Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Elmer L. Towns
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796319258
Скачать книгу
nie ter wille van jou gemeente of gebedsverhoring of enige ander rede nie; jy vas vir God, want jy het voor Hom ’n gelofte afgelê. “God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het … nie” (Heb 6:10).

      Voorstelle vir ’n Daniël-vas

      1.Skakel een maaltyd per dag uit en bid in die tyd wat jy sou gebruik het om te eet.

      2.Skakel twee maaltye per dag uit en bid in daardie tye.

      3.Skakel alle nagereg uit.

      4.Skakel alle ryk en oorbodige kos uit wat jy net agter die lekkerte aan eet.

      5.Eet net noodsaaklike kos, en net tydens ’n maaltyd (geen peuselhappies nie).

      6.Skakel alle drankies uit buiten water (geen koffie, tee, gaskoeldrank of gekoopte drankies nie).

      Hedendaagse interpretasies van die Daniël-vas

      1.Geen teksboodskappe, Facebook- of Twitter-bood­skappe wat jou gedagtes van God kan weglei nie.

      2.Geen sekulêre musiek nie, net lof-en-aanbiddings­musiek.

      3.Geen koerante of boeke wat jy vir ontspanning lees nie; staan die tyd aan gebed af.

      4.Geen televisie nie; staan die tyd aan gebed af.

      5.Geen sportaktiwiteite nie; staan die tyd aan gebed af.

      6.Geen seks nie. “Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ’n be­paalde tyd om julle aan die gebed te wy” (1 Kor 7:5).

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, ek wy klein dinge aan U toe om daarmee te getuig U is in beheer van my hele lewe.

      Here, ek wil getrou wees in elke geloofsonderneming, hoe klein ook al, om groot antwoorde op my gebede te ontvang.

      Here, ek belowe om my liefde vir U op elke moontlike manier, klein of groot, uit te leef.

      Amen.

      6

      Wat is die hoofdoel van die Daniël-vas?

      Wanneer jy met die Daniël-vas begin, is dit maklik om net te fokus op die kos wat jy opoffer of die aktiwiteite wat jy prysgee. Dit is maklik om jou oë te rig op wat jy jou ontsê, en nie op die doelwit waarvoor jy vas nie. Onthou, God is nie beïndruk omdat jy heeltemal opgehou eet het of omdat jy opgehou het om sekere kossoorte te eet nie, selfs al doen jy dit ter wille van jou gesondheid. God is nie beïndruk met die uiterlike dade van jou vas nie. Die geheim van enige vas is nie wat jy uit jou maag hou nie, dis wat uit jou hart voortvloei. God stel hoofsaaklik in jou innerlike menswees belang, nie in jou uiterlike liggaam nie.

      Jesus het die geestelike energie beskryf wat ons nodig het om geestelike hindernisse af te breek: “Maar hierdie goed kan net deur gebed en vas uitgedryf word” (Matt 17:20); daarom moet jy jou geheel en al aan gebed én vas toewy. Die verbintenis van jou uiterlike liggaam tot die vas is ’n weerspieëling van jou innerlike verbintenis tot gebed. Let ook op dat die frase “gebed en vas” in hierdie konteks op ’n voortgesette aksie dui. Dit beteken jy behoort meer as een keer te bid en te vas of dit ’n deurlopende dissipline te maak. Tydens jou Daniël-vas sal jou besluite oor wat jy eet of wat jy prysgee ’n groter invloed op jou gebedslewe hê as die meeste ander geestelike dissiplines. As jy ligtelik met die Daniël-vas omgaan, sal jy waarskynlik nie erns maak met jou toewyding aan gebed nie.

      Die basiese beginsel van dissipelskap is nie ontkenning of selfdissipline nie, dis om Jesus Christus te volg. Jesus het gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg” (Luk 9:23). Dit beteken jy moet na die Here draai en Hom eerste stel in jou lewe, en ook wegdraai van enigiets wat jou keer om Hom te volg.

      Daar is drie woorde of frases in hierdie vers wat jou Daniël-vas behoort te beïnvloed. Die eerste woord is “verloën”. Dit beteken jy behoort ontslae te raak van enigiets wat jou ver­hou­ding met Christus benadeel. Klim van die troon in jou hart af, en laat Jesus daar sit en beheer wat jy eet en drink. Die tweede frase is “elke dag”. Om Jesus te volg vra ’n 24/7-verbintenis. Jou Daniël-vas vereis daarom ’n gelofte om 10 of 21 dae lank te vas, sowel as voortdurende gebed. Die derde woord is “volg”. Jesus het gevas om Hom vir sy geestelike werk voor te berei, en jy moet sy voorbeeld volg met ’n Daniël-vas vir jou geestelike gelofte.

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, tydens my Daniël-vas sal ek myself genot ontsê sodat ek u wil vir my lewe kan soek. Dit is vir my ’n voorreg om lekker kos tot u eer prys te gee en as ’n teken van my verbintenis tot getroue gebed.

      Here, ek het ’n gelofte aan U gemaak dat ek 10 of 21 dae lank getrou sal vas en bid.

      Here, gee my die selfdissipline om my gelofte om te vas na te kom, en gee my die vasbeslotenheid om getrou te bid in my soeke na ’n antwoord.

      Amen.

      7

      Hoe kan ek vir my vas voorberei?

      Toe ons in 1971 uit Chicago na Lynchburg trek, was daar ’n radikale insinking in die eiendomsmark in Chicago. Ek het daarom my huis in Chicago behou en elke maand die paaiement op die lening betaal. Ek het ’n huis in Lynchburg gekoop en ook elke maand die paaiement op daardie huis betaal. Elke maand het ek gebid dat die huis in Chicago verkoop sou word, maar ek het nie met baie geloof gebid nie. Weens die insinking in die mark was dit moeilik om optimisties te wees. My oë was op die omstandighede gerig, nie op God se vermoë om ’n wonderwerk te doen nie.

      In een stadium het ek vir my vrou gesê: “Kom ons vas op die vyftiende van die maand saam voor God en vra Hom dat die huis in Chicago verkoop sal word.”

      Die paaiement op daardie huis se verband moes op die vyftiende van elke maand betaal word, terwyl die paaiement op my huis in Lynchburg op die eerste dag van die maand betaal moes word. Ek het dit só gereël lank voordat ek daar­aan gedink het om te bid dat God sal ingryp. Ons het daardie maand begin vas en bid, maar niks het gebeur nie. Geen woord uit Chicago nie. Toe vergeet ek heeltemal om te vas, al het ek aangehou om elke dag te bid dat die huis verkoop sou word.

      Toe die tyd nader kom om die volgende maand se paaie­ment te betaal, het ek weer vir my vrou gesê: “Kom ons vas saam op die vyftiende en vra dat God sal ingryp en dat die huis verkoop sal word.” Ons het gevas, en weer het niks gebeur nie. Geen woord uit Chicago nie.

      Ek het aangehou om elke dag te bid, en ek en Ruth het elke daaropvolgende maand op die vyftiende dag gevas, al het niks gebeur nie. Ná ses maande het ons eiendomsagent ons uit die bloute gebel en gesê: “Bid … ek het ’n goeie aanbod op julle huis.” Hy was ’n Christenvriend, maar ek het hom nie vertel van ons vas nie.

      Ná ’n jaar het ek Chicago toe gegaan om die kontrak vir die verkoop van die huis te onderteken. Terwyl ek en die koper sit en gesels, noem hy terloops dat hy omtrent ’n jaar lank na ons huis gekyk het. Hy gee my toe die presiese datum waarop hy die eerste keer na ons huis gaan kyk het. “Dit was met my vrou se verjaarsdag.” Dit was op die sestiende dag van die maand toe ek en Ruth die eerste keer gebid het – presies een dag nadat ons gevas het! Die hare op my arms en in my nek het regop gestaan. Dit is God se werk, het ek gedink.

      Uit my eerste suksesvolle vas het ek drie waardevolle lesse geleer. Eerstens: Wanneer daaglikse gebed nie genoeg is nie, neem vas jou gebede na ’n hoër vlak. God ken jou hart, maar wanneer jy jou opregtheid bewys deur te vas, luister Hy aandagtig en antwoord Hy jou.

      Tweedens: Daar is krag in die gebede van twee of meer mense wat ooreenkom om saam te bid en te vas. Jesus het ons geleer: “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry” (Matt 18:19). Wanneer jy en jou lewensmaat, jou gemeente of enige ander groep gelowiges saamstaan om te bid, is daar krag in jul gebede – veral wanneer julle ’n doelwit stel en ’n gelofte aflê