“Hoe bedoel jy?” vra Davey verward.
Sollie kyk hom stip in die oë. “Is daar enige iemand wat jou en jou gesin wou skade doen? Enige iemand wat ’n motief gehad het om Anneri van julle af weg te neem?”
“Jy meen om my by te kom?”
“Of u vrou?”
Davey staar ingedagte na die kleurvolle vetkrytprente teen die oorkantste kamermuur. Dan skud hy sy kop.
“Ek kan wragtag aan niemand dink nie. Ek is eintlik maar ’n nerd. Mariëtte ook. Ons het vriende in die dorp wat ook kinders het. Maar ons is nie mense wat moeilikheid maak nie. Wie sou so iets aan ons wou doen?”
“Dis wat ek probeer bepaal, meneer Woltemade. Geen misdadiger tree sonder ’n motief op nie.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.