Wonderboom. Lien Botha. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Lien Botha
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780795800962
Скачать книгу
ction>

      

      LIEN BOTHA

      WONDERBOOM

      Queillerie

      Vir Raymond

3393.jpg

      Kaart van Magriet Vos se reis,

      geskep deur Liezel Bohdanowicz

3405.jpg

      Rooivlerkspreeus in die herfs, Bettysbaai

      Fallow-voiced, lashed out of the depth: no word, no thing, and

      the unique name of both, ready for falling in you, ready for flying in

      you, wound-winning of a world − Paul Celan

      BOME ONTBREEK

      Sy eet vandag ’n spreeu. Dit is maar ’n goor affêre − die swart voëltjie waarvan die bietjie vleis, effe bitter en taai, so min is nadat dit oor ’n klein vuurtjie gerook is. Die proteïen sal haar goed doen, dink sy terwyl sy probeer onthou wanneer laas sy so iets te ete gehad het. Magriet Vos wil vir haarself lag oor hoe pateties haar situasie is, sy sou kon lag indien daar iets op die horison was wat die geringste rede tot optimisme kon bied. Maar daar is niks. Sy leef in die min of meer niks, die tyd van die groot honger.

      Mens kan nouliks glo dat die meeste mense wat eens hier gebly het, nou almal óf weg óf dood is. Al die jare se verslawing aan stilte het nou geboemerang teen haar. Sy wou mos hier rondloop en al wat leef en beef verwens omdat sy dan nou glo die stilte so hoog geag het. Nou het sy ál die stilte in die wêreld. Daar blaf geen hond, katte vang nie meer voëls nie en niemand laat brand buiteligte wat die heilige motjies na hul dood lok nie.

      Twee of drie keer ’n maand loop iemand in die stofpad, en as die noordwestewind roer, hoor jy soms ’n motorenjin in die verte.

      Sowat tien kilometer van haar vervalle huis af is die Harold Porter Botaniese Tuin, ’n suster van Kirstenbosch en pragstuk van weleer met ’n grootse verskeidenheid fynbosspesies. Sy onthou die uitstappies langs kronkelende paadjies, verby die enorme waaier-aalwyn en onder die boekenhoutwoud deur, hoe hulle geswem het in die poel by Luiperdskloof waarvan die water so donker was van minerale dat hulle dit die Coca-Cola-fabriek genoem het. Teen die hange van die kloof was die disas rooi in die blom in die somermaande, blosende wange al met die kranse af, jy kon die rooi nooit vergeet as jy dit eenmaal gesien het nie.

      Wim se mond op die koelte tussen haar bene nadat hulle geswem het. Is dit een van haar heiligste herinneringe? Is dit sterker as kos?

      Die porsie spreeu, as sy dit moes meet, is ongeveer gelyk aan ’n dessertlepel. Maar moet om Godsnaam nie aan die woord “dessert” dink nie, want dan begin haar kop kantel na ’n era van oorvloed. Kersfeestafels gedek met kalkoen en brandewynpoeding. Sy sien dit helder voor haar: familie en vriende wat lag en ligweg kommentaar lewer oor ’n bietjie oproer hier en daar, en die blinde geloof dat hierdie land nooit die slagoffer van ’n rewolusie sal wees nie. Min het hulle geweet in watter vorm ’n rewolusie wel kan manifesteer.

      Presies waar het dit begin? wonder sy. Het iemand as deel van ’n sameswering ’n fyn uitgelegde plan van stapel gestuur wat die mensdom in hierdie ellende gedompel het? Sy onthou dit soos gister: die eerste beelde van onrus wat wêreldwyd begin posvat het en al nader aan die kontinent van Afrika begin beweeg het. Soos iets wat kruip of sleep; die wilde wurmagtige dier wat stelselmatig alles in sy pad begin opslurp het.

      Nongqawuse se duisende dooie beeste het ná meer as ’n eeu weer ondergronds begin roer.

      Honger se eerste tekens is die gevoel in jou keel, gepaard met ’n toename in speekselafskeiding en ’n intense smaaksensasie in jou mond. Jy verbeel jou die voortreflikste spys waarvan jy die smaak nie ken nie, die maag begin krimp en saam met die maag se inkrimping word ensieme afgeskei in die brein wat veroorsaak dat die psige ontspoor en jy tot min of meer enigiets in staat is wanneer daardie geknaag binne jou ingewande begin. Katabolisme: ’n woord wat haar laat dink aan boetedoening van een of ander aard; iemand wat in ’n bieghokkie fluister, stemme gesmeul deur gebedskerse en wierook.

      ’n Geluid laat haar omkyk. Dit is Sidney Malinga wat soos ’n grysbokkie deur die duinekraalbos beweeg. Die maer Xhosa se lyf word verswelg deur een van Wim se ou T-hemde waarop Kuifie en sy foksterriër Spokie se buitelyne uitgestippel is. Sy verflenterde denim het nog ’n paar sentimeters verloor sedert Magriet hom laas gesien het en sy skoene vra brood.

      In sy regterhand hou hy ’n handvol bietoubessies na haar toe uit.

      “Sidney, jy moenie my so laat skrik nie, magtig, ek sal ’n oorval kry.”

      Hy lag verleë soos altyd, hand effe oor sy tandlose mond. Dit laat haar tong onwillekeurig oor die los kiestande in haar eie mond vroetel. Die enigste tandartse met bestaansreg is dié wat vir Albino X goudvulsels inlê. Oor wáár die bekspesialiste die goud vandaan kry, kan mens maar ’n raaiskoot waag.

      In Magriet Vos se omgewing is daar sowat dertig mense wat nog ’n bestaan probeer voer. Hulle help mekaar waar moontlik, maar omdat voedselbronne skaars is, kom dit op die ou end neer op oorlewing van die geskikste. Sy voel steeds relatief veilig hier in die klein dorpie aan die Suid-Atlantiese kus, maar sy is bewus daarvan dat sy binnekort na haar clan in die noorde toe sal moet uitwyk. Nog één konsert oor vir Albino X, en dan sal sy die pad moet vat. Dít, of sy gaan opgestop word soos al die ander.

      Magriet neem die bessies en sit dit versigtig op die grond neer. Met haar vingers begin sy ’n bergie daarvan piek.

      “Seafarm?”

      Sidney knik, maak hom tuis langs die vuurtjie en staar peinsend na die laaste kooltjie.

      “Waar het jy die hout gekry, Magriet?” Hy vryf oor ’n blou splinter wat langs die as lê.

      “Dis planke wat oorgebly het van die MacPhersons se skippie. Hulle het toe wragtig die boot klaar gebou en is laas week vort, terug Skotland toe oor hierdie hellesee van storms en vrybuiters. Ek twyfel of hulle ooit weer land sal sien, maar nou ja, dis seker beter om te probeer as om hier voort te vrek.”

      “Jy moenie weggaan nie, Magriet, dit sal darem stil wees sonder jou.”

      Sy het niks vir Sidney gesê nie, nie ’n siel op haar dorp weet dat sy in die nabye toekoms haar handvol besittings in ’n vioolkis gaan toeraap en die pad gaan vat nie. Dis veiliger so, mens weet nooit wie fluister net die verkeerde ding nie, en dan word sy gevang en vir Albino X se diorama gevoer. Sodra hy agterkom dat sy nie meer daartoe in staat is om musiek te maak nie, is sy in haar moer.

      “Ai, Sidney, waar moet ek nou in elk geval heen?”

      “Jou mense is mos daar bo.”

      “Ja,” sug sy.

      “Wil jy die pootjies eet?” Hy kry ’n blink in sy oë en krap die twee pootjies nader. Dit lyk soos takkies, drie toontjies voor en een toon na agter. Sy hoor die kloutjies kraak teen sy wange.

      Die skelet van ’n seemeeu dui op die basiese eenvormigheid van die beenstruktuur van alle voëls. ’n Voël benodig ’n ruim voedselvoorraad om die hoë energievlakke wat nodig is vir vlug te handhaaf. Die aanvraag vir kitsenergie is só groot dat ’n voël se hart tot etlike honderd hartkloppe per minuut kan bereik.

      Sedert hy in die Franse hoofstad ’n tentoonstelling van gebalsemde lyke gesien het, is die heerser van die land gefassineer deur die skoonheid van taksidermie. Dit het in sy kop bly vassteek en kort voor lank begin manifesteer in die stelselmatige ontplooiing van ’n tablo van sy eie.

      Teen die agtergrond van Vergelegen se eertydse glorie het ’n sameflansing van nuwe absurditeite in die H-vormige opstal se ou vertrekke verrys. ’n Opgestopte wese van weleer − Yolandi − staan gekrom soos ’n klein, wit rot neffens Kurt en Kie. Verdwalend muf hulle daar in die voorkamer waarvan die Birmaanse kiaatvensters uitgebreek is om die vertrek tot ’n glaskweekhuis te vergroot. Die tuin is nader gebring en groot,