Ek en jy verskil hemelsbreed. Louise van Coller. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Louise van Coller
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796319067
Скачать книгу
Norman Vincent Peale

      1

      Ons almal se realiteit

      Love is a four-letter word spelled t i m e.

      – Onbekend

      Ons leef in ’n tydperk wat gekenmerk word deur huwe­liks­konflik, gejaagdheid en ’n strewe na finansiële oorlewing. Die lewe voel dikwels na ’n ewige stryd en min mense leef regtig nog in ’n waas van vreugde en opgewonde tevredenheid. Die huwelik is veronderstel om soos ’n buffer teen die lewe te wees en mense die gevoel van behoort en aanvaarding te gee, maar tog sien ek daagliks die teenoorgestelde. As ’n huweliks- en gesinsberader ys ek as ’n mens statistieke van die “gelukkige huwelik” moet opdis. Dit voel vir my vandag of daar min tot geen mense is wat regtig die kuns vervolmaak het om mekaar waarlik te aanvaar vir wie hulle is. Mense is nie gelukkig en tevrede met mekaar nie. Almal wil hul maats verander, of koester die verwagting om hulle so te skaaf dat hulle meer kan dink soos hulle self dink.

      Toe God ons geskape het, is ons nie gemaak soos ’n grys massa eenderse mense nie – ons elkeen se persoonlikheid is spesifiek gemaak. Juis daarin lê ons elkeen se krag en sterkte van karakter opgesluit en daarom moet ons dit beskerm en met trots uitleef om goed te voel oor wie ons is.

      You formed the way I think and feel. You put me together in my mother’s womb

      (Ps 139:13). (Easy to Read Version, ERV)

      Van babadae af reeds kan hierdie verskillende trekke gesien word. Sommige babas sal geduldig op hul bottels wag, terwyl ander letterlik die dak afskreeu. Sommige kinders is prater­tjies, ander klimmertjies en ander hou van hul spasie en wil hul eie ding doen. Hierdie persoonlikheidstrekke is egter reeds by geboorte sigbaar. Ouers kan maar hul kinders dophou, dit verander nie veel op pad na volwassenheid nie. Dit raak net meer verstaanbaar en duideliker sigbaar soos hulle in hul identiteit groei. Ek dank God vir hierdie verskille, want dit maak ons elkeen uniek en juis daarin vind ons ons vryheid, andersheid en wie ons is. Ons is juis so geskape om elkeen ’n unieke rol op aarde te vervul, toegerus met die perfekte persoonlikheid vir die werk wat wag. Dink net hoe vervelig sou die wêreld wees as ons almal eenders moes dink en doen, ag, nee wat … dit sou hopeloos te eentonig wees.

      Today you are you, that is truer than true. There is no one alive who is youer than you.

      – Dr Seuss (Theodor Seuss Geisel)

      Baie mense stoei vandag nog met mekaar oor hierdie andersheid en die verwronge verwagtings wat dit meebring. Ons leef elk­een in ’n eie wêreldjie waar ons ons eie persepsie van alles om ons glo, en verwag almal om ons moet dit ook so insien – so onmoontlik! Uit die aard van die saak kom huweliksmaats ook elkeen vanuit verskillende ouerhuise met hul eie manier van aangeleerde dissipline. Dit bring mee dat ons oor die konsep van wat reg en verkeerd is, verskil. So sal hierdie aangeleerde gedrag en grootwordverskille verseker maak dat konflik onvermydelik sal wees. Kyk maar hoe die saam grootmaak van kinders ’n paartjie se persoonlikheidsverskille uitlig en letterlik soos ’n vergrootglas lewensgroot maak.

      Ouers verwag dikwels van hul kinders om soos hulle te dink en op te tree, en koester goue verwagtings van hulle. Hierdie verwagtings is dikwels onbewustelik vir eie gewin, en so ont­neem jy ’n kind die vreugde om sy ware identiteit te ontdek en volledig uit te leef. Ek sien daagliks volwassenes, wat vrolike klein dromertjies in hul kinderlewe was. Ongelukkig is hulle deur druk en onkunde van ouers gedwing om beter te fokus en anders te dink, en beleef hulle al vir jare verwerping in hul persoonlikheid en ryk innerlike verbeeldingslewe. Die uiteinde hiervan is dikwels depressie en ’n ewige soeke na aanvaarding, omdat hulle nooit onvoorwaardelik aanvaar is vir wie hulle “werklik” is nie: “Ek was net nooit goed genoeg vir hulle nie!” So word mense onbewustelik geleer om konstant ’n rol te moet speel om aanvaar te word.

      Wanneer so ’n identiteitsverwarring ontstaan, verloor ’n mens ’n diepe deel van jou identiteit en berokken dit oneindige skade aan jou selfbeeld. Wat bereik ons egter deur mekaar aan hierdie druk bloot te stel? Ons gee oorsprong aan verwerping, ’n swak selfbeeld en skep by ons kinders die siek gewoonte om te leer om vir aanvaarding op te tree – “people pleasing”. Selfs by volwassenes sien ek dikwels hierdie tendens waar dit deur ’n huweliksmaat volgehou word en mense hul identiteit letter­lik moet aanpas om deur ’n maat aanvaar te word – “it’s like a puppet on a string!” Hoe gouer ons leer om mekaar te aanvaar vir wie ons is en die spesifieke persoonlikheid erken vir sy of haar sterk- en swakpunte, hoe gouer kan die teleurstelling wat geskep is deur onmoontlike verwagtings tot ’n einde kom.

      In die huwelik is dit bes moontlik een van die grootste stryd­punte wat uitstaan by huwelikskonflik: die ewig onbereikbare verwagtings. Waar mense verlief raak, trek die andersheid hulle gewoonlik soos ’n magneet aan en sien hulle nie hierdie verskille as bedreigend nie. Dit is meer soos ’n verslawing waarvan hulle nie kan of wil loskom nie. Jare later is dit dan juis daardie ver­skille wat skaaf en konflik meebring, omdat hulle nie weet wat om met die andersheid te maak nie. Die onverstaanbaarheid bring verwydering en mense beweeg emosioneel weg van me­kaar, terwyl elke vlak in die huwelik daardeur benadeel word. (Legally connected, emotionally disconnected.) Dit is sekerlik die hoofrede waarom die egskeidingsyfer wêreldwyd besig is om ’n samelewingsprobleem sonder kitsantwoorde te word. Wat staan ons egter te doen? Is daar regtig ’n oplossing, of is trou ’n hopelose sprokie wat uitgedien geraak het?

      Nee, verseker nie, dit kan wel werk, maar dan moet ons leer hoe om die huwelik anders te benader. Ons het elkeen die potensiaal om daarvan ’n sukses te maak, ons moet net dieper delf en dit wat voor ons oë is beter benut om groter pret daaruit te kry. As jou huwelik en dit wat jy daaruit wil hê vir jou ’n hoofprioriteit is, maak dan werk daarvan om dit te laat slaag. Kry hulp, gaan sien ’n professionele persoon, lees ’n paar goeie boeke – maar werk asseblief daadwerklik daaraan, moenie wag vir beter dae nie. Dit mag dalk nooit kom nie. Dit is bes moont­lik die belangrikste guns wat jy aan jouself kan bewys, want jou huwelik bepaal elke dag jou lewenskwaliteit!

      Vir elke huwelik wat knel, waar mense mekaar al wou ophang of uitsmyt, wil ek jou vra, gee mekaar nog ’n kans. Leer weer die mens agter die hartseer en irritasie ken. Jy mag met ’n bietjie hulp van voor af verstom staan om iemand te herontdek wat jy lankal afgeskryf het – daar is steeds hoop. Beskou dit vanuit ’n ander fokuspunt en gee jul gesinslewe weer ’n kans, sodat die verlede nie die toekoms hoef te bepaal nie. Wonderwerke gebeur waar mense probeer en die lig wil sien!

      For of all sad words of tongue or pen, the saddest are these: “It might have been!”

      – Anoniem

      2

      Die huwelik

      Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan die huidige ruïneer deur jou oor die toekoms te bekommer.

      – Onbekend

      In ’n huwelik word twee unieke mense, dikwels met twee uit­eenlopende persoonlikhede en agtergronde, saamgevoeg om lewenslank in ’n huwelik deur ’n verbond voor God aan me­kaar verbind te wees. Hoewel hulle meestal uit keuse getrou het en erg verlief was, sluip konflik en agteruit­gang iewers in ná die huwelik voltrek is. Ons moet gaan kyk hoe ons tot die huwelik toetree, met watter valse voorwendsels, voorwaardes en persepsies ons daarin stap, om te verstaan waar die sondaars lê. (Dikwels is ons self totaal onbewus van ons eie denke, ons ware identiteit en verwagtings, wat iewers in ons onderbewussyn lê.)

      Min vroue tree tot ’n huwelik toe met die belofte om onder­danig te wees, daaglikse asembenemende seks te voorsien en onvoorwaardelike respek en liefde te gee. Min mans trou met die gedagte om die priester, hoof en profeet van die huis te wees, sy vrou soos ’n koningin te behandel, elke aand ’n diep kommunikasiesessie deur te werk en vir hulp te gaan as daar huweliksprobleme opduik. (Ha, ha!)

      Mense sê so maklik: “Ek is lief vir jou, maar as jy my verneuk, los ek jou!” of “Jy het my so getrou, so moet my nie nou probeer verander nie.” of “Ek is nie jou ma of jou slaaf nie, ek moet al klaar twee kinders grootmaak, ek gaan jou nie ook grootmaak nie.”

      Klink dit dalk bekend?

      Boonop