“Ken julle mekaar?” vra die vent wat in die deur bly staan het. Dan kom daar herkenning in sy oë toe hy weer na Jan-Daniel kyk. Tess se eks trek sy kraag van sy keel weg, steek dan sy hande in sy broeksakke.
Voor Jan-Daniel kan antwoord, sis Tess net: “Nee … ek moet gaan.”
Sy draai ongeduldig om en storm weg.
Tess knip haar oë en kyk oor haar skouer. Dokter Dan is wragtig hier. Hiér waar sy nou pas met haar eksman oor geld baklei het. Waar sy nou weer moes smeek en Tian se verdomde skoensole blink lek net sodat hy vir sy eie dogter se skooltoer sal betaal.
Sy haal diep asem en trek haar skouers reguit.
“Tess!” hoor sy Tian agter haar roep. Sy hou aan met loop. Wat help dit tog om verder met hom te probeer redeneer?
Hier moet sy wegkom. Die oomblik toe Jan-Daniel sy hande om haar arms gevou het, het sy dieselfde gevoel as nou die dag ervaar. ’n Aangename sensasie het deur haar lyf getrek en dít hier reg voor Tian. Wat is die kanse dat Tian en die tandarts toe al die tyd dik tjommies is? Hoe gouer sy hier wegkom, hoe beter.
Jan-Daniel het seker al vir Tian die hele episode van haar besoek aan sy spreekkamer vertel. Hulle lag nou lekker omdat sy so simpel was om per ongeluk so ’n boodskap op sy foon te los.
Gaan hy vir Tian vertel hoe sy in sy oë gekyk het? Of nog erger, dat hy haar nou die dag buite Hartstog met haar nuwe aankope gekry het?
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.