Ek en jy verskil hemelsbreed. Louise van Coller. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Louise van Coller
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796319067
Скачать книгу
Die groot beeldhouer het egter doodstil gaan staan en aandagtig na die stuk marmer gekyk. Ná hy lank gedink het en dit mooi bekyk het, het hy gesê: “Ek sal dit koop! Daar is ’n engel hier binne versteek, wat net wag om vrygelaat te word.” (Bruce Wilkinson, The Dreamgiver for leaders.)

      Ek glo God sien ons ook so, met soveel hoop en drome vir ons elkeen om ons volle potensiaal in ons karakter te bereik, en om in ons huwelik die heuningsoet lekkerte van speel en liefde te kan geniet. Ek weet Hy het dit in my huwelik gesien, en ten spyte van al die lelik wat ons in mekaar uitgebring het, het ons geleer om die tronk se deur oop te maak en vry te kom, sodat ons mekaar kan geniet!

      As daar vandag egter mense is wat hier lees en hulleself wil oortuig dat daar geen hoop is nie, en amper regverdiging soek om te skei, wil ek sê daar is gevalle waar egskeiding ’n beter opsie is. Maak egter mooi seker, want dit mag die grootste fout van jou lewe wees.

      Daar is spesifieke redes waar ’n huwelik liewer ontbind moet word, en al was dit nooit God se plan nie, werk ons soms lynreg teen sy planne en moet hierdie faktore binne die omstandighede in ag geneem word:

      •Waar mense se lewe bedreig word deur geweld.

      •Waar die konflik of brutaliteit die kinders se lewe negatief beïnvloed en letsels laat wat erger raak as die stryd na vrede.

      •Waar molestering of aanranding plaasvind en aan mense se lewe blywende skade aanrig.

      •Waar daar ernstige geestesversteurings bestaan wat mense bedreig en vernietig.

      •Waar verslawing nie hanteer word nie en die geestesgesondheid van die gesin daardeur geraak word.

      •Waar bogenoemde plaasvind en mense nie wil konformeer of hulp aanneem nie.

      Bogenoemde is ’n paar duidelike probleemareas waar egskei­ding amper onafwendbaar is.

      Die realiteit van egskeiding

      As ons dus na die huwelik as konsep kyk en die direkte impak wat dit op gesinne het, is dit bes moontlik een van die belangrikste aardse take waarvan ons ’n sukses moet maak. Die nare alternatief te midde van onuithoudbare, aanhoudende huwelikskonflik los altyd die finale laaste uitweg: egskeiding.

      Huweliksverbrokkeling en die negatiewe invloede wat dit op die gesinstruktuur en die partye wat daardeur geraak word, aanbring, neem vandag al meer toe. Ons moet besef ten einde ’n samelewingskrisis te voorkom, dat hierdie probleem ’n veel groter impak het as die onmiddellike gevolge van egskeiding. Die opvoeding en ontwikkeling van ’n kind dra grotendeels by tot die grondslag wat in die kinderjare gelê word. Egskeiding sal kinders se geluk vir die res van hul lewe beïnvloed. Dit mag aanvanklik na ’n oplossing vir die probleem lyk, maar dit bring sy eie onuithoudbare probleme wat weekliks agter jou aan sleep soos ’n vrot herinnering van iets wat nie uitgewerk het nie.

      Ek wil dit duidelik stel dat ons ’n geslag van getraumatiseerde kinders grootmaak wie se emosionele welstand en geestes­ge­sondheid ernstig geraak word deur die gevolge van konflik, spanning en egskeiding. Ek dink die samelewing laat ons al gemakliker raak met egskeiding en ons begin glo ons kinders sal wel iewers “regkom”. Nee! Hulle sal nie! Dit bring lewenslange letsels wat selfs in hul eie toekomstige huwelik sal voortgaan … Met vandag se volwassenes is hierdie probleem nie vroegtydig in die verlede aangespreek nie en tans, as gevolg daarvan, sit ons met die hoogste egskeidingsyfer ooit. Vandag se jeug is môre se volwassenes, en om huweliksverbrokkeling regtig doelgerig aan te spreek moet ons as ouers by die huwelik as leerskool begin om ’n impak op ons kinders te maak.

      The most difficult job our kids have today is learning good conduct without seeing any.

      – HG Hutchinson

      Ons moet leer wat die ware komponente van die huwelik is en hoe om dit reg te hanteer, sodat ons ’n goeie voorbeeld vir hulle kan stel. Kinders doen nie wat ons sê nie, hulle doen wat ons doen, daarom moet die verandering om ’n verskil te maak vandag by ons as ouers begin! Deur gefokus te wees op ons eie persoonlikheid en karaktergroei, wat ontstaan ná die ontdekking van jou ware identiteit, word ons emosionele intelligensie bevorder. Waar mense se karakter groei en lewe verander, bied dit aan huwelikspare ’n geleentheid om die regte gedrag en voorbeeld aan die nageslag oor te dra.

      As die verlede niks vir die hede kan leer nie, en die pa niks vir sy seun nie, dan het die geskiedenis verniet aangegaan en het die wêreld baie tyd gemors.

      – Russel Hoban

      Dit berus dus by ons as mense om antwoorde te soek en toe­paslike veranderings aan te bring. So kan ons ons verwarde kinders toerus vir gelukkige huwelike en ’n omkeer in hierdie patroon aanbring. Die Bybel sê: “Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie” (Spr 22:6).

      Huwelike kan makliker verstaanbaar en deursigtig word deur die oorsake vir huweliksprobleme en gesinsverbrokkeling te identifiseer en doelgerigte antwoorde daarvoor te soek. So probeer huweliksberaders om ’n werkbare oplossing vir gebroke gesinne te soek en so een van ons wêreld se grootste probleme aan te spreek. Dan kan ons weer met hoop in geloof staan en binne Goddelike waardes opregte huweliksgeluk smaak. Dit sal dalk ’n alternatiewe leefstyl van die wêreld se voorbeeld verg, met verantwoordelikheid en emosionele dissipline, maar dit sal resultate en vreugde oplewer.

      Raising positive kids, is possibly the most important subject in America. Kids don’t make up 100% of our population, but they do make up 100% of our future.

      – Zig Ziglar

      3

      Ons verskillende persoonlikhede

      What counts in making a happy marriage is not so much how compatible you are, but how you deal with incompatibility.

      – Leo Tolstoy

      As ons na die huwelik kyk, bestaan dit uit die twee kompo­nente: man en vrou. Daarin lê reeds groot geslagtelike ver­skille opgesluit. Voeg nou nog die jare lange wanopvattings by van die rolle wat elkeen behoort te speel, plus twee kopstamp-verskillende persoonlikhede met verskillende behoeftes, en dit spel waarskynlik oorlog!

      Waar mense nie hierdie verskille wil insien, leer aanvaar en respekteer nie, skep dit dikwels rampspoedige gevolge. Die grootste gevaar wat paartjies kan loop, is om onrealistiese ver­wag­tings van mekaar te koester, gegrond op hul eie persepsie van wie hulle is, en wat hulle van hul maat verwag. Deur hierdie konsep te huldig hou jy basies ’n mens soos ’n handpop aan ’n lyntjie en raak jy keer op keer teleurgesteld as die handpop nie maak soos hy of sy “moet” nie. Dan tree die ek-teen-jou-uitgangspunt in werking en mense sien mekaar as opponente, wat dan natuurlik tot die een of ander vorm van konflik-ontplof­fing sal lei. Die oomblik dat twee mense besef dat die enigste doeltreffende oplossing “ons twee saam teen die probleem” is, beweeg hulle progressief vorentoe en hou die vernietiging van mekaar eindelik op!

      Die probleem in vandag se samelewing is egter dat paartjies nie voorbereid is op die huwelik nie, nie hul ware identiteit ken nie en glo die liefde sal alles bedek. Die illusie lê grotendeels daarin opgesluit dat kinders nie hiervoor opgelei en voorberei word nie. Juis daarom is voorhuwelikse berading van groot belang om toegerus te word vir wat voorlê in jul huwelik. Geen verhouding waar twee mense wat geslagtelik van mekaar verskil en uit verskillende opvoedkundige agtergronde kom, kan gemaklik en foutloos bestaan sonder dat konflik iewers kop uitsteek nie.

      Dit is ’n gegewe feit dat konflik hier is om te bly. Gelukkig kan die effektiewe hantering daarvan aangeleer word, waar mense bereid is om te leer en deelname in te stem. In teorie lyk dit dikwels makliker as in die praktyk en mense gooi maklik tou op waar dit na werk lyk. Dan probeer hulle konflikvermyding, wat selfs tot erger gevolge as aanhoudende konflik kan lei.

      Waar paartjies voorhuwelikse berading kry en doelbewus van hierdie verskille bewus gemaak word deur persoonlik­heids­analise, spaar hulle hulself groot konflik en jare se gegriefdheid. Dit is waarlik moontlik om saam met hierdie verskille aan me­kaar se vereistes te voldoen. Dit moet egter van albei kante kom en binne die raamwerk van respek vir mekaar as persoon wees. Ek het al dikwels die voorreg gehad om te sien waar hierdie kennis en die toepassing daarvan ’n