Katvoet. Riana Scheepers. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Riana Scheepers
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Публицистика: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780798154857
Скачать книгу
kom agter dat sy elke dag, haar eie gedagtes as enigste geselskap, in ’n ander metafoor dink. Die eerste dag, toe die oerwoud van groendorings en braamliaan nog dig en misterieus om haar gehang het, was dit die romantiese, arkadiese beelde van die landbouers uit die Middeleeue wat in haar kop gedraai het. Tóé was die braamstruike niks anders as klein konfytflessies vol diepdonker wildebessiekonfyt nie, of braamlikeur in lang flesse wat in ’n vensterbank staan en die purper van eeue weerkaats. Toe was sy ’n vrou wat in die laatsomer haar mandjies vul om die duister van die winter met wilde vrugte te besweer, die herinnering en die noodsaak van ’n oorvloedige somer. ’n Somer gevul met arbeid op ’n landery, dans en musiek en menslike kontak in ’n milddadige son.

      Die tweede dag was haar kop gevul met die idilliese Edenbestaan van ’n oerwese in ’n geurige woud vol skakerings van groen en water. Sou die oermens hom in hierdie braamsloot ingedring het, honger en op soek na die geurige, soet bessies om sy dieet van wortel en knol af te wissel? Het sy harige vel hom beskerm teen die dorings, of het hulle buite gebly? Wat het die oermens gemaak in ’n seisoen sonder vrugte? Hoe het hulle oorleef? Aan mammoete take het sy gedink, die dreunsang van ’n hoërskoolonderwyser wat hulle aanmoedig om vas te byt:

      Hoe eet mens ’n olifant op? Stukkie vir stukkie; jy begin en jy eet olifant, elke dag ’n stukkie . . . Hoe sny mens ’n braamsloot skoon, het sy saamgedreun, stukkie vir stukkie, elke dag ’n stukkie . . .

      Dit is die derde dag, die dag toe sy vergeet om ’n bottel water saam te vat, dat sy begin dink aan braam-mense. Mense wat braambosse is, flambojant en kwasterig en onaantasbaar, en hoe weerloos hulle eintlik is. As jy die moed het om ’n braam en ’n braam-mens aan te val en te sny, dan kom jy agter hoe sag die lote is, jy sny hom tot in sy murg, tot daar van dorings en bravade baie min oorbly. Sy kén sulke mense.

      Sy dink ook aan die mense wat voor haar op hierdie plaas gebly het, reeds drie eeue voor haar binnetrede op dié stuk grond. Die pioniers wat braamstruik en wildernis en Boesman en leeu en olifant aangedurf het om ’n blyplek oop te kap en te boer. Wat die onheil agter ringmuur en kleimuur probeer hokslaan het, die kwasterige karakters van hierdie plaas, wat sy in die geskiedskrywing leer ken het: Van Rostok, Van Rooijen, die vurige Anna Lategaan . . .

      Dit is warm buite, sy is ontsettend dors. Omdat sy nie meer die hark en die knipper en die ander goed met die kruiwa aanpiekel nie, het sy ook vergeet om water saam te bring. Dis te ver om huis toe te gaan net vir ’n glas water, as sy nou loop, kom sy nie weer terug nie. Sy eet ’n paar brame, probeer vergeet van dors.

      Vir die eerste keer sedert sy in die sloot begin werk het, tel sy ’n parfuumbotteltjie op. Aanvanklik het sy geen idee wat dit is nie, dit is eers toe sy dit versigtig teen haar broekspyp begin vryf dat die sierlike klein flessie met sy elegante hals en slank rondings onder die kors aangepakte modder uitkom. En toe tel sy nóg een op, feitlik op dieselfde plek waar die eerste een was. ’n Ander flessie, ronder van buik, maar ewe swierig.

      Ek tel nou ander goed op, besef sy, dis ’n ander era se rommel dié. Voor haar in die sloot doem die stamme van die twee palmbome op. Haar eindpunt, sy is besig om deur te breek.

      En dit is tóé dat sy dit hoor. Helder en duidelik die stem van ’n vrou wat bo-op die wal staan en vir haar sê: “Die ounôi vra of die kleinmies water wil hê.”

      Dit kon Katryntjie gewees het, Katryntjie wat in die huis werk. Of Nicci of Sabiena of Lena, enigeen van die vroue wat parstyd in die wingerd werk.

      Maar dit is nie een van dié vroue nie, want niemand praat só nie.

      En sy vervies haar vreeslik vir die mens wat met ’n taal praat asof daar nie ’n nuwe, ander tydperk aangebreek het nie.

      En sy kyk op.

      En daar is niemand nie.

      En sy is heeltemal verstom, want sy het haar dit nié verbeel nie.

      Sy loop nie terug in die helse sloot wat sy oopgesny het nie, sy klouter teen die skuinste van die sloot op, tot bo-op die wal, sodat sy kan kyk waar die vrou is wat met haar gepraat het en water wou aandra.

      En dit is toe sy afkyk, bietjie bewerig van skok en hitte en hallusinasie, dat sy dit sien: die ruwe konstruksie van klip en rousteen, in ’n lengte van agt tree by ses, reg op die plek waar sy staan.

      Vir Johann

      How many loved your moments of glad grace,

      And loved your beauty with love false or true;

      But one man loved the pilgrim soul in you,

      And loved the sorrows of your changing face.

      William Butler Yeats

      Uit: When You are Old

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RUWRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMTowNTowOSAxNDo0 NToxOAAAA6ABAAMAAAABAAEAAKACAAQAAAABAAAGWaADAAQAAAABAAAJ4wAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABPgAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABnAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKygwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0 pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dXZ3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8A8qSSSSUpJJKEQCVKSTls JkiCFKSSSQUpJJJJSkkkklKSSSSU/wD/0PKkkkklLgaojGGROgJiVrfVH6vH6xdaq6YLxjGxj3+q WepGxu/+bD6v+rVqnoRuYLLa7hUH+my7YWU7Gm0ZGZZk3N+zuqp9H+jsu9Szf/O/olPCI6rSXE+z 2PDiNdokoLse4bjsJDAC4gaCdG7j+atehjGQWiC4biADJafztrvzV0nVPq9l9G24mcPVs+zuuDaZ FDGXF9dvrZTavdkWMqfT+kr2U1f4X+asqfPGCB3OzHHIb20eBLSOyYgjkQulx6KrWXerVUKGsgNa xrNpP0Heu6u/L/Rt3v8A559n+C/TerXi3CfVjNFVleOW0Pe5tksndtjZV9qvdc1jrXb99WP/AEar +cfm3