Kry styl - Jesus s'n. Stephan Joubert. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Stephan Joubert
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796321640
Скачать книгу
Onlangse voorbeeld van hoe die styl van godsdienstiges en van celebrities binne dieselfde situasie kan handuit ruk as dit nie met Jesus se styl deurdrenk is nie, is die gebeure by die begrafnis van die Amerikaanse sangeres Aretha Franklin in Augustus 2018. Dinge het vinnig skeefgeloop toe biskop Charles H Ellis III suggestief aan Ariana Grande geraak het, wat een van Franklin se liedere tydens ’n huldeblyk aan haar gesing het. ’n Twitterstorm het losgebreek oor Ellis se groping en die onsmaaklike grappie wat hy oor Grande gemaak het. Hy het gesê: “When I saw Ariana Grande on the program, I thought that was a new something at Taco Bell.” (Taco Bell is ’n kitskosgroep in die VSA.) Ellis moes ná die tyd om verskoning vra. Sy verskoning was maar flou en deurspek met selfverontskuldigings: “Maybe I crossed the border, maybe I was too friendly or familiar but again, I apologize.” Die ster van Luke Cage, Mike Colter, het toe ’n onsmaaklike tweet oor Ellis se aanraking van Grande die digitale wêreld ingestuur. Hy moes ook jammer sê.

      Asof hierdie komedie van foute nie reeds erg genoeg was nie, het die prediker Rev Jasper Williams jr losgetrek met ’n paar polities onsensitiewe opmerkings wat die familie van Aretha Franklin so ontstel het dat hulle hulle amptelik daarvan gedistansieer het.

      En moenie van Madonna vergeet nie. By die VMA-toekennings op 20 Augustus 2018 is hierdie popikoon gevra om aan Aretha Franklin hulde te bring, maar toe misbruik sy dit as ’n huldeblyk aan haarself. In haar tien minute lange toespraak het sy meer oor haarself as oor Franklin gepraat. Een kritikus het selfs opgemerk: “Aretha Franklin was a footnote in her own eulogy.” Madonna het haarself ná die tyd op Instagram verontskuldig deur te sê dat sy anekdotes uit haar eie loopbaan wou uitlig wat met Franklin se lewe verband gehou het.

      Hierdie chaotiese gebeure illustreer hoe dit in ons wêreld gaan as ons dink elke moontlike geleentheid en platform moet óns bevoordeel en óns beeld bou. Selfs godsdienstiges swig voor hierdie druk. Óns agenda, óns saak, óns gewildheid – dit is al wat tel.

      Hoe anders is Jesus se styl nie!

      Jesus se styl in vier woorde

      God eerste; ander eerste.

      Só klink Jesus se styl. Só gebeur Jesus se styl. Dit is waarvoor Hy aarde toe gekom het. Dit is ook vir wie Hy aarde toe gekom het. Nie net vir goeie ander nie. Jesus het die “ander” meestal op die ashope van die lewe raakgeloop. Jesus was en is steeds kleurblind, statusblind, geslagsblind, godsdiensblind. Hy sien net mense raak. Dis al. Nooit vra Jesus of iemand swart of wit, vrou of man, gay of straight, ryk of arm, Bloubul-ondersteuner of Shark-ondersteuner is nie.

      Jesus hou van mense, álle mense. Jesus weet mense is stukkend. Almal! Hy weet mense is ’n duisend dinge: Verlore. Vreemd. Godsdienstig. Ongelowig. Bygelowig. Vriendelik. Onleerbaar. Verdwaal. Gevind. Selfsugtig. Veroordelend. Oulik. Rassisties. Vreemd. Seksisties. Lojaal. Onbetroubaar. Wreed. Dienend. Narsissisties. Vergewensgesind. Behulpsaam. Genadig. Apaties. Vrolik. Depressief. Verbitterd. Gelukkig. Vroom. Stukkend. Heel. Soekend. Struikelend. Noem maar op. Vir al hierdie mense, en vir al die ander, sê Jesus dat Hy as die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys af te lê.

      In die woorde van Filippense 2:5-11 het Jesus sy ewige hemelse troon agtergelaat, sy koningsklere uitgetrek en mens geword om stukkende mense te soek en vind. Hy het sy hemelse heerlikheid verruil vir die nederige lewe van ’n slaaf van die hemel hier op aarde. Daarom kan Jesus opkyk na ons. Al dienend, al soekend … só het Hy ons kom opsoek. Só het Hy ons teruggedra na God se arms toe. En Jesus wil dit vandag steeds doen. Hy wil ons ook leer om dit agter Hom aan te doen. En al hoe ons dit kan regkry, is om sy styl van harte aan te leer.

      God eerste; ander eerste.

      Dít is nou ons leuse. Dit is Jesus se styl, en nou ook ons styl. Ons is hier vir Jesus en vir mekaar. Ons word nie gered net om te verander in die een of ander geestelike Ethan Hunt of Clark Kent wat die wêreld eiehandig moet gaan verower nie. Ons word nie verander om ’n Lone Ranger op geestelike steroïede te wees nie. Ons is hier vir God, en ons is hier vir mekaar.

      Tereg sê Alison Morgan in Following Jesus: The Plural of Disciple is Church (2015):

      For Jesus discipleship was not an individual process but a community one. His disciples didn’t choose a subject or a syllabus, they chose a person (or perhaps they were themselves chosen by him); and learned as individuals attending classes but as part of a new, mutually accountable community their discipleship was embedded in relationships; it required of them to travel together in community with their Master.

      Ons almal saam en ons elkeen afsonderlik is navolgers van Jesus. Ons is medegelowiges vir ander en saam met ander. Dit is ons nuwe styl. Ons groei saam. Ons dien saam, al die pad agter Jesus aan. Ons deel ons geloof stylvol, op die Jesus-manier.

      En ons laat God se hartoorplanting toe

      God is die oorplanter van harte. Hy wil sy hemelse liefde, sy hart, in ons binneste laat klop. Ons gradeer nie maar net ons harte geestelik op nie; ons laat toe dat God sy hart met ons deel. Ons laat toe dat God sy hemelse hart, sy karakter, in ons oorplant. Chrizaan Pretorius het vir my die volgende gedig gestuur oor hoe ons ons lewe vir hierdie hemelse chirurgie, hierdie broodnodige hartoorplanting, oopstel sodat ons God se hart en sy styl deelagtig kan word. En sodat ons elke oomblik tot in ewigheid ’n nuwe hier en nou kan beleef.

      Hartoorplanting

      Op soek na die waarheid van hartsmotiewe

      Waar my hart binne homself delf

      Menslikheid verdwyn in verganklikheid

      Elke oomblik tel as die hiernoumaals

      Die hiernamaals het perke, nie net geboorte en sterfte

      Geen teenkanting teen die hartoorplanting

      Die wending is wat my binnedring

      Waarde in klein gebare, doelgerigtheid in ’n rigtinglose skare

      Want ek wil meer as myself gee

      Rig vir die groot taak wat opnuut saak maak

      Sy postuur opnuut geposisioneer vir ander se seer

      My hart kliphard versag, klaar vir die hartoorplanting gewag

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RRyRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTkgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxOTowMzoy OCAwOToxMTozOAAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAEzQAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQE