Stof. Alettie van den Heever. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Alettie van den Heever
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Историческая фантастика
Год издания: 0
isbn: 9780795801600
Скачать книгу
en begin dit deur toe rol.

      “Twee jaar. En daar’s nog nie ’n gaspyp gaslets toe gelê nie.” Konkok sug. “What a waste. Mevrou Jafta sou vandag weer gepraat het.”

      Sodra die seuns uit is, draai Konkok na Amper toe. Die frons maak seine tussen haar wenkbroue. Etter! Amper kyk weg. Tjop verder.

      “Wat gaan aan?” vra Konkok.

      “Ek was nog nie by vloer twee se toibome nie.”

      “Ek praat van jou agternasitplanne.”

      Amper byt haar tong vas. Agternasit. Konkok kies haar woorde fyn. Soos ’n hondsdol dier laat sy my klink, dink Amper. Soos die Leegskytkiem wat gasheer soek. Etter. Só was dit nie met Wakinyan nie.

      “Ek sê mos daai’s nie meer my plan nie. My gat het oopgegaan. Ek wag hier. Hy sal terugkom.”

      Konkok sê niks.

      “Ek sê mos,” sê Amper. Sy sit die dandelaain in die draaicleaner en druk die silinder teen haar maag vas. Sestig sekondes draai sy die slinger. Die toetsblaar is stowwerig onder haar tong. Nog sestig sekondes. Sy haal uit sonder om te toets. Die pasjente gaan nie stof proe as Konkok die kos met kief spyker nie.

      “Ek loop toibome toe,” sê sy toe die geurgoed klaar gekap op die tjoptafel lê.

      Op pad deur toe keer Konkok haar. Die ouer vrou se lyf is beenrig, maar gekussing by die bors langs. Amper sit haar hande lig op Konkok se rug, want hard kan sy nie druk nie. Dan breek sy haarself en kom nooit uit Kiefmor uit nie.

      Op die tweede verdieping is daar twee pasjente in die gaslets. Hulle vryf hande skoon in die sandbak. Amper wag by die deur.

      “I told you. They’re not taking us back before Celebrate 20.” Dis ’n vrou wat praat. Die weathergear suit sit styf aan haar gespierde lyf. In haar neus en oë is Meconium se nuutste tech teen stof en gluur.

      “They won’t let us miss it,” sê ’n jonger man. Donker kringe om sy bleek oë.

      “They came for Golden Boy. If they had plans for us, they would’ve taken us along. No. We’re stuck.”

      Die man kom uitgestap.

      “I say we jump the biogas truck,” roep die vrou agter hom aan.

      Sy steek vir Amper tong uit. By die deur briek sy en lig haar bolip: “Snake hair,” sis sy in Amper se nek.

      Die lot van hulle is só. Creepy-kêns, sê die tentelaaits wat die maalfiets kom trap. Net Wakinyan was anders.

      Aan die toiboom sit een blom. ’n Son met vlerke wat na sy dood vlieg. Sy skuur haar wang teen die blom. Dis dalk die laaste blom van die seisoen. Met die eerste blomknoppe …

      Sy was gebuk by die toiboom. Sy’t die takke en blare gelig en bamboeswater gespuit waar die stam in die potgrond verdwyn.

      “You don’t believe in that myth, do you?” het ’n stem agter haar gesê. Met groot beheer het sy sonder skrik regop gekom.

      “What myth?” vra sy toe sy omdraai.

      Die man strek hoog en sy vel lyk koel en onaangetas.

      “The myth about the flowers.” Die stem is harerig, soos die stokroos se blare.

      “You know the myth?” Sy raak opgewonde. Haar ouma se storie.

      “They say that you will have a higher yield of shit – up to a third higher – if you eat the flower as it opens at first light.”

      Amper kyk af. Sy hoop nie sy bloos nie. Skyt is ’n hot topic, maar met hierdie man …

      “O. Ek dog. Ek ken ’n ander storie oor die blom. Dit lyk mos soos. A sun with wings, flying to its death.”

      “Ek verstaan.” Sy Afrikaans is spoegerig en moeilik.

      “So dis nie waar van die verhoogde opbrengs nie?”

      “Nah, I tried it.”

      Sy staan opsy sodat hy vir hom blare kan pluk.

      “Nah, it’s useless all round in my case. Gives me the irritated ass syndrome like you won’t believe. Once it was so bad – I was doing a snake show in the Chinese enclave and I had to dunk my ass in a pool of muddy rainwater in front of the crowd. Thought I was gonna go mad.”

      Amper lag.

      “You work with snakes.”

      Hy maak ’n gaslethokkie oop.

      “Yeah. I’ll tell you all about it if you’re interested. You’re around, right?”

      “Yes. I work here. In the afternoons.”

      “Kief, man. I’m Wakinyan.”

      “Amper,” sê sy.

      “Kief, man. And you don’t wear those masker-lappie-thingies?”

      Haar hand vlieg op na die duikbril op haar voorkop. Helsem! Sy skuif die bril haastig oor haar oë en neus.

      “No. I’ve got this. It’s … It’s … It’s dust and glare proof.”

      “Kief style. I was just wondering how you can breathe in this DD.” Hy begin beweeg.

      “No, I just took it off … to look at …”

      “Yeah, of course.” Hy raak aan haar arm. “Let me just get my business out of the way.” Hy glimlag en knipoog. Terwyl hy omdraai, haal hy blare uit sy agtersak, maar Amper herken dit nie.

      Sy kaal rug was glad. Nie die hindernisse van haar eie of ander Kiefmorvelle nie.

      Sy maak die bottel bo die toiboom vol. Die water begin drup langs die stam.

      “Totsiens, son wat na jou dood vlieg,” sê sy. Sy buk af, neem die blom in haar mond en byt die stingel af. Elke bietjie help. Mites help ook. Stories is al waaraan haar ouma geglo het.

      ’n Laaste stop: die groepterapiekamer. Teen die mure is van die pasjente se werke. Collages. Tekeninge. Stories. Ouma Bettina het die skryfterapie aangebied. 23 Januarie was haar laaste klas.

      Amper stap na die westemuur. Tussen twee vensters is een van haar ouma se saadstories opgeplak. Amper se gunsteling.

      Raphionacme burkei – Bi

      Bietjie was ’n kind van vele buitekante. Meestal was sy ’n wipgat, skreefoog kind, maar soms was sy ’n likkewaan, soms ’n witkruisarend en soms ’n bakoorjakkals. Bietjie het ’n hond gehad. Sy naam was Eengesig. Hy was altyd ’n hond en soms het Bietjie dreunlyf geraak dat hy nie kon saamgaan op haar veldreise nie. Een jaar het die aarde so droëlyf geraak dat Bietjie al vergeet het hoe die tsammas gesmaak het – toe’t die wolkwaters nog steeds nie gekom nie. Die kambrolywe was al byna op toe ’n voortydmens sien hoe Bietjie ’n paar vesels vir Eengesig gee. “Saad-se-kjênd! Nie voor die Kalahari modder maak, het ek gedag ek sien so ’n dom kjênd nie!” het die oumens gegil. Bietjie het ’n toktokkie geraak en onder die sand weggeskarrel. Toe nog net die Bi se bitterlywe oor was, was Eengesig se tong die skadu van ’n waterval waarvan daar nog ’n skadu op die grond geval het. Bi, so het die mense gesweer, was dodelik giftig vir honde. Maar Bietjie was ’n wipgat. Sy’t ’n hond geword en vir haar ma gesê: “Sal jy my laat vrek van die dorste of van die Bi?” Na ’n dag het Bietjie se ma vir haar Bi gegee. Bietjie het bly lewe en die hondegeblaf het gebly. Op ’n dag het Bietjie haar ma aan’t tjank gekry. Haar mama se oë was reg bo hulle babasustertjie se mond. Daardie dag kon haar mama nie een Bi kry om uit te grawe nie. “Daar’s wolke in die lug,” het Bietjie skuldig gesê. Maar die wolkwaters het vasgesit teen die verhemelte. Toe haar mama en sustertjie se lippe vasgeplak was met gister se spoegte, en Eengesig lankal aangeskuif het in die tye, het Bietjie haarself in ’n Bi-plant verander. Sy het met ’n stukkie van haar siel in die wind geklim en haar mama geroep totdat dié begin ronddool het. Sy het met haar laaste krag twee van haar stingels geknoop en haar mama gepootjie. Die vrou het gegrawe net omdat sy nie geweet het dat Bietjie