Kokkedoor. Errieda du Toit. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Errieda du Toit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Кулинария
Год издания: 0
isbn: 9780798165433
Скачать книгу
so trots.”

1D9B8589.psd

      Onthoukokke en hul wyshede

      Riëtte Strydom: Deur bietjie oefen kan jy alles bemeester. Ek kan ná twee probeerslae nou flambé. Die mees onderskatte groente is botterskorsie! Ek sit dit op elke manier denkbaar voor: rou, in slaai, gebak, gebraai, in pastei. My skaapboud vul ek met fetakaas, spek en spinasie en my malvapoeding sit ek voor met pekanneut-en-karamelroomys.

%20Riette.tif

      Riekies Huisamen: Ek geniet dit om kreatief te kook met temas soos ‘Opmaakkos’ (waarna my blog nou vernoem is), ‘Werp jou brood op die water’ of ‘Die twee visse en vyf brode in jou hand’. Eiervrug is heerlik net so heel in die oond gebak saam met hoender. Ek vul my lamsboud met songedroogde perskes en pruime.

IMG_7210grey.tif

      Poppie Coetzer: Ek glo: Maak jou eie amandelvla met perskeblare. Braai kaiings stadig uit anders raak dit galsterig. As jy vleis sag wil maak, strooi 5 ml gemmer bo-oor en kook normaalweg. Kokkedoor het my geleer: Hoe lekker oondgeroosterde groente is en hoe wonderlik goeie messe is. Sondae is beesstert, stampmielies en pampoenkoekies op my tafel.

IMG_6493.tif

      Trudie Niehaus: Geur onthoukos deur alle pansappe stadig af te kook tot jy ’n wonderlike sous het en voeg ’n klont botter teen die einde by. Gebruik vars kruie, en proe en proe regdeur die kookproses. Ek gee onthoukos ’n kinkel – soos gerookte snoek in ’n visvorm met patatskyfies, en druiwekonfyt verdun met bietjie brandewyn en ’n knippie kerrie.

DPP_0117grey.tif

      Aletta Coetzee: Vryf die geure van vars pietersielie en roosmaryn tussen jou vingers – en ruik daaraan. Dis wat jy in jou kos wil vasvang. Ek sit my Sondag-skaapboud voor met mielietert en soetpampoen, en my sjokolade-koffiepoeding met tuisgemaakte vla. En onthou: Die lewe is te kort vir dieet, politiek en hartseer wees.

IMG_6813.tif

      Hendry Olivier: Ek maak die lekkerste broodpoeding met brioche, ’n Franse koekbrood. Ek geur dit met kaneel, wat my aan my ouma laat dink. My beste raad is om skoon en netjies te werk. As ek ’n uithang-Sondagete kan maak, sal daar stadig-gestoofde varklies wees met Madeirasous. Vir nagereg maak ek kruie-roomys en sit dit voor met vars vrugte.

IMG_1974grey.tif

      Kinkelkokke en hul wyshede

      Marinda Engelbrecht: Proe. Proe. Proe. Knoffel en brandrissies is alom-geurmiddels. Die beste stukkie lewensadvies het Kokkedoor my geleer: Jy’s nooit te oud om te leer nie. My Sondagspyskaart? Gemaalde kerrie-alliekrik, dan spesery-tarentaal met stampkoring en karamel-sagopoeding.

DPP_0006.tif

      Theresa de Vries: Smeer rou eierwit op skilferkorsdeeg voor jy die vulsel insit sodat dit lekker kan deurbak. Al bewonder ek sjefs soos Reuben Riffel en Richard Carstens, sal ek graag wil hê my laaste maaltyd moet opkookvleis en ’n dik sny van my skoonma se soetsuurdeegbrood wees.

_MG_4433grey.tif

      Magda Johnstone: Sondae maak ek heel lamskenkels in muskadelsous en vir bykos pampoenrol in botterstroop. Ek glo nie aan geurmiddels uit pakkies nie en kook eerder met instink. Goeie raad wat ek onlangs gekry het, is om jou pot of pan met sout te vryf om te keer dat die kos vassit. By Poppie het ek geleer asyn hou die vlieë weg!

IMG_6355.tif

      Hannes Russouw: Ek dink as tannie Poppie ’n bestanddeel was, was sy doringboomheuning en Riekies ’n steranys! Op my Sondagspyskaart is daar beslis pienangvleis en murgbene met kaiings en ’n suursous, kerrieskaaptongetjies, geelrys en patat-fondant.

_MG_4466_grey.tif

      Petro Lotz: Kook lig met dit wat in jou hand, spens of tuin is. Soos kool: Lekker in roerbraai, of kook tot net sag en sit met botter en neutmuskaat voor. Gebruik dit rou in ’n slaai met rosyntjies, gebraaide spek, neute, fyngesnyde broccoli en goeie mayonnaise. Goedkoop. Gesond. Ná ’n Sondagete sit ek kweperlekkers voor met sterk cheddarkaas en port.

IMG_6366.tif

      Sarel Loots: Gee die verhale van ons kos weer nuwe lewe om die tafel. Eet saam, gesels saam, ontdek weer mekaar as man en vrou, as ouers en kinders en as grootouers. Kos is wat ons na mekaar toe bring; boerekos is wat die hart sag maak.

Must.tif

      Mathilda Venter: Gebruik varsgemaalde koljandersade vir ’n tjoppie, vars koljanderblare in salsas en suurlemoensap oor varktjops of skaapstertjies. As jy die dag lui is, gebruik gerookte paprika – alles smaak beter daarmee, veral braaivleis. Sondae is dit tyd vir Springbokfilet-carpaccio met kweperjellie, lamsrak met droëperske-puree en dan malvapoeding met appelliefieroomys.

IMG_6562grey.tif

      Alida (Ida) Klopper: Kom oor jou flops. Die beste kosraad wat ek nog gekry het, was van Julia Child – dat die vrees om te misluk al ware struikelblok is. In die kombuis moet mens soms ’n ‘ek-gee-nie-’n-hel-om-nie’-houding hê.

IMG_6526.tif

      Rendil Pieterse: Eiervrug, gaargemaak met net sout en peper, olyfolie en knoffel is heerlik, en so onderskat. Skaf ’n voedselverwerker aan as jy kan, dis my gunsteling-kombuistoerusting. My idee van lekker Sondagkos is potgebraaide biefstuk met brandewynsous en daarna malvalekker-en-pynappeltert.

IMG_6639_grey.tif

      Casper Zulch: Geur jou kos met sout, peper en liefde. Te veel ander goed by, verdwerg die liefde. Alhoewel, as ek self ’n spesery was, was ek waarskynlik die ‘mother-in-law’-kerriemengsel. Ek glo in die winter maak mens soetpatats met egte botter, bruin- of geelsuiker en stroop, maar sorg vir slaai vir diegene wat hul gewig dophou.

_MG_4485.tif

      Johann Breedt: Liefde is die geheime bestanddeel. Selfs “baked beans on toast” is koningskos as dit uit die hart kom. My idee van ’n Sondagete is snoephappies, knypies tapas en uitstekende geselskap. Kokkedoor het my laat besef om nie altyd te jaag na die eindbestemming nie, maar te stop en jou familie saam te neem – dan is die rit soveel beter.

IMG_6658_grey.tif

      Toitnette du Toit: Ek glo aan sout, witpeper en wonderpeper, saam met baie geduld en liefde. Die beste kosraad wat ek ooit gekry het: Om nooit kos te kook waarvoor ek nie self ’n plaas se prys sal betaal nie. Soos my oondgebraaide plaashoender met appelkoossous en ouma San se pampoenpoffertjies op ’n Sondag.

_MG_4158.tif

      Karoo,