Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Elmer L. Towns
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796319258
Скачать книгу
nie (Dan 1:8). Het hy dit ter wille van goeie gesondheid gekies, of wou hy sy liggaam vir God afgesonder hou? Albei! Daniël wou God se wil vir sy liggaam volg. Is dit nie ook wat jy vir jou liggaam begeer wanneer jy ’n Daniël-vas volg nie?

      Die Daniël-vas is nie in die eerste plek ’n dieetkundige keuse nie; dit is ’n geestelike gelofte aan God. Jy sal dalk gewig verloor terwyl jy vas; miskien sal jou bloeddruk- of cholesteroltelling daal. Al is dit ’n goeie uitkoms, is dit nie die hoofdoel van hierdie vas nie. Jy vas met ’n geestelike doelwit. Beter gesondheid is altyd ’n sekondêre uitkoms van die Daniël vas.

      Wat gebeur tydens ’n Daniël-vas? Eerstens herevalueer jy jou lewe in die lig van God se perspektief. Tweedens verbreek jy ’n paar slegte eetgewoontes, wat jou gesondheid verbeter. En wanneer jy die Daniël-vas saam met jou gemeente of ’n ander Christelike groep volg terwyl julle met ’n geestelike doelwit voor oë bid, verbeter jou selfbeheersing. Die feit dat die ander lede van die groep jou aanspreeklik kan hou, sal jou selfdissipline versterk.

      Wanneer jy die Daniël-vas volg, begin jy ook met ’n proses om jou liggaam te reinig van vette en ander moont­like newe-effekte van vleis in jou dieet. Jy bely jou sonde, en hierdie ervaring trek jou nader aan God. Baie mense wat aan ’n Daniël-vas deelneem, getuig trouens dat hulle in daardie tyd nader aan God is as op enige ander tydstip in hul lewe. Hoekom? Want hulle is elke oomblik van die dag aan God gehoorsaam. Wanneer jy vas, is jy die hele tyd van jou maag bewus, wat jou bewus maak van die rede waarom jy nie kos eet nie: jou soeke na intimiteit met God.

      ’n Laaste rede om te vas is dat dit jou daartoe lei om God te aanbid. Wanneer jy vas en bid, verheerlik jy God met liggaam én siel.

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, laat U deur my liggaam geheilig word terwyl ek die Daniël-vas doen.

      Amen.

      4

      Hoekom ’n gelofte aflê?

      Die Daniël-vas is ’n langtermyngelofte. Dit is langer as ’n eendagvas (soos die Jom Kippoer-vas, waartydens die Joodse volk vir 24 uur vas). Soos ons vroeër gesê het, het Daniël en sy vriende 10 dae lank gevas (Dan 1). Later het Daniël 21 dae lank gevas (Dan 10).

      Ongeag of jy 10 of 21 dae lank vas, jy moet jou dié twee vrae afvra: (1) Hoekom vas ek? en (2) Wat wil ek deur hierdie vas bereik? Tegnies gesproke behoort jy ter wille van fokus en toewyding aan ’n projek te vas of om ’n antwoord op gebed te ontvang.

      Die Daniël-vas is ’n tydgebonde gelofte. Jy moet voor die tyd besluit hoe lank jy gaan vas en dan hierdie verbintenis enduit nakom. Omdat ek al verskeie boeke oor vas geskryf het, ontvang ek talle briewe van mense wat my van hul ervarings met vas vertel. Soms vertel mense my hulle is reeds op dag 42 van ’n 40-dae-vas. Hulle geniet die ervaring so baie dat hulle nie wil ophou vas nie. Hulle vra: “Wat moet ek nou doen?” Ek skryf terug en sê hulle moet onmiddellik ophou vas. Hul vas was ’n tydgebonde gelofte. Hulle moet op die vasgestelde dag begin vas, die hele tyd hul belofte nakom, en die vas op die vasgestelde dag afsluit.

      Die Daniël-vas is ook ’n dissiplinegelofte. Jy versterk jou karakter in elke faset van jou lewe wanneer jy jou Daniël-vas doen. Wanneer jy beheer neem oor jou liggaam – jou uiterlike self – begin jy ook beheer neem oor jou innerlike karakter. Jy dissiplineer jou liggaam om die Here te verheerlik.

      Die Daniël-vas is ’n geestelike verbintenis. Jy bid terwyl jy ter wille van ’n geestelike doelwit vas. Onthou, jy sal nie veel bereik deur te vas as jy nie ook ernstig en opofferend bid nie. Terwyl jy jou liggaam dissiplineer, dissiplineer jy ook jou gebedslewe.

      Die Daniël-vas is ’n geloofsgelofte. In Markus 11:22 het Jesus sy dissipels aangespoor: “Julle moet geloof in God hê!” Om te verduidelik hoe hulle hul geloof sigbaar kon uitleef, het Hy vir hulle gesê: “Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur” (v 23). Toe Daniël met sy vas begin, het hy ’n geloofsverklaring afgelê om net groente te eet en water te drink. Jou vas is ook ’n verbale verklaring van wat jy van God vra om te doen.

      Die Daniël-vas is ’n gedeeltelike gelofte. Jy gee nie alle kos prys soos met ’n volkome vas nie. Jy drink ook nie soos met ’n normale vas net sap nie. Jy laat eerder sekere kosse uit jou dieet weg, kos wat jy normaalweg sou geëet het. Of jy skakel vir ’n vasgestelde tydperk sekere maaltye uit. Jy kan byvoorbeeld vir ’n bepaalde tyd een of twee maaltye per dag uitskakel. Laastens kan jy ook tydelik sekere gewoontes laat vaar.

      Die Daniël-vas is ’n gesondheidsgelofte. Jy bly weg van partytjie- of kitskos. Jy eet gewoonlik nie tussen maaltye nie, en jy eet net gesonde kos.

      Laastens is die Daniël-vas ’n leefstylgelofte. Toe Daniël toestemming vra om die koning se kos vir 10 dae lank te vermy, het hy sy hele lewe gewy aan die dieet wat hy gekies het. As hy sou aanhou “gesond” lyk, sou hy kon aanhou om sy dieet te volg.

      Sommige mense wat hulle voorneem om nie alkoholiese drankies te drink nie lê ’n lewenslange gelofte af. Hulle verbind hulle daartoe om nooit weer alkohol te gebruik nie. Dalk lê hul hierdie gelofte om gesondheidsredes af, want oormatige alkoholgebruik kan tot sirrose van die lewer en voortydige dood lei. Ander mense lê hierdie gelofte af omdat hulle aan alkohol verslaaf is. Nog ander lê om geestelike redes ’n gelofte af om nie alkohol te gebruik nie, dalk omdat hulle glo dis verkeerd. (My pa het as ’n alkoholis gesterf, en my familie is in armoede gedompel weens sy verslawing. Ek het die Bybel baie noukeurig bestudeer en my persoonlike oortuiging is dat dit verkeerd is om alkohol te drink.) In die Bybel het Johannes die Doper, die profeet Samuel en die rigter Simson ’n lewenslange gelofte afgelê om nie alkohol te drink nie. As ons die Here wil dien soos hulle Hom gedien het, behoort ons hul voorbeeld te volg en die nasireërgelofte af te lê (Num 6:1-8).

      Let wel dat daar nêrens in die Bybel gelowiges is wat die opdrag ontvang het om ’n Daniël-vas te volg nie. Ons het die vryheid ontvang om te mag eet, en ons eet gesond om gesond te bly. God het vir Petrus gesê: “Kom, Petrus, slag en eet” (Hand 10:13). Hierdeur het Hy die seremoniële koswette afgeskaf. Wanneer jy dus gesonde kos eet, eet dit daarom met ’n skoon gewete tot verheerliking van God. “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” (Kol 3:23). Tog voel sommige mense steeds skuldig wanneer hulle hul Daniël-vas afsluit en na hul normale eetgewoontes terugkeer. Onthou dat God in die Ou Testament net een dag van vas (Jom Kippoer of die Groot Versoendag) voorgeskryf het, maar sewe feesdae. God hou daarvan dat sy kinders eet, hul kos geniet en gelukkig is.

      Daar is egter kos wat nie goed is vir jou nie. Dit lyk of die wêreld van vandag in epidemiese vetsug verval het omdat sommige mense te veel eet terwyl ander aanhoudend die verkeerde kossoorte eet. Dit is hoekom gelowiges hulle tot ’n lewenslange Daniël-leefstyl behoort te verbind en nie net aan ’n tydelike Daniël-vas nie. Die Daniël-leefstyl is immers ’n gesonde leefstyl: “Ná tien dae het hulle mooier en gesonder daar uitgesien as die jongmanne wat van die koning se kos geëet het” (Dan 1:15). Hierdie leefstyl lei ook tot ’n helderder verstand en gesonder denke: “Die koning het met hulle gepraat en hy het onder almal niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Toe het hulle in diens van die koning getree. In enige saak wat wysheid en insig vereis het en waaroor die koning hulle uitgevra het, was hulle tien maal beter as al die towenaars en voorspellers in sy hele koninkryk” (Dan 1:19-20).

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, ek sal vas vir die hele tydperk waarop ek besluit het. Ek sal hou by die tydperk wat ek bepaal het. Ek sal my liggaam dissiplineer en ek sal my gebedslewe dissiplineer.

      Here, ek sal ter wille van my doelwit vas en bid. Ek gee plesier prys om u teenwoordigheid te soek en vir my doelwit te bid. Versterk my liggaam terwyl ek vas.

      Here, ek wil U deur my liggaam verheerlik. Ek vas om aan u Woord gehoorsaam te wees. Ek wil U deur middel van my vas aanbid.

      Here, ek wil gesonde kos eet sodat ek gesond