Vir mans. Johan Ferreira. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Johan Ferreira
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796317919
Скачать книгу
nie die geld aan haar betaal nie, gaan sy die naakfoto’s wat hy van homself gestuur het aan sy vrou via die toepassing stuur.

      Hy worstel drie dae met die eis. Uiteindelik besluit hy dat hy sy vrou sal moet vertel van die foto’s, want hy vermoed die geldvraery sal nie by ’n enkele versoek bly nie. Dis ’n worstelgesprek en sy vrou is platgeslaan. Hy verseker haar egter dat daar niks anders gebeur het nie. Dit was nié ’n verhouding nie en hulle ken mekaar skaars.

      Nog is het einde niet

      Hy kontak die vrou en smeek haar om die hele storie te los. Hy sê sy vrou weet en gaan hom vergewe. In haar reaksie plaas sy twee van die beste foto’s van ’n naakte Dirk op sy vrou se tydlyn in die toepassing. Sy vrou se suster is die eerste een wat die foto’s sien en bel haar sus histeries.

      “Haal af daai foto’s!” Sy vrou verwyder die foto’s en fladder ontredderd rond om die vrou op haar tydlyn geblok te kry.

      Daar daal ’n gespanne stilte op Dirk se huis neer. Sy vrou wil weet wat hier aangaan. Hy deel selektief inligting oor die foto’s in die hoop dat alles sal weggaan. Intussen teister die vrou hom vir geld.

      Geduldig wag die afperser

      Weke gaan verby en hulle hoor niks van die kuberafperser nie. Net toe dinge tussen Dirk en sy vrou begin terugkeer na normaal en hy hoop dat hy die laaste van die vrou gehoor het, ontvang hy ’n stemboodskap van haar. Dit is een van sy erotiese liefdesverklarings wat hy aangestuur het. Hy is naar, hy wil weghardloop. Hierdie keer betaal hy die geld na haar rekening oor.

      ’n Maand later kom dieselfde versoek vir geld, dubbel soveel soos laas. Dirk raap en skraap en betaal die geld in die rekening in. Hy is gestres en slaap sleg. Sy vrou vra wat aangaan en hy kla oor werk.

      ’n Paar weke later is daar nog ’n eis. Sy vrou hoor die selfoon biep terwyl hy stort. Sy sien die eerste gedeelte van die boodskap, maar hoef nie verder te lees nie.

      Chaos tuis

      Dirk maak ’n afspraak by ’n sielkundige vir hom en sy vrou. Hy hoop die konteks van bemiddeling sal hom tot voordeel strek. Die sielkundige luister na die vertelling en moedig Dirk aan om met die hele sak patats na vore te kom. Indien sy vrou alles weet waarmee die afperser nog vorendag kan kom, kan hulle die mag daarvan verbreek.

      Dirk begin by die begin. Hy praat sy hart uit, vertel die moeilike waarheid en van die stemboodskappe en die video’s. Ná vele sessies op die sielkundige se bank voel Dirk en sy vrou of hulle mekaar kan vertrou.

      Die afperser het inderdaad weer die voorspelbare strategie gevolg, maar hulle het hulle daarteen verset. Sy vrou se pad na herstel is inderdaad anders as Dirk s’n. Sy sal weer moet leer vertrou en hy sal opgevoed moet word in die gevare van internetgeselsies met vreemdelinge.

      Die afperser beweeg aan

      Ná maande het hulle nog niks weer van die afperser verneem nie. Sy het, soos hierdie kriminele maar maak, sekerlik aanbeweeg na haar volgende slagoffers. Dirk en sy vrou leef nog liggies met mekaar, die skade nog vars in hulle geheue.

      Hoe bepaal jy of jy kwesbaar is vir kuberafpersing?

      1.Gesels jy met vreemdelinge op toepassings op die internet?

      2.Is jou toepassings beveilig met privaatheidverstellings?

      3.Indien jy persoonlike inligting deel met vreemdelinge is jy gewis kwesbaar vir kuberafpersing.

      Dirk se verhaal is veel meer algemeen as wat die meeste mense dink. Omdat mense skaam is oor die inhoud van so ’n gebeurtenis praat hulle nie hieroor met vriende en familie nie. Daar is selfs misdaadsindikate wat hierdie strategie genadeloos volg om geld uit naïewe internetgebruikers te maak.

      Dirk en sy vrou se pad is natuurlik nie die enigste uitkoms wat wag vir ’n paartjie wat hierdie roete moet stap nie. Die meeste verhoudings oorleef nie ontrouheid nie en die gebrek aan vertroue kelder die meeste verbintenisse behoorlik. Die beste teenvoeter vir hierdie soort verleidings is om ingelig te wees oor die moontlike uitkoms van so ’n onsinnige en ondeurdagte daad. Bedink net eers die volledige uitwerking en moontlike gevolge van so ’n eerste gesprek met iemand voordat jy daaraan deelneem. En moenie naïef wees oor die verskuilde bedoelings van mense wat voorgee hulle neem deel aan die heerlike stukkie flirtasie met jou nie. Wees uiters bedag op die algemeenheid en kriminaliteit van hierdie gedrag.

      My manipulerende ma veroorsaak huweliksonmin

      Mamma se staatmaker

      Die Conradies se kerngesin bestaan uit Pa, Ma, Hendrik en sy sussie. Pa werk lang ure in die stad, vertrek vroeg soggens en kom eers ná donker tuis in die dorp langs die rivier. Ma werk halfdag by die plaaslike tandarts. Hendrik en sy sussie is gelukkig in hulle skool. Omdat Pa soveel ure weg is van die huis af, leer Hendrik van kleins af om Ma se staatmaker te wees. Hy geniet dit stilletjies om die man van die huis te wees wanneer sy pa weg is. Ma laat hom baie meer vryheid toe as vir Sus omdat hy so inskiklik is oor haar versoeke. Hy gaan eendag ’n wonderlike man vir ’n baie gelukkige vrou wees, sê sy.

      Staatmaker trek weg

      Hendrik gaan studeer twee dorpe verder. Hy vorder fluks en gradueer met lof. In sy honneursjaar ontmoet hy die gelukkige meisie en hulle trou aan die einde van daardie jaar. Ma, Pa en Sus is gelukkig en omarm sy vrou volledig. Die paartjie begin albei in die stad werk en betree nou eers werklik die pad na volwassenheid.

      Intussen werk Pa steeds lang ure en Sus is op universiteit in die Kaap. Wanneer dinge by die kerngesin se huis aandag nodig het, bel Ma gou haar staatmaker en hy ry deur om haar te kom help. Die gelukkige meisie gee nie om nie, dis net dat hy soms ten koste van hulle tyd saam na sy ma se pype dans.

      Die gelukkige meisie begin brom

      Hendrik en sy vrou het nou al ’n paar keer woorde gehad oor die eise wat sy ma aan hom stel. Hendrik kan soms rede insien, maar voel eenvoudig te skuldig om vir sy ma nee te sê. Sy verantwoordelikheidsin dwing hom elke keer terug na die behoeftes van sy ma.

      Sy vrou begin ernstig kla. Sy stel ultimatums. Sy wil nie meer by sy ouers gaan kuier nie. Wanneer Hendrik nou nee sê vir sy ma, laat sy hom skuldig voel. Wie gaan haar nou help? Hoe lank moes sy werk om hom groot te kry? Wie het vir sy studie betaal? En nou wil hy nie meer tyd aan haar afstaan nie. Hy probeer die versoeke anders hanteer. Hy maak vasgestelde tye wanneer hy sy ma besoek. Sy vra meer. Sy wil hulle elke naweek sien en as sy pa oorsee reis, voel sy dat Hendrik en sy vrou by haar moet kom bly. Sy vrou skop vas en weier om so gereeld daar te wees.

      Kerngesin vs gesin van herkoms

      Hendrik en sy ma sukkel met die herdefiniëring van die kerngesin.

      Toe Hendrik en sy suster nog tuis gewoon het, was die gesin al vier se kerngesin. Hier lê ons bron van veiligheid en primêre fokus. Ons verwag sekere gedrag en optredes van die lede van ons kerngesin. Ons geniet prioriteit in mekaar se lewe en maak staat op mekaar se verbintenis tot hierdie kerngroep.

      Wanneer kinders die huis verlaat en uiteindelik hulle kern skuif na die verhouding met hulle eie lewensmaat, en uiteindelik hulle eie kinders, is dit essensieel dat ouers en kinders die skuif maak na gesin van herkoms. Hendrik se kerngesin is nou saam met sy vrou, en sy verhouding met sy ouers en suster moet nou verander na dié van gesin van herkoms.

      Die hooffokus van Hendrik en sy vrou moet nou op hulle verhouding wees. Hendrik se ouers en suster moet hierdie nuwe grense respekteer en die eise wat hulle aan hom stel, verander en aanpas.

      Die skuif impliseer nie ’n beëindiging van verhoudings nie, maar wel ’n herdefiniëring daarvan. Hendrik se ma kan nie meer van hom verwag om haar weekliks by te staan met takies rondom die huis nie. Daardie takies moet hy nou by sy eie huis doen. Natuurlik moet hy sy verhouding met sy ouers onderhou, maar nie ten koste van sy verhouding met sy vrou nie.

      Skoonma kom kuier

      Die reëls van iemand se huis moet bepaal word deur die mense wie se huis dit is. Hendrik en sy vrou moet met mekaar gesels en besluit hoe hulle wil hê dat hulle lewe moet funksioneer. Wanneer hulle ouers dan kom kuier, sal die ouers die funksionering van die kinders se lewe moet