•Na haar woede-uitbarsting gaan slaap sy die middag.
•Haar ma bly in haar kamer en Lien eet alleen aandete.
•Lien voel baie eensaam en wonder oor haar vriende uit haar vorige lewe.
•Sy oorweeg om met iemand kontak te maak, maar besluit daarteen en luister na Norah.
•Die videokyker kyk na ’n toneel waar die man met ’n leer teen die kant van ’n huis opklim en ’n blonde tweelingetjie van die dak afkry, maar die vurige klein donkerkoppie met haar kat kyk anderpad. Die videokyker stop die beeld van die man en gaan raak aan die skerm.
Summary
•On Saturday morning Dirkie and Donovan quarrel in the salon.
•It is busy in the hairdressing salon and Lien helps with washing the clients’ hair.
•Dirkie and Donovan call each other names.
•Donovan gives Lien more money and she can afford to buy more food as well as two chocolates.
•Braam spends the weekend with his friend Deon’s family.
•Christien, Lien’s mother, feels guilty about Lien having bought food.
•Lien confronts her mum about why she does not play the piano anymore.
•In a rage Lien herself hammers out “The Blue Danube” on the piano.
•Lien spends the afternoon sleeping and eats supper alone.
•She feels lonely and contemplates contacting some friends from her previous life, but eventually decides not to contact anyone and rather listens to Norah Jones.
•The home movie shows a man on a ladder perched against the wall of a house, trying to persuade twin blonde girls and another dark-haired girl to come down from the roof. He is unable to convince the fierce little brunette with her cat to come down. The video watcher stops the video and touches the image of the man on the screen.
Vrae
1.Wat is jou reaksie op konflik soos dié tussen Donovan en Dirkie op bladsy 85, waar mense mekaar kamma nie raaksien nie of deur iemand anders met mekaar praat? (2)
2.Watter effek kan uitskelname soos “tweegesig” en “drama queen” op iemand hê? Verduidelik. (2)
3.Watter feit rondom die bakleiery amuseer vir Lien? (1)
Die bekende en gewilde komponis en pianis, Rachmaninoff, moes Rusland op 44 na die Russiese Rewolusie in 1917 met net ’n paar boeke bladmusiek verlaat. Hy word ’n legendariese konsertpianis in Amerika, alhoewel die Russiese regering sy musiek gesensor en verdoem het. http://www.imdb.com/name/nm0006245/bioSjostakowitsj is ook ’n Russiese komponis en pianis wie se lewe en werk onder Stalin en die Russiese pers gely het. Hy het sy hele lewe in Rusland gebly en sy musiek is twee keer verbied. https://www.boosey.com/cr/composer/Dmitri+Shostakovich?ttype=BIOGRAPHYDit is komponiste na wie Lien verwag haar ma die naweek sal luister. Dis interessant dat die komponiste na wie Christien Jooste luister, ook iets van ’n opvallende persoonlike swaarkry ervaar het. |
4.Lien bevlieg self die klavier en speel hardhandig en sukkelend omdat
a.haar ma nie meer lief is daarvoor om klavier te speel nie.
b.haar ma bang is om klavier te speel.
c.Lien gefrustreerd is met haar ma wat hulle situasie so swak hanteer. (1)
5.In haar eensaamheid dié aand besluit Lien om niemand te kontak nie. Die klein donkerkopdogtertjie in die video weier ook beslis om van die dak af te kom.
5.1Watter een van die volgende karaktereienskappe sou op albei van toepassing kon wees: (buierigheid/eiesinnigheid/dwarstrekkerigheid)? (1)
5.2Wat sou die verband tussen die twee karakters kon wees? (1)
6.Wat beteken die hoofstuktitel, ’n Rus op die menu? (2)
Die hoofkarakter en die spanningslyn
Binne Lien bou daar algaande spanning oor hulle huislike situasie op. Sy ervaar dus innerlike konflik oor dinge waaroor sy nie beheer het nie: die afwesigheid van ’n pa, konflik tussen haar twee werkgewers, ’n ma wat al hoe meer in alkoholverslawing verval en min kos koop, en syself (Lien) wat al hoe meer kos met haar min geld moet koop. Sy konfronteer haar ma omdat sy nie meer klavier speel nie en Lien bevlieg radeloos self die klavier. Hier kom haar emosie uit in uiterlike konflik met haar ma, al toon haar ma geen reaksie nie, behalwe om agter haar slaapkamerdeur te verdwyn.
•Waaroor baklei Dirkie en Donovan?
•Gaan Lien of Mary Morning Glory die kombuisorganisasie-stryd wen?
•Waar kry Donovan sy noemnaam?
•Waarom wil Christien nie klavier speel nie? En sal sy ooit weer?
•Wat sal word van die konflik tussen Lien en haar ma?
•En wat van Lien se alleengevoel?
Skryfoefening: Dialoog
Skryf ’n dialoog waar twee persone in ’n argument is. Beperk jou tot drie spreekbeurte vir elkeen.
Hoofstuk 10: Iets om die palaat te verfris
Opsomming
•Wouter dink steeds hulle moet net matriekafskeid toe gaan vir die kos en om die grootste fool te gaan kyk.
•Lien sê sy sal daaroor dink, want sy wil eintlik nie nee óf ja sê nie.
•Mr MacMillan is siek en Lien sit en droom oor Skotland.
•Lien is kwaad en jaloers toe sy sien Riekie giggel by Wouter en wil huil.
•Miemie Spies keer haar by die hek voor. Sy sê sy is pas agtien en nooi Lien saam Wimpy toe.
•Lien weet net dat Miemie-hulle in ’n luukse huis bo teen die berg bly en dat sy soggens in ’n swart Mercedes afgelaai word.
•Hulle eet steak en tjips.
•Miemie sê Lien is ook sonder vriende en vat nie twak van die simpel skool nie.
•Miemie vertel later van haar ma, ’n verveelde sepieslaaf met ’n meestergraad in toegepaste wiskunde, maar wat nog nooit gewerk het nie en kosprogramme kyk, maar ’n kok aanhou.
•Miemie se pa het ’n IT-besigheid in Johannesburg en maak baie geld, maar is min by die huis. Tuis sit hy in sy studeerkamer en bou modelvliegtuigies.
•Miemie wil regte gaan doen en het nie erg aan kinders nie.
•Tuis kry sy vir Deon by Braam voor die TV met ’n speletjie en sy ervaar skaamte en skrik oor hulle afgeleefde meubels en min kos.
•Die videokyker kyk na ’n Kersvadertoneel waar die kinders geskenke kry en staar daarna lank onsiende na buite.
Summary
•Wouter still thinks they should attend the matric farewell just for the food and to see who will be the biggest fool.
•Lien is not sure and says she will think about it.
•Mr MacMillan is absent and Lien daydreams about Scotland.
•Lien feels angry and jealous when Riekie giggles near Wouter and she almost cries.
•At the school gate Miemie Spies invites Lien to Wimpy for lunch to celebrate her eighteenth birthday.
•Lien knows very little about Miemie, except that she stays in a luxury house on the mountainside and is driven to school in a black Mercedes.
•They eat steak and chips.
•Miemie says her mum is a bored soapie addict with a Masters in Applied