Vir mans. Johan Ferreira. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Johan Ferreira
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796317919
Скачать книгу
voltooi en haar loopbaan aangedurf met dieselfde energie as wat sy haar kinders en hom versorg het. ’n Raakvatter van formaat, het sy pa altyd gesê as die skraal figuur verbyblits op pad na die uitvoering van die een of ander selfopgelegde taak.

      Dan het Hannes geglimlag en geweet wat sy pa sou sê: “Hannes, my seun, jy het óp getrou!”

      Nou sit Hannes en kyk vir sy geliefde waar sy die tee sit en roer. Dis asof sy in ’n droom verval het. Sy glimlag, maar daar is nie ’n verbintenis met hom nie. Hy raak saggies aan haar arm, soos die verpleegkundige hom geleer het, en sê haar naam. Sy kyk op, skrik effens. Daar is min herkenning in haar blik, sy sien hom vandag nie as Hannes nie.

      “Dis ek, Hannes,” probeer hy die vonk van herinnering aansteek.

      Sy kyk af. Êrens onthou sy iets is fout, maar sy ken nie die sagte oë en die sagte hand nie. Sy trek haar arm weg en skuif haar lyf sywaarts. Daar breek ’n stuk van Hannes se hart af. Hy draai om en gaan lees iets in die tydskrif op die tafel om sy gedagtes te laat bedaar.

      ’n Paar maande later is daar al hoe minder van sy vrou oor. Sy is nou meestal angstig en geïrriteerd. Sy raak moeilik as hy beheer neem van haar daaglikse roetine en wil nie meer met hom gesels nie. Sy isoleer haarself eerder en bring lang tye in stilte in haar kamer deur.

      Dis tyd, Hannes

      Ná die laaste besoek aan die neuroloog vra die spesialis dat Hannes alleen vir ’n konsultasie moet inkom. Hulle gesels openlik oor die vordering van die demensie en Hannes sien die tekens soos die arts aandui.

      “Hannes, dis tyd,” sê die gryskopdokter wat die pad saam met hulle stap.

      “Ons het daaroor gepraat toe sy nog alles verstaan het, Hannes. Sy het aanwysings gelaat oor hierdie dag. Jy was ook hier,” maan hy saggies.

      Hannes onthou die dag goed. Hulle het saam in die spreekkamer gesit en sy vrou het duidelik en sonder veel emosie beklemtoon dat as die dag sou kom waar sy nie meer kon kies nie, moes hulle besluit oor haar versorging háár keuse wees. En sy maak die keuse vandag.

      Hulle maak kontak met die versorgingseenheid en reël vir die opname. Hannes weet dat daar nie omdraaikans is nie. Sy kom nie weer huis toe nie. Hy sal moet saamleef met die geleidelike, uitgerekte afskeidsproses. In hierdie tyd sal sy dalk vir lang tye afwesig wees van sy werklikheid. Hy sal die tyd sien verbygaan, maar sy sal geen persepsie hê van sy stryd nie. Hy sal moet aanhou leef in sy ervaring van tyd, aanhou geskiedenis skryf saam met sy kinders. Hulle geheuestories sal anders as hare wees, en daarmee moet hy vrede maak. Sy storie sal volledig sy eie moet word, hy sal nie meer op haar olifantgeheue kan staatmaak nie.

      Sommige dae daag hy op en dan sien sy hom dadelik raak. Hannes is dan daar en sy gesels en onthou en bou verder aan hulle storie. Al hoe meer dae herken sy hom egter nie meer nie, al is hy elke dag daar. Dan bou hy aan sy eie verhaal. Hierdie verhaal hoop hy om met haar te deel aan die ander kant van gebroke liggame en gebrekkige breinfunksionering.

      ’n Paar vrae wat jy jou kan afvra oor demensie:

      1.Weet jy wat jy as die uitkoms wil sien, sou jy dalk demensie ontwikkel?

      2.Het jy en jou maat ’n toekomsplan vir die moontlikheid van demensie?

      3.Weet jy hoe die simptome van demensie lyk?

      Dit is ’n moeilike lewenstema wat deur die meeste mense hanteer word wanneer die simptome reeds teenwoordig is. Min mense praat openlik oor die moontlikheid van verlies aan rasionele denke en versorging van hulself. Ons dink mos maar dat alles reg sal verloop tot aan die einde. Dis so belangrik dat hierdie gesprekke vroegtydig plaasvind sodat almal in die gesin en familie weet wat die wens van die betrokke persoon is voordat hy of sy nie meer self kan sê nie.

      Hannes en sy vrou se storie kon baie anders verloop het as hulle nie betyds die besluite geneem en die dokumente opgestel het nie. Die proses kan byvoorbeeld baie moeilik wees vir kinders wat nie hulle ouers wil laat gaan nie. Daarom moet al die lede van die gesin weet wat die wens van elke lid is sodat hulle dit kan respekteer wanneer die tyd aanbreek.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RIKRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTkgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxOTowMToy OSAwODozOTowNQAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAEMwAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFw