Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Elmer L. Towns
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796319258
Скачать книгу
sal doen – en dat Hy dit sal doen in antwoord op jou gebed.

      Kom ons kyk nou in meer besonderhede na jou vas. Wanneer jy wil begin vas en bid, is daar drie elemente wat jy eers in plek moet kry. Eerstens het jy ’n doelwit nodig. In my geval was my doelwit die verkoop van my huis. Tweedens moet jy ’n plan uitwerk. My plan was om elke maand op die vyftiende dag te vas. Derdens moet jy ’n gelofte aflê. Jy moet belowe om met die vas te volhard.

      Jy het waarskynlik reeds ’n projek of doelwit in gedagte, maar ek wil voorstel dat jy ’n kontrolelys vir jou vas opstel soos die een wat volg. Voordat hy van die aanloopbaan af opstyg, gaan ’n vlieënier deur sy kontrolelys om seker te maak alles werk perfek. Hy weet immers as hy net een klein besonderheid miskyk, kan dit ’n groot vliegtuigongeluk veroorsaak. Jy moet net so noukeurig wees wanneer jy vir jou vas voorberei; dis immers net so belangrik soos ’n vlug, indien nie belangriker nie. ’n Vlieënier dink aan die aardse lewe, maar jy spits jou toe op jou geestelike lewe. Gebruik daarom die voorgestelde kontrolelys, of stel jou eie lys op, om seker te maak jy het aan alles gedink en het alles wat jy nodig het om met jou vas te begin. Maak selfs afskrifte sodat jy die kontrolelys by jou kan hê elke keer dat jy vas. (Die voorbeeld van die kontrolelys hier onder is gegrond op my ervaring van vas en gebed toe ons ons huis in 1972 wou verkoop. Dit sal jou ’n idee gee van wat jy kan doen wanneer jy jou eie geloofsprojek op papier wil neerskryf.)

      Kontrolelys vir vas

      Doelwit: Om my huis in Chicago te verkoop.

      Verklaring: Ek glo God antwoord my gebede wanneer ek in Jesus se Naam iets spesifieks vra en die voorskrifte vir gebed volg. Ek begin daarom met hierdie Daniël-vas deur God te vra om my gebed te antwoord op grond van die gelofte waartoe ek my verbind het.

      Wat ek sal prysgee: Dit sal ’n Jom Kippoer-vas wees (met ander woorde, ek sal een dag vas).

      Begin: Sononder op die 14de dag van die maand.

      Eindig: Sononder op die 15de dag van die maand.

      Wanneer ek sal bid: Op die 15de dag van elke maand.

      Bybelse grondslag: Matteus 18:19.

      Bybelbelofte: “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry” (Matt 18:19).

      Hulpbronne nodig: Ek sal in my gebedsjoernaal neerskryf wat God vir my sê.

      Gebedsvennoot: My vrou, Ruth.

      Stappe ná die vas: Berei voor vir volgende maand se vas.

      Terwyl jy jou kontrolelys invul, kan jy ses dinge doen om te verseker dat jy die vas met die regte gesindheid begin. Dit sal jou help om jou geloofsdoel te bereik. Hierdie ses dinge is:

      1.Fokus op jou behoefte. Jy gaan nou iets doen wat nie deel van jou normale roetine of instink is nie. Jy kies om doelbewus nie te eet nie (of nie aan ander aktiwiteite deel te neem nie). Spits jou toe op wat jy wil hê God vir jou moet doen. Skryf jou behoefte duidelik neer; dit sal jou help om te konsentreer op wat jy doen en jou opregtheid om te volhard beklemtoon.

      2.Fokus op wat jy gaan doen. Jy gaan iets aan jou behoefte doen. Jy gaan die probleem voor die Here, die God van die heelal, neerlê. Konsentreer op jou gebedsverhouding met God om die probleem op te los.

      3.Begin en eindig met ’n doelwit. Sommige mense besef hulle het ’n maaltyd oorgeslaan en besluit dan om dit ’n “vas” te noem. Om ’n maaltyd bloot weens omstandighede oor te slaan is nie vas nie, tensy jy doelgerig voor die tyd bid en die tyd wat jy aan jou ete sou afgestaan het, vir ’n geestelike doelwit gebruik. God ken jou hart. Moet ook nie met ’n vas begin met die idee om te kyk hoe lank jy daarmee kan volhou voordat jy weer moet eet nie. Begin met ’n doelwit en beëindig jou vas op die vasgestelde tyd. Begin op ’n spesifieke dag en eindig op ’n spesifieke dag. Eindig sterk! Wanneer jy jou vas afsluit, kan jy vol blydskap ’n maaltyd as oorwinnaar geniet.

      4.Maak al die nodige hulpbronne bymekaar. Voordat jy begin vas, moet jy die hulpbronne bymekaarmaak wat jy tydens jou vas sal nodig hê. As jy vir iemand anders vas, moet jy ’n foto van die persoon kry, sodat jy daarna kan kyk en sodoende jou geheue verskerp. As jy oor rekenings vas, moet jy almal voor jou uitpak terwyl jy daaroor bid. Doen dieselfde as jy vas oor jou besluit om iemand af te dank of aan te stel. Sit die persoon se personeellêer oop voor jou neer terwyl jy bid. Soms lees ek ’n geestelike boek, kyk na ’n DVD of luister na ’n CD terwyl ek vas.

      5.Onthou die beginsel van ’n “innerlike reis”. Net soos jy eers die roete in jou gedagtes beplan voordat jy ’n reis aanpak, moet jy jou ook innerlik op ’n vas voorberei om suksesvol te kan wees. Net soos die ringe aan die binnekant van ’n boomstam wys hoe dit deur die jare heen gegroei het, sal jy ’n innerlike karakter ontwikkel namate jy jou uiterlike dieet beheer.

      6.Lê ’n gelofte af. Weer eens, onthou dat vas ’n persoonlike gelofte is wat jy aflê. Selfs al vas jy saam met ander mense in jou gemeente (of selfs net saam met een ander mens, soos jou lewensmaat), moet jy eers persoonlik met God daaroor praat voordat jy dit aanpak.

      Om ’n kontrolelys vir jou vas in te vul sal jou help dink aan al die fasette van wat jy op die punt staan om te doen. Let daarop dat jy nie jou gelofte hoef te onderteken nie, maar dis tog ’n goeie ding. Wanneer jy ’n kontrak met die wêreld sluit, verbind jy jou aan ander mense en aan wat jy saam met hulle sal doen. Wanneer jy saam met ander mense vas, verwag hulle van jou om jou kant te bring. Teken daarom die kontrolelys as ’n belofte aan God en aan jouself. Daarmee verklaar jy: “Here, dit is wat ek sal doen.”

      Nou is dit jou beurt. Wanneer jy jou kontrolelys opstel vir die projek waarvoor jy wil vas en bid, kan jy gerus ook na die bylaes agter in hierdie boek kyk. Dit gee nuttige inligting oor die redes vir vas, die verskillende soorte vas waarvan ons in die Bybel lees en praktiese hulp ten opsigte van jou gesondheid terwyl jy vas. Ek beveel aan dat jy jou kontrolelyste hou as ’n verslag van jou geloofsreis. Hopelik sal jy ook met ’n joernaal begin waarin jy hierdie dokumente kan bêre, bewysstukke van hoe jy jou lewe lank op God vertrou en na ’n hegte ver­houding met Hom streef.

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, ek wil ’n groot behoefte voor U neerlê. Help my om te vas terwyl ek vir hierdie behoefte bid.

      Here, my geloof is nie altyd sterk nie en ook nie altyd stand­vastig nie. “Ek glo . . . Help my in my ongeloof” (Mark 9:24).

      Here, ek belowe om te vas volgens die kontrolelys wat ek opgestel het. Help my om my gelofte na te kom, en verhoor asseblief my gebed.

      Amen.

      Deel 2

      ’n Leesgedeelte vir elke dag

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4SvVRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAgAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkodpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNiAoTWFjaW50b3NoKQAyMDE1OjA5OjIzIDE