Woorde is soos wors. Rona Rupert. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Rona Rupert
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9780624078326
Скачать книгу
n>

      

      Rona Rupert

      Woorde is soos wors

      Tafelberg

      Arjan, my leerling, het sonder

      dat hy dit bedoel het, dié boek veroorsaak, toe hy ook 12 was.

      Daarom dra ek dit aan hom op.

      Een

      Die Maandagaand toe ek by die halte van die bus afgespring het terwyl dit nog loop, het ek reg op my voete geland. Ek het liggies gehop, net soos ’n mens ander dit altyd sien doen, en ’n entjie saam met die bus gedraf totdat dit onder die straatlig stilgehou het. ’n Volmaakte landing.

      Maar my gedagtes was nie regtig daar nie. Dit was by St. Andrew’s, by Georgie, my jonger broertjie, wat dié middag weer uit die Kinderhuis weggeloop het.

      Ek het gesien hoe die kondukteur hom vir my vererg. Ek het dit verwag. Buitendien was hy seker teen daardie tyd van die aand, dit was óór agt, al moeg heen en weer gery. Hy het niks gesê nie. Hy het sy rug op my gedraai, en die twee mans wat opgeklim het, gevra om onder te gaan sit. Net sowel dat dit nie ek was nie, want ek sit áltyd bo.

      Toe die bus trek, het ek begin aanstap na die Goeiehoop-sentrum toe. Drie mans het uit die skaduwees geval, en met my begin saamstap. Hulle kon uit die hemel geval het, as dit nie is dat ’n mens aanneem góéie dinge val uit die hemel nie. En dit was hulle nie.

      Ek het voor my gekyk en geloop, en hulle het, een regs, een links, een agter my, met my saamgeloop asof ons heelpad van Kloofstraat af saamgekom het. Ek het hulle weggewens. Niemand het ’n woord gesê nie. Dit was soos die loop in ’n droom wanneer jy nie verder kom as wat jy is nie.

      Ons het vooroor geloop teen die suidoos, en die motors het by ons verbygery. Ek het gekyk na die miswolk wat die berg tóé lê; ’n mens kon dit duidelik sien. Ek het koud begin kry.

      “Links,” het die een aan my regterkant gesê, toe ons by die hoë rooi baksteenmuur kom. Links was die muur en agter die muur, die donkerte. Ek het gemaak asof ek hom nie hoor nie. Maar ’n alarm het in my kop geklop. Ek was al vantevore in ’n geveg gedwing, maar dit was in die dag, by die skool.

      “Het jy jou blyd by jou?” het sy maat wat agter ons loop, gevra.

      “Of course,” het die een aan my linkerkant geantwoord, en ’n klopdanspassie met sy voete gedans. “Het jy hom al óóit sonder ’n blyd of ’n paddaslagter gesien? Of het jy miskien vergeet hoe daai grootbek verlede week gelyk het toe hy met hom klaar was?”

      Niemand het hom geantwoord nie. Hy het ’n vals deuntjie gefluit. Op sy T-hemp was TO HELL WITH YOU WORLD geskryf. Ek het hom met ’n blyd-skerp haat gehaat.

      Voordat ons gekom het waar ’n mens die straat moet oorsteek, waar die pad die draai maak, het die twee regs agter my, my na links begin druk. Hulle het dit met gesigte sonder uitdrukking gedoen, asof ek nie regtig daar was nie, sonder om na my te kyk. Ons was al amper in die donker.

      Ek kon dit nie langer uithou nie. Ek het my op my hak omgedraai en meteens soos ’n besetene begin baklei. Hulle het dit seker nie so gou al verwag nie, en ek het TO HELL WITH YOU WORLD reg in sy wind gevang. Dit het hóm vir ’n rukkie skadeloos gehad. En toe het ek met die ander twee terug straat toe baklei.

      Die mense het in blink motors verby ons gesweef en hulle nie aan ons gesteur nie. Later was my sweetpak se baadjie van my af, en my horlosie ook. My broek het langs die been, die hele lengte af, ’n skeur gehad, of ’n sny; ek het dit voel flap in die wind. Vanaand maak hulle my dood, het ek gedink.

      En toe kom die grys polisiewa ewe rustig verbygery. Ek het die blou flikkerlig eers gesien toe een my skielik van hom af wegstamp, sodat ek soos ’n lap trek, reg teen ’n lamppaal vas, met só ’n slag, dat ek self die been in my arm duidelik hoor kraak het. As hulle tóé wou, kon hulle my net daar doodgeslaan het. Maar die vangwa het vinnig gestop, agteruit gery, en voordat dit weer tot stilstand gekom het, het hulle saam met die wind en die vuil papiere verdwyn – al drie, soos ’n nagmerrie.

      Toe ek teen die helder weerkaatsing van die pyn in weer kon sien, was ’n konstabel besig om uit die vangwa te klim. Hy het my opgehelp. “Oppas, my arm,” was al wat ek krakerig kon sê.

      “Waarheen is jy op pad?” het hy gevra. Hy het skaars ouer as ek gelyk.

      “Ek moet by die Jeugsirkus gaan oefen,” het ek geantwoord, “by die Goeiehoop-sentrum.”

      Die ander polisieman het nog rondgekyk waar ons baklei het, en met ’n stuk van my broeksak se voering in sy hand teruggestap gekom. “Ken jy die mense wat jou aangeval het?” het hy gevra.

      Ek het beledig gevoel. “Sulke mense?” het ek gevra. Ek het afgekyk na my eie geskeurde klere en gewonder of hy dink ek pas by hulle. “Hulle is weg met my horlosie en met my sweetpak se baadjie. My busgeld was daarin.”

      Die jong konstabel het na my gekyk. “Jy sal moet hospitaal toe gaan,” het hy gesê. “Ons sal jou vat.”

      Ek het van sy gesig na my regterarm gekyk. Dit het net soos altyd gelyk, maar dit het nie soos my arm gevoel nie, nie dat dit toe so seer was nie, dit het net snaaks gevoel. “Neem my liewer Sirkus toe,” het ek gevra. Ek het seker maar gehoop dat die toue en die ligte en die geraas alles weer reg sou maak.

      Toe ons daar aankom, was hulle besig om die openingsnommer te oefen – die een waaraan almal deelneem. Ek het gesien hoe Carsten Latsky ongeduldig rondtrap omdat hy niemand het op wie se skouers hy kan klim nie. Ek is sy maat. Hy verwens my nou, het ek gedink.

      “Jy hoef nie verder saam te kom nie,” het ek vir die konstabel gesê toe ons nog in die donker onder die steiers was, “ek sal self verder regkom.” Wanneer ek my arm stilgehou het, kon ek my verbeel dit makeer niks. Dit was my béne wat snaaks gevoel het.

      “Ek moet nog jou naam en adres kry,” het hy gesê.

      Hy was ’n regte gentleman. Ek dink hy het geweet ek wou nie graag voor almal saam met ’n konstabel daar aankom nie. Ek het daaraan gedink dat ek self vir hom my naam en adres kon gee, maar my verstand het vasgesteek, en ek het skielik nie die krag gehad om dit vir hom te sê nie. Ons is saam die lig in.

      “Haai,” het iemand geroep, “kyk vir Josias!”

      Bob het omgekyk en vinnig na ons toe aangehardloop gekom. Hy het sy arm om my gesit, van die linkerkant af. En eers tóé onthou ek: my klere is geskeur!

      “Fetch us a chair, somebody!” het ek hom hoor roep. Hy praat altyd Engels as hy opgewonde raak. Hy het my versigtig in die stoel laat sit. “Boy, oh, boy,” het hy gesê, “boy, oh, boy – what have they done to you?”

      Twee

      Iemand het oor die luidspreker geroep: “Denis … Denis … Denis … dit is dringend, Denis … kom asseblief na die voorste ingang toe …”

      Denis is die sirkusbaas; hy ís die Sirkus. Hy lyk soos ’n boemelaar, maar hy is roekeloos en regverdig. Daar is niemand by die Sirkus wat nie mal is oor hom nie, of hulle dit wys of nie.

      Bob en die konstabel was besig om met mekaar te praat. Ek het geweet dat dit oor my was, maar ek het nie na hulle geluister nie. Wat gebeur het, wou ek so gou as moontlik vergeet, soos van party rillerprente, anders sou ek nooit in my lewe weer alleen in die donker wou loop nie.

      “Hy vra hoe oud jy is,” het Bob getolk, asof die konstabel die vraag in ’n ander taal gevra het. Bob het die boonste knoop van sy hemp losgemaak en sy dasknoop geskuiwe, asof hy benoud was. Sy das het los om sy nek gehang. Dit was vir my snaaks, want Bob is altyd baie netjies, hy is die netjiesste mens wat ek ken. Sy hemp is altyd tot bo vasgeknoop en daarby dra hy áltyd ’n das, en ’n pak klere. Hy het twee pakke, ’n gryse en ’n bloue met strepe, en hulle knieë en elmboë is al blink van ouderdom. Hy het grys hare en hy dra ’n bril en hy moet ten minste sestig wees, het Carsten Latsky gesê.

      Carsten Latsky sê Bob was ’n beroemde akrobaat toe hy nog jonk was, en dat hy lank in Amerika in ’n groot sirkus die ster was. Nou dril hy ons akrobate, van die vloer af, met sy hoed op die sitplek langs hom, asof hy op pad is iewers heen, werk toe,