Satyn Omnibus 4. Ettie Bierman. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Ettie Bierman
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Короткие любовные романы
Год издания: 0
isbn: 9780624071587
Скачать книгу
sy jy’s springlewendig? Is sy deel van die komplot?”

      Niel lyk ongemaklik en kyk af na die geruite beddeken. “E … so effentjies. Ek het aangedik en gevra sy moet ook so effe oordryf toe sy jou gebel het. So ’n noodleuentjie of twee kwytraak … Anders sou jy miskien nie gekom het nie.”

      Aralie weet sy kan nie haar eks-skoonma kwalik neem nie. Haar man is vroeg oorlede en Niel is haar enigste kind, dis te begrype dat sy hom bederf het. Haar hele lewe het om hom gedraai, en geen opoffering was te groot as dit haar seun gelukkig sou maak nie. En nou nog kan hy haar om sy vinger draai – sy sal enigiets doen wat hy vra.

      “Dis verkeerd om jou ma te manipuleer en haar liefde te misbruik,” baklei Aralie. “Lelik gewees om haar by jou liegstories te betrek.”

      “Lelik, selfsugtig en verderflik,” stem Niel saam. Hy plaas sy hande teenmekaar om ’n kerktorinkie te vorm, maak sy oë toe en prewel ’n paar woorde ter vergifnis. “Maar dis ’n krisis, Ralie. Die kalf is in die put. Die vis op die rotse – wat ook al die ergste is.”

      “Die vis? Synde jy?” raai sy skepties.

      Hy knik. “Soek vir jou ’n stoel en kom sit.”

      “Ek wil nie sit nie. As jy ’n tandeborsel of seep of iets nodig het, sal ek dit vir jou gaan koop. Maar ek wil nie sit nie.”

      “Asseblief,” soebat hy, sy oë baie blou, en met die soort hartbrekende glimlag waarvoor sy in die ou dae sou geswig het. “Ek weet jy is lus om my met ’n kussing te versmoor of strignien in my drup te gooi. Ek het nie die reg om gunste van jou te vra nie, maar feit is: ek het jou hulp dringend nodig.”

      Sy sleep ’n bankie onder die bed uit en gaan sit onwillig op die voorste puntjie.

      “Desperáát nodig,” beklemtoon hy.

      “Waarvoor?” vra sy, wetend dis ’n fout.

      “Vir my nuwe werk. Dis ’n kans in ’n leeftyd, ek durf dit nie verloor nie. Jy veral, wat ook ’n passie het vir diere wat swaarkry, vir spesies waarvan die habitat bedreig word, sal verstaan. Dís wat my werk by Balelapa sal behels – die rehabilitasie in die natuur van diere wat beseer, mishandel of siek is, of gevaar loop van uitwissing.”

      “Balelapa?” herhaal sy. “Die privaat reservaat naby Etosha?”

      Hy knik. “Dis die Tswana-woord vir ‘familie’, en dis hoe dit daar is – almal soos een groot familie, wat saamwerk en dieselfde doel voor oë het. Jy sal dadelik daar inskakel en tuis voel.”

      “Ék?” Aralie verstyf.

      Niel verwens homself. Hy was te haastig, hy moes met ’n langer aanloop begin het en Aralie eers voorberei het voor hy trompop sy voorstel in haar skoot gegooi het. Sy eks is nie verniet ’n rooikop nie. Hy het haar altyd geterg dat as sy verdrink, sal hy haar stroom-op gaan soek. Sy het haar eie norme en kan onverbiddelik wees as jy nie aan haar standaarde voldoen nie. Sy vergewe nie maklik nie en maak nie voorsiening vir tekortkominge nie.

      “Waar pas ek in?” eis sy toe hy nie dadelik antwoord nie.

      “Soos ek gesê het: hierdie is ’n top-jop. As ek dit verloor as gevolg van hierdie verdekselse been, sal hordes ander toustaan om my plek in te neem. Franco het die gawe om ’n vuur in jou aan te steek en jou met sy ideale te begeester. In my het dit ’n veldbrand geword. Ek wil deel daarvan wees: van sy droom, sy projekte en van Balelapa.”

      Niel byt op sy onderlip en kies sy volgende woorde versigtig. “Daar is egter ’n probleem: Franco is toegegooi onder die werk. Hy het dringend hulp nodig en is haastig om die pos so gou moontlik te vul. Hy kan nie bekostig om vir my te wag nie.”

      Aralie haal haar skouers op en soek haar handsak. “Dis ’n probleem, maar die ou sal seker een of ander plan bedink. Kan ek iets vir jou doen terwyl jy buite aksie is? Jou potplante gaan natgooi of jou kat kos gee?” Sy weet hy het nie plante of troeteldiere nie, hy is te min by die huis.

      Niel kyk op, kyk haar vas en sonder skroom in die oë. “Jy kan my jop vir my gaan oppas.”

      Al het sy ’n vermoede gehad in watter rigting dié gesprek lei, is Aralie onthuts. Sy spring op en stoot die bankie terug onder die bed in. “Nee. Ek kan nie. Dis buite die kwessie.”

      “Hoekom? Locum jy by ’n praktyk op die oomblik?”

      Sy skud haar kop. “Nie op die oomblik nie,” erken sy onwillig.

      “Ek weet jy was drie maande sonder werk. Op die oomblik help jy uit as ontvangsdame by die Sonop Motel.”

      Sy kyk met geligte wenkbroue na hom. “Jy het jou huis­werk gedoen.”

      “Nie omdat ek op jou spioeneer nie,” gooi hy wal. “Omdat ek omgee en nog steeds vir jou verantwoordelik voel, omdat ek wil weet hoe dit met jou gaan en wat jy doen. Die motel betaal swakkerig, die aanstelling is net tydelik en jy kan vier en twintig uur kennis gee.”

      Weet hy ook haar woonstelhuur is agterstallig en haar kar op sy laaste silinder? wonder sy. Sy was destyds te trots om ’n sent onderhoud van Niel te eis, en sy is nog steeds onafhanklik genoeg om die mas op te kom sonder sy hulp. Dis immers sý wat haar goed gevat en geloop het. Al was sy dalk ’n bietjie oorstuur en oorhaastig … Niel het oortree, maar miskien moes sy hom kans gegee het om reg te maak wat hy verbrou het, soos hy by haar gepleit het. Maar sy was te koppig en het nie geweet hoe om te vergewe nie.

      Sy dwing die verlede se seerkry-herinneringe na ’n ver plek in haar agterkop. “Daar is ’n moontlikheid van ’n locum-pos by ’n praktyk in Tsumeb,” antwoord sy verdedigend.

      “By Schmidt en Lindemann, ja. Ek het daarvan gehoor. Moenie jou hoop daarop vestig nie, want dit sal nie realiseer nie. Dieter Lindemann se seun is terug uit Duitsland en neem sy pa se praktyk oor vanaf 1 Novem­ber.”

      Aralie het dit nie geweet nie. Haar hart val soos ’n klip. Waarmee gaan sy haar huur en uitstaande rekeninge betaal? Met die droogte en swak vleispryse sukkel haar ouers ook. Die reën bly weg, die pryse vir voer is hemelhoog en haar pa is nie gesond nie. Sy kan nie weer by hom geld leen nie. Hulle betaal steeds af aan die verband wat hulle op die plaas geneem het om haar vyf jaar lank op universiteit te onderhou. Sy is amper dertig, te oud om nog op haar ouers se nekke te lê. Dis nou haar beurt om vir húlle te sorg, nie andersom nie.

      “Dis net ses weke,” belowe Niel. “Hoogstens sewe, dan kom die gips af en neem ek oor, al is dit met ’n kierie of krukke. Daarna kan jy ontspan – aanbly en ’n paar weke vakansie hou as jy wil.”

      “Vakansie hou? Saam met jou?” Sy kyk hom aan asof hy gesê het die maan is groen. Sy snork onelegant. “Jy kort ’n paar gloeilampies in jou boonste verdieping, broer.”

      Glad nie so vergesog nie, besef hy. ’n Vakansie saam is wat hulle twee nodig het. In die vier jaar wat hulle getroud was, was daar nie tyd vir uitspan nie. Albei het studieskuld gehad om af te betaal en hulle het saam ’n praktyk gekoop wat rugbrekende lang ure gekos het om op te bou. Elke ekstra sent is gebruik om toerusting vir die spreekkamer te koop. Hulle het op die rand van die broodlyn geleef – gespot dat selfs hul viervoetige pa­siënte lekkerder eet en drink as hul dokters.

      Ralie het die druk beter as hy verwerk. Gelag oor hul huweliksherdenking wat met vleispasteie by kerslig ge­vier is, gelag oor die rooi koeldrank wat sy in duur trou­geskenk-glase geskink het om soos rosé-wyn te lyk. Solank hulle sáám krepeer, het dit nie saak gemaak nie. Om van liefde en koue water te leef is romanties, het sy getroos.

      Maar mans is anders. Hý is anders. Om as broodwin­ner nie behoorlik vir sy vrou te kan sorg nie het sy ego geknou. Hy was gefrustreerd in die beknopte eenkamerwoonstel waarin hulle vasgedruk was. Moeg daarvoor om met haar pa se weggooi-plaasbakkie te ry en moedeloos gesukkel om hom elke oggend aan die brand te stoot. Daar was nie geld vir ’n nuwe battery nie. Nooit geld vir énig­iets nie. Nie eens vir behoorlike hoesmedisyne daardie laaste winter toe hy brongitis gekry het nie. Die lewe het hom begin onderkry …

      Sy geestelike reserwes was op ’n laagtepunt