Slagoffers. Dine van Zyl. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Dine van Zyl
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780624078463
Скачать книгу
na die DET. “Ek gaan nie saam met julle ry nie, slegs Rebelo. Hy moet hom aan die UNITA-Protocol bewys. As inligtingsoffisier moet hy gereeld inligting kry om gevegte te beplan, so jy sal ’n goeie onderhoud hê. Hy weet hoe om krygsgevangenes te laat praat.”

      KOMMUNIKASIE PER DET

      KODE DOLFYN DUBBELPUNT WAAR IS JOU OORLOG VRAAGTEKEN ALLES PEACE LOVING HIER PUNT ONS HET EINTLIK GEHOOP OP OPWINDING PUNT ONS KRY NOGTANS GOEIE MATERIAAL PUNT ONS TOLK IS BUITE AKSIE WEENS SENSITIEWE MAAG PUNT DIE SLIM SENHORA VERTAAL VIR ONS KOMMA HOEWEL TEENSINNIG PUNT ONS KOM NOGTANS REG MET PLAASLIKE TOLKE STOP VERDER GAAN DIT GOED PUNT ONS WAG NOG OP SPYKER PUNT KAN ONS LATER N VLUG TERUG KRY AS HY NIE BETYDS ARRIVEER NIE VRAAGTEKEN VAN TIERBOSKAT PUNT FLUIT FLUIT MY STORIE IS UIT

      Die tronkkampong se terrein, waar wagte in stilte patrolleer, is skoongevee. Die houthek word agter ons toegemaak deur ’n parate soldaat met ’n bajonet op die wapen en ’n vol magasyn, gereed om te skiet. Die tronkstruktuur is van pale en riet, en buite-om die rietomheining is ’n mynveld gelê. Ontsnapping word nooit oorweeg nie.

      Die troepedraer parkeer in die bloedige son. Die comandante van die tronk heet ons welkom met ’n skeel oog en ’n Tokarev-pistool wat hy soos ’n speelding van die een hand na die ander gooi. Hy sê hy het niks om weg te steek nie en ons is vry om te skiet wat ons wil. Die nuwe krygsgevangene wag in sy sel, maar eers moet ons die plek van rehabilitasie besoek.

      Kaptein Rebelo stap voor. ’n Skraal, ernstige man met verbleikte bosklere, anders as die netjiese nuwe klere van die res van die soldate op Jamba. Hy het die oggend uit Mavinga aangekom waar hewige gevegte woed, en is dadelik aan ons toegewys. Hy lyk moeg. Sy verweerde AK hang op sy rug asof dit deel van hom is.

      Die wagte kom op aandag soos ons verbystap. Kaptein Rebelo kyk om, wag dat ek die driepoot verskuif na my ander skouer, stap verder. Die halter van die bandmasjien sny diep in my heup. Riko steun agter my aan met die swaar 16 mm-kamera en lense.

      Ons gaan om die hoek van die tronk en daar is die krygsgevangenes. Hulle werk in volkome stilte; geboë, vaal figure wat voortskuifel in die warm sand.

      “Maar dis dan kinders!” fluister ek vir kaptein Rebelo.

      “Dit is die tragedie van FAPLA. Hulle ontvoer kinders, gee hulle basiese opleiding, en gebruik hulle dan as kanonvoer. Soms wil die kinders vlug, dan word hulle geskiet, of ons kry hulle vasgebind aan bome.”

      “Hoe oud is hulle?”

      “Dertien, veertien jaar, sommige van hulle ’n bietjie ouer,” sê Rebelo en sug moeg. Hy lyk soos iemand wat alles gesien het. Nou moet hy dit vir ’n oningeligte vertel. “Dis onwettig volgens internasionale reg om kinders onder die ouderdom van vyftien te laat oorlog maak.” Hy hou die tieners dop wat kaalvoet in die hitte met konkas vol water en emmers vol sand en klei slof. Hulle is besig om stene te maak. “’n Kind met ’n wapen is gevaarliker as ’n groot man met ’n wapen,” sê hy en kyk hoe hulle water gooi, meng. “Hulle is senuweeagtig. Hulle het geen ontsag vir die lewe nie, en hulle het geen oordeel nie. Hulle skiet net. Maai alles af wat roer.”

      “Wat word van hulle?”

      “Ons leer hulle die waarheid van die Angolese mense. Ons is ’n nasie; ons het ’n geskiedenis; ons wil ons eie toekoms bepaal. En dan, as hulle oud genoeg is, laat ons hulle veg vir hulle vryheid en vir die vryheid van Angola. Die vryheid wat ons net kan kry deur die leierskap van president Savimbi.”

      Weer veg. Uitkoms is daar nie. “Hoeveel van hulle is hier?”

      “Op Jamba ongeveer ’n duisend.”

      Ek roep vir Riko. “Ons gaan skiet. Ek los die driepoot hier. Vat die kamera op jou skouer, ons gaan tussen hulle deur stap. Stadig, nes hulle stap. Dieselfde ritme. Dieselfde gevoel van krygsgevangene wees.”

      “Die lig is baie skerp, en dis reg van bo. Ek gaan net swart silhoeëtte kry.”

      “Kom ons doen juis dit. Bewegende stokfigure in die son sonder skadu’s.” Ek stap saam met hom met die mikrofoon, kry die gooi van die water, die skuur van die sand, die swaar meng van die klei. Die krygsgevangenes kyk nie na ons nie. Vir hulle is dit beter om niks te sien nie, en niks te hoor nie. Hulle is heeltemal afgesluit van wat om hulle aangaan. ’n Duisend tieners met oumensgesigte en siviele klere wat los aan hulle hang. Hulle werk met kaalgeskeerde koppe in die brandende son – net die meng van water en klei word ’n stryd om oorlewing. Ek wys vir Riko om ’n nabyskoot te neem van die kaal voete, skurf van die lewe in die bos; van gebreekte naels; van sweetdruppels wat in taai strepe op stowwerige gesigte verdamp. Gesigte van jongmense wat onder normale omstandighede agter beeste en meisies aan sou loop, maar al wat hulle ken, is die verskrikking van ’n veldslag, die stank van lyke en ’n lewe sonder waarde. Kinders sonder ’n huis om heen te vlug, sonder ouers om hulle te beskerm, sonder ’n welsynswerker by wie hulle kan gaan kla as hulle sleg behandel word.

      “Is die nuwe krygsgevangene ook so jonk?” vra ek vir Rebelo wat doodstil saam met my stap, sy AK-47 gemaklik in die holte van sy arm.

      “Ek het hom nog nie gesien nie. Ek weet niks van hom nie. Al wat ek weet, is dat hy ’n SWAPO-vegter is en dat ons troepe hom gevang het. Kom ons gaan vind uit.”

      “Bly jy solank hier,” sê ek vir Riko. “Ons gaan nie nou al skiet nie. Ek vat net my woordverwerker saam. Ek wil nie film mors nie, ek gaan eers hoor wat sy storie is.”

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4Q3jRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxNjowNjoy OCAxMDo1MTowMgAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAADKUAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRI