150 Stories. Nataniël. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nataniël
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Публицистика: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780798166652
Скачать книгу
staan voor die kas. Iemand weet nou alles. Laat sy hom loop, is daar moeilikheid. Hou sy hom hier, is daar moeilikheid. Terwyl Kobus skree, maak sy haar hand vol pille. Jy’t die mooiste gat, sê sy.

      Toe neem sy ’n glas water en sluk die lot.

      Die Sondagmiddag help ’n polisieman vir Kobus uit die kas. En die volgende Sondag weer. En die volgende Sondag weer.

      Doodgelukkig

      Ek het nog altyd gedink die toppunt van geluk is om as U aangespreek te word. Sy Edele Professor Doktor en so. Ek meen dis so half onwerklik en dan kry jy baie geld.

      En toe vroeër vanjaar ontmoet ek so iemand in lewende lywe. Wat gebeur het, hierdie Saterdagoggend by Verwoerdburgstad is daar nou al hierdie local celebrities met handtekeninge, en sulke lucky draws en balloons en dan gooi almal geld in vir die minder bevoorregtes.

      Nou sit almal so op die wal van die meer en hulle’t ’n verhoog gebou vir die dag se aktiwiteite en daar’s valskermspringers en sulke speakers met musiek.

      Wat nou veronderstel is om te gebeur is, op die klimaks van die dag dan sal die cast van Egoli op die verhoog klim dat die mense kan skree en nog geld ingooi en dan kom ek op en introduce die Minister en hy maak dan ’n toespraak oor die minder bevoorregtes.

      Nou’t iemand besluit vir dramatiese effek sal ek en die Minister oor die water geroei word tot by die verhoog. Maar nie in ’n bootjie nie, in ’n Splash Pool wat deur Furniture City aan ’n weeshuis geskenk is. So as die klomp soap actors nou klaar is, dan sal die helikopter die balloons loslaat en dan vaar ek en die Minister nou oor die Verwoerdburgmeer in die Splash Pool.

      Minister van wat, weet ek nie, ek dink hy ook nie. Met die geskommel in die Parlement het hulle lankal ophou worry.

      Nou staan ons op die oorkantse wal. Ek het laat vra of Furniture City nie vlerkies ook wil sponsor nie, want ek kan nie swem nie. Langs die wal af, so ver soos mens kan sien, staan al Verwoerdburg se standerd 3’s, elkeen met ’n skinkbord. Hulle gaan branders maak om ons by die ander kant te kry.

      Aan die oorkant klim Egoli op die verhoog. En die mense is histeries. Ons staan nog en kyk toe kom een van die helpers aangehardloop en skree, Minister moet kom! Die mense’s aan die mal word. Sandra Prinsloo het haar bloes verloor.

      Ek dog die balloons kom uit ’n helikopter uit! skree die Minister. Waar’s my vlerkies? skree ek. Kom klas! skree die juffrou. Plas vir Sy Edele!

      En daar’s ons op die water.

      Ek weet nie wie van julle was al saam met ’n minister in ’n Splash Pool op die Verwoerdburgmeer nie, maar dis glad nie soos mens jou dit voorstel nie. Veral nie as ’n vreesbevange Egoli-cast halfpad op jou afgeswem kom en histeries aan die Splash Pool begin klou nie. Langs die Minister probeer Philip Henn inklim. Uit! skree die Minister en ons begin waggel. Moer hom met die toespraak, U Edele! skree ek. Jy wil mos met die meidjie lol! skree die Minister, maar op daai oomblik tref Brümilda van Rensburg die Splash Pool, hairpiece eerste, en toe snap al die draadjies in die pool se padding en die hele ding vou dubbeld tot oor ons koppe en so sak ek en die Minister bodem toe.

      Ek was nog nooit in my lewe so bang nie. Nou sit ons op die bodem in hierdie plastic ding. Lewe ons nog? vra ek.

      Voel hier, sê die Minister en hy sit my hand op sy wang. Glad, nè, sê hy.

      Ek sê, Verskoon my, U Edele, maar in case jy nie weet nie, ons is gesink.

      Kos my twee keer op ’n dag skeer, sê hy.

      Ek sê, Hoe gaan dit ons hier uitkry?

      Ek haat baard, sê hy. Ek haat skeer. Ek hou van gladde, gladde wangetjies.

      Help! skree ek.

      Ek haat my ampsmotor, sê die Minister. Ek haat dit as goed blink. Ek haat hierdie mense hier buite. Klomp arm gespuis. Ek haat my vrou. Sy maak haar eie klere. Alles is pers! Ga!

      Help! skree ek.

      Nou huil die Minister kliphard. Ek haat my sewe plase! Ek wil nie gaan boer as ek aftree nie. Ek haat FW! Hy’s so butch!

      Ons moet hier uitkom! skree ek. Dink aan jou titel!

      Wat waar sit? skree die Minister. Voel my wangetjies! Niemand voel ooit my wangetjies nie!

      Doen iets! skree ek. Ek kan nie swem nie!

      Ons bly net hier, sê die Minister. Hulle gaan my net weer rondjaag. Ek haat onderhandel! Met daai simpel, simpel mense. Weet jy hoekom is Codesa gestop? Weet jy? Oor die reuk! Hulle spuit nie vir hulle nie!

      Minister moet nou stilbly, sê ek. Die suurstof gaan opraak.

      Ek wil so graag huppel, sê die Minister. Weet jy hoe kyk hulle ’n mens aan as jy huppel in die Uniegebou?

      En toe sien ek die verskriklikste ding sedert Prins van Pretoria vrygestel is. Op die bodem van die Verwoerdburgmeer, in die middel van ’n toegevoude Splash Pool spring die Minister op en begin huppel.

      O ek is so gelukkig! roep hy uit.

      U Edele gaan ons fokken versuip! skree ek en ek wil hom net trip, toe raak die suurstof op.

      En so in die middel van ’n lugleegte is ek saam met ’n huppelende landsleier oorlede.

      Ons kon nie sien of die onderhandelinge toe weer geflop het, wat van sy ampsmotor geword het en of sy plase aan die minder bevoorregtes uitgedeel is nie. Ons sou nooit weet hoeveel jaar die Burgeroorlog toe geduur het of hoe Egoli toe geëindig het nie. (En of dit ooit geëindig het nie.)

      Ek sou nogals wou weet. Maar ek dink nie die Minister nie. Soos die meeste ander mense was hy doodgelukkig in die Splash Pool.

      (uit Untitled, Desember 1992)

      Doodgewoon

      Hierdie is ’n ware verhaal. En soos alle verhale van helde en heldinne sal dit nog van geslag tot geslag oorvertel word. Daarom is dit vir my so ’n voorreg om die eerste te wees om hierdie een te vertel.

      Dit is die verhaal van Bernadette.

      Bernadette was van kleins af verskriklik doodgewoon. Nie dat daar iets mee verkeerd is nie, maar Bernadette was een van die ongelukkiges wat dit agtergekom het. En tot haar grootste skok, het sy, soos wat sy ouer geword het, net so gebly. Niks wou verander nie. Sy het haar dit so aangetrek dat sy twee keer tydens puberteit op die morsigste manier moontlik haar lewe wou neem. Op die ou end kon haar ma dit nie meer vat nie en jaag haar uit die huis uit dat sy dit ten minste net op ’n ander plek loop try.

      Bernadette loop kry vir haar ’n graad, hou skool op Tweeling en sy bly in die koshuis en eendag toe die skoolkoerant haar interview, maak sy so ’n klomp goed op, die volgende dag is sy die gewildste juffrou in die skool.

      En so ontdek Bernadette die wonder van lieg. En sy gaan aan die lieg. Van die môre tot die aand lieg sy. Sy lieg vir haar vas en weer los in dieselfde hoek. Sy lieg die hel en al sy duiwels in ’n rash in. En die mense luister. Sy’s die interessantste meisie op die dorp. Sy’t al die wonderlikste dinge beleef. Veral as sy van haar kêrel praat. En hoe hy kort-kort oorsee gaan en hoe hy haar orals gaan saamvat as hulle eers getroud is. En die mense kan nie wag om hom te ontmoet nie en hy kom een van die dae.

      Maar wat die regering al lankal weet en wat Bernadette nie geweet het nie, is: lieg is harde werk. Sy moes evidence fake vir al haar stories, sy moes alles neerskryf sodat sy nie deurmekaar raak nie, sy moes haarself ’n paar wonde toedien vir die keer toe sy deur terroriste in die wildtuin ontvoer is. Sy moes naweke in die gangkas sit met ’n strooitjie vir asem sodat almal kan dink sy’t gaan kuier.

      Net die kêrel kon sy nie optoor nie.

      En die mense het gewag en gewag vir die kêrel en het later begin wonder en hulle het begin twyfel aan die stories en al hoe minder geglo tot hulle op die ou end alles uitgevind het.

      En vir haar straf het hulle aanhou maak asof