Satyn Omnibus 4. Ettie Bierman. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Ettie Bierman
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Короткие любовные романы
Год издания: 0
isbn: 9780624071587
Скачать книгу
wou nie die vroulike veearts sien nie. Nie dokter Aralie van Dyk nie. Sy wou hóm sien, dokter Niel. Want haar vriendin het gesê hy is só goed. Só sjarmant. Die beste veearts in die hele Namibië.

      Natuurlik was hy gevlei. Watter normale man sou nie gewees het as daardie paar babablou oë so uitlokkend onderdeur haar wimpers vir hom loer terwyl sy die komplimente uitryg nie? Hy is mos nie ’n klip nie.

      Hy het geweet dis verkeerd en hy speel op die treinspoor. Maar haar ooglopende bewondering was balsem vir sy gekneusde ego; dit was die soort uitlaatklep wat hy nodig gehad het om te ontlaai. Die Pekinees het ’n chroniese swaminfeksie in die oor gehad, wat ’n reeks opvolgbesoeke genoodsaak het.

      Eers het hy en Marilee net gesels: ’n bietjie man-meisie-goed, maar voel-voel, half speels. Later oor die flieks op TV wat deesdae al meer gewaagd raak, oor die pas afgelope reeks vir volwassenes wat sy gevolg het, en oor haar man wat op ’n rekenaarkursus in Londen was. Oor hoe eensaam sy was en hoe senuweeagtig sy vrou-alleen was met al die inbrake in die omgewing.

      Dalk wil hy een aand kom tee drink? het sy uiteindelik voorgestel. En terselfdertyd na haar Persiese kat kyk wat lyk of sy ’n uitslag het. Sy wou Mitzi spreekkamer toe bring, maar sy raak kloustrofobies en weier om in ’n mandjie te klim. Die enigste uitweg sal wees dat hy by die huis na Mitzi kyk …

      Dit was so deursigtig soos môre heeldag, en hy het van beter geweet as om na haar huis te gaan. Maar hy het haar geselskap geniet, saamgespeel en ’n bie­tjie saamgeflirt. Niks ernstigs nie, sommerso met die linker­hand. Maar toe ruk dit handuit en dit word álbei hande – toevallig net toe Aralie by sy spreekkamer instap.

      Marilee het die gewoonte gehad om haar op die hoek van sy lessenaar tuis te maak terwyl hy besig was om die Pekinees se ore te behandel. Hy het iets in een van die lessenaarlaaie nodig gehad en het speels aan haar been gevat om dit weg te skuif sodat hy die laai kon bykom. Hy het nie gedink wat hy doen nie … Dit was suiwer manlike instink en ’n refleksbeweging wat gemaak het dat sy ander hand oor die soom van haar minirompie getalm het, dit effe hoër opgeskuif en oor haar bobeen gestreel het. Een ding het gelei na ’n ander. Asof sy hand ’n eie wil ontwikkel het, het dit ombeweeg na die sagte binnevleis van haar bobeen … Net toe Aralie instap.

      Sy het in die deur vasgesteek, bleek, met starende oë. Haar mond het oopgegaan sonder dat ’n geluid uitgekom het.

      Marilee het gegiggel en doodluiters gesê: “Oepsie! Op heterdaad betrap …” Sy het dit seker nie so bedoel nie, maar haar woordkeuse het suggestief geklink en die situasie vererger. Aralie het omgevlieg, die deur toegeklap en by die voordeur uitgestorm.

      Hy het blitsig van Marilee en die Pekinees ontslae ge­raak, maar hy kon nie dadelik agter Aralie aanjaag nie, want die wagkamer het vol pasiënte gesit. Hy het probeer bel, maar haar selfoon was af. Teen die tyd dat hy eindelik by die woonstel aangekom het, was Aralie reeds weg. Haar tasse was weg en haar klerekas leeg. Sy het nie ’n briefie gelos nie, maar hy het geweet sy is na haar ouers toe.

      Hy sidder opnuut toe hy die nagmerrierit uit plaas toe herroep: die rammelende bakkie volspoed op die sink­plaatpad en al glyend op die sanderige draaie. Haar ma se geskokte gesig en haar pa se beskuldigende oë.

      En Aralie se aantygings toe sy eindelik, ná baie soebat en mooipraat, ingewillig het om uit haar kamer te kom en buite op die stoep met hom te praat. Hoe kón hy so iets doen? Die vernedering! Beteken hul huwelik dan niks vir hom nie? Sy sal daardie prentjie van hom met sy hand onder ’n ander vrou se klere in nooit uit haar geheue kan wis nie. Hom nooit ooit weer kan vertrou nie …

      Hy het volgehou dit was die heel eerste keer – eerlikwaar, hy sweer – en daar het niks gebeur nie. Dit was net die punt van sy vingers aan haar bobeen, skaars bokant haar knie. Totaal onskuldig … Toe dié woord uit is, het hy besef dit was ’n fout. Aralie was opnuut rasend.

      Onskúldig? Hy vry ’n ander vrou bo-op sy lessenaar en hy noem dit onskúldig? Wat dink hy van haar? Dat sy ’n onnosele, naïewe pampoen is? Hoe kan sy met ’n man getroud bly wat nie sy hande van ander vroue kan afhou nie? ’n Losbol en ’n rokjagter? Boonop nog ’n leuenaar ook …

      Hy het toegesmeer, probeer verduidelik en uit des­peraatheid die skuld op Marilee gepak. Al wat dit bereik het, was om haar dunk van hom nóg laer te laat daal. Sy het gedink hy het ’n bietjie meer integriteit … Maar hy is nes alle ander mans – net een ding op die brein. ’n Oormaat testosteroon, en loop agter hul hormone aan …

      Hulle het buite op die stoep gepraat, waar daar ’n mate van privaatheid was, en hy het sy stem laag probeer hou. Maar Aralie was oorstuur en op die rand van histerie. Van agter die sitkamergordyne het hy kort-kort haar ma gewaar en haar pa van die voordeur af hoor keel skoonmaak. Hy was bang sy skoonouers meng in en jaag hom weg. Ten einde raad het hy sy toevlug geneem tot die beste manier wat hy in die verlede geleer het om vrede te maak. Hy het sy vrou nadergetrek, sy arms om haar gesit en haar gesoen.

      Dit het nie gewerk nie. Sy het hom weggestoot. Hy moenie met daardie selfde hande wat onder ’n ander vrou se rok in was aan haar raak nie! Sy gril vir hom, sy wil nie ’n rokjagter met losse sedes as die pa van haar kinders hê nie. Hy moet sy ry kry! Sy wil hom nooit weer sien nie.

      Niel weet hy was skuldig. Hy kon verstaan dat sy seer­gemaak was, maar hy het gehoop dat sy ná ’n tyd sou afkoel, bereid sou wees om kalm en logies die saak met hom te bespreek. Hy het hom misgis. In die tyd dat hy gedink het Aralie is geestelik sterk en sy verwerk die vermoeiende ure en finansiële druk beter as hy, was hy blykbaar verkeerd. Sy was snaarstyf gespanne en haar reserwes boom­skraap. Sy het dit goed weggesteek, of hy het sy vrou nie regtig geken nie.

      Dit was asof sy oomblik van menslike swakheid haar oor die rand van ’n afgrond gestoot het. Uit die bloute het sy sy vorige meisies een vir een begin oprakel, en ’n insident uit hul studentedae toe hy tydens intervarsity ’n bietjie uitgehaak en eers die volgende oggend by sy kos­huiskamer opgedaag het. En ’n ander keer toe hulle al verloof was en hy met die kelnerin by ’n pizzaplek ’n ding aangehad het …

      Ontkennings en verskonings het niks gebaat nie. Aralie was soos ’n klipmuur waarteen hy hom vasgeloop het. Sy het volgehou sy moes destyds al die tekens gelees en van beter geweet het as om met ’n vroueverneuker te trou. Sy het volstrek geweier om terug te trek woonstel toe of saam met hom te werk. Dit was die einde van hul huwelik; sy wou ’n egskeiding hê.

      So goedsmoeds … Hy kon dit nie glo nie en het aan bomskok gely. ’n Paar maande lank het hy ’n afgetrede veearts gekry om tydens spreekure te help, maar hy kon nie die praktyk alleen behartig nie en moes dit noodgedwonge verkoop, vir ’n appel en ’n ei.

      Dit was die einde van die pad, van hul droom van ’n man-vrou-vennootskap en sy laaste sprankie hoop om hul huwelik te red. Hy is weg Kenia toe, waar hy werk gekry het by ’n navorsingsentrum in Kisumu. Aralie het op die plaas aangebly en haar pa met die boerdery gehelp. ’n Tyd lank met boerboele geteel, en tussenin gelocum waar sy kon.

      Dit het nie met hom goed gegaan nie en ook nie met haar nie. Vir ’n jaar lank … Toe maak hy toevallig kontak met Franco Conradie en kom te hore van Balelapa. Skielik was dit nie meer laagwater op die strand nie. Die gety het ingekom en vir die eerste keer het hy weer hoop gehad. ’n Droom, ’n reënboog om na te jaag …

      2

      Niel vryf oor sy gesig, asof hy daarmee die troebel herinneringe aan die verlede kan uitwis. ’n Pyntrek keep diep groewe om sy mond en hy dwing sy gedagtes terug na sy gipsbeen wat in traksie is, na sy hospitaalbed en Aralie wat langs die bed staan, handsak oor die skouer en op die punt om weer uit sy lewe te stap.

      Sy is nou rustiger, sagter. Dalk meer ontvanklik en begrypend wat betref menslike swakhede. Hy het self ook sedert hul egskeiding met wroeging en selfverwyt ouer geword. Verantwoordelik geword, besef waar sy prioriteite lê en wat hy in die lewe wil hê: hy wil sy vrou terughê …

      Sy is vies omdat hy haar onder valse voorwendsels na die hospitaal gelok het. Dis te verstane, en hy het dit verwag. Maar iets in haar oë het nie saam geraas en baklei nie. Sy was bly om hom te sien en dit gee hom hoop.

      Hy reik na