en probeer die verskillende kleure en teksture van jou hare agterkom. Draai om en kyk na jou rug en buk af en loer na jou boude in die spieël.

      Doen dit elke dag en jy sal gemakliker voel en meer vertroue in jou lyf hê. Jy kan verseker wees jou sekslewe gaan daaronder ly as jy jou eie beeld in die spieël vermy of die beeld wat jy sien, sleg hanteer. Wil jy dit regtig aan jouself doen? Ek dink nie so nie. Wees geduldig met jouself en oefen voor die spieël.

      ’n Gesonde lewenstyl

      Sien SASSI (South African Sports Science Institute), onder Bronne

      Om mooi te lyk en gesond te voel, kom nie vanself nie. Sommige van ons word gebore met goeie gene, maar die res van ons moet seker maak ons lyk so goed en is so gesond as wat ons kan. Dit verg moeite en sorg. Jy moet ’n lewenstyl aanleer wat gesond, lekker en interessant is. Dit kan uiters moeilik wees om ’n gesonde lewe te probeer lei as die res van jou familie dit nie doen nie. Miskien het jy ’n ouer wat oorgewig is of ’n ma wat konstant op ’n dieet is. Dalk het jy ’n ouer wat sê jy is moeilik omdat jy gesondheidsbrood bó witbrood verkies. Maak oefening, gesonde kos en goeie slaappatrone nou al deel van jou lewe. ’n Gesonde lewenstyl gaan om keuses. As jy die regte keuses oor jou gesondheid uitoefen, sal dit jou help om ’n meer sexy persoon te wees. Dit sal jou ook leer hoe om gesonde seksuele besluite te neem. Glo my!

      Dieet

      Sien ‘Mind Over Fatter’, onder Bronne

      Wie het nou net gevloek? Ek het! Ek het die D-woord gesê. Dit is ’n woord wat vrees, verskrikking, beloftes en angs uitlok. Daar is selde ’n glanstydskrif wat nie ’n wonderdieet adverteer nie. Die woord “dieet” verkoop aan ons ’n droom – ’n hoop dat die skoonheidsmite binne ons bereik is. Dit is nonsens. Ek glo as jy ’n bietjie swaarder of ’n bietjie ligter is, dan het jy dit nodig. Die gewig, of gebrek daaraan, beskerm jou teen een of ander kwessie wat jy nie aanspreek nie. Dit is hoekom diëte meestal nie werk nie. Dit takel oppervlakkige aspekte van gewig en liggame. Diegene wat die meeste by diëte baat, is maatskappye wat die dieetmiddels produseer, bemark en verkoop.

      Kom ons gooi die D-woord uit, verander die taal en ek is seker jy sal beter resultate kry in jou poging om jou gewig te beheer. Die woord wat “dieet” vervang, is “gesondheid”. Ja, dis vervelig, maar dit werk. Dit gee jou nou die voorsprong wat jy as gesonde volwassene gaan nodig hê. Dit werk, want dit laat jou lewendig en energiek voel en jy lyk vars en gloeiend.

      Om gesond te kan eet, moet jy jou hongerbehoeftes verstaan. Dit leer jou om jou eie kos en liggaam te beheer.

      Jy is die een wat moet besluit:

      •Is ek honger?

      •Wat wil my kop en maag eet?

      •Is ek lus om te eet of is ek net verveeld/alleen/kwaad/vryerig?

      Kos behoort ’n heerlike sensuele ervaring te wees. Dit hou nou verband met jou seksualiteit, dat as jy jou aptyt vir kos onderdruk, kan dit lei tot die onder­drukking van jou seksuele aptyt.

      Mense op ’n dieet eet wat die dieetkundige of eetplan voorskryf. Hulle word aangesê wat om te eet, hoeveel daarvan en wanneer om dit te eet. As jy nie jou eie hongerpatrone volg nie, sal jy bloot die dieetpad volg en steeds lus wees om in die geheim die kos wat jy mis, te eet. Om dieetpille en dwelms soos dagga of Tik te gebruik om jou eetlus te demp, is ’n dom ding om te doen – jy kan ’n verslaafde met ’n eetsteurnis word.

      Kos behoort ’n heerlike sensuele ervaring te wees. Dit hou nou verband met jou seksualiteit, dat as jy jou aptyt vir kos onderdruk, kan dit lei tot die onderdrukking van jou seksuele aptyt. As jy nie wil erken jy is honger nie, sal dit vir jou moeilik wees om te erken jy het seksuele behoeftes en na watter seksuele bevrediging jou liggaam verlang. As jy jou liggaam verdoof met honger, sal jy die seksuele honger ook verdoof. Bou ’n gesonde verhouding met kos op – dit sal jou meer in voeling met jou liggaam bring. En