Terug na die Ou Testament. Adrio König. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Adrio König
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796318855
Скачать книгу
vlak verdiep.

      Paulus gaan konsekwent hiermee voort. Die gebod lui dat jy nie mag steel nie. Paulus verdiep dit tot die vlak dat jy hard moet werk om genoeg te hê om armes te help, anders steel jy nog steeds (Ef 4:28).

      Ons het gesien dat die Sabbat in die Nuwe Testament skynbaar uit die lewe van die Christene verdwyn ná die opwekking van Jesus.

      Het die vierde gebod dan verdwyn?

      Nee, hier moet tog seker iets meer wees. Jesus het nie sommige gebooie kom afskaf nie. Hy het juis verklaar dat Hy hulle hul “volle betekenis” gaan gee (Matt 5:17). Ons het reeds hierna gekyk, en gesien Hy het eintlik die gebooie geradikaliseer, en hulle hul eintlike, dieper, geestelike betekenis gegee.

      En die Sabbatsgebod? Ons het dan gesien die Sabbat het eenvoudig verdwyn uit die lewe van die vroeë Christene. Die woord “Sabbat” kom in al Paulus se Briewe net een keer voor, en dan nog in ’n negatiewe betekenis (Kol 2:16). Terwyl die ander gebooie, in hulle geradikaliseerde vorm, oor en oor op die lewe van die gelowiges toegepas word, kom die vierde gebod in sy oorspronklike vorm nooit by Paulus na vore nie. Dit kan mos net nie waar wees dat die apostel die heidene wat pas tot bekering gekom het, aan al die ander gebooie moes herinner het, maar dat hulle so absoluut getrou die Sabbat gehou het dat hy nooit eens nodig gehad het om daarna te verwys nie.

      Ons kry mooi voorbeelde hoe die gebooie een-een op die lewe van die gelowiges toegepas word (oa Ef 4:25 – 5:4; Kol 3:5-17).

      Agtereenvolgens is daar in Efesiërs 4 – 5 vermanings gebaseer op die volgende gebooie:

      •die 9e: 4:25;

      •die 8e: 4:28;

      •die 3e: 4:29;

      •die 6e: 4:31;

      •die 7e: 5:3,5; en

      •die 1e: 5:3,5.

      Maar nêrens word die vierde gebod in sy oorspronklike vorm aan ’n gemeente voorgehou nie. En indien die Sabbat nog deur die gemeentes gehou was, sou juis hierdie gebod geweldige probleme veroorsaak het vir die Christene wat slawe was maar elke dag vir hulle eienaars moes werk.

      Hebreërs 4:9 Maar dan kry ons iets oor die Sabbat in Hebreërs, en dan juis ook in sy geradikaliseerde vorm. Die skrywer maak eintlik ’n nuwe woord: “sabbatsrus”. “Daar wag dus nog steeds ’n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingegaan het, rus van sy werk, net soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan ...” (Heb 4:9).

      Dit is duidelik ’n verwysing na die vierde gebod. Maar in ’n nuwe vorm. Dit gaan nog steeds oor die Sabbat en oor rus. Maar ons rus word nou vergelyk met God se rus. Ons moet soos God rus.

      Wat beteken die vierde gebod nou?

      •Tot by Jesus se opstanding was dit: Rus een dag in die week, op die Sabbatdag.

      •Nou is dit: Gaan in God se rus in, rus elke dag van die week.

      Van watter werk moet ons rus? In die Ou Testament was dit van gewone werk. Maar nou is dit van ons sonde, van ons ongehoorsaamheid (4:11).

      In God se rus is daar nie sonde nie.

      Wat beteken die Sabbatsgebod dan in sy geradikaliseerde vorm? Volle oorgawe aan die Here elke dag van ons lewe.

      Hou dus asseblief aan om die vierde gebod te hou, maar net soos die ander gebooie, nou in sy nuwe vorm, in sy radikale vorm: Rus elke dag van jou sonde, dien die Here met jou hele lewe. Dít is die sabbatsrus wat ná Jesus se opwekking oorbly vir God se kinders.

      2.6 EN SONDAG?

      Nêrens in die Nuwe Testament word ons beveel om die eerste dag van die week, Sondag, te vier nie. En nêrens in die Nuwe Testament word Sondag met die vierde gebod in verband gebring nie.

      Ons Sondagviering is iets anders. Die vierde gebod het nie net verskuif van Saterdag na Sondag nie. Dit het verruim van Saterdag na elke dag. Sondag het bygekom as iets nuuts.

      Baie van ons voorouers het dit nie só verstaan nie. Hulle was oortuig dat die Sabbat van die Ou Testament oorgegaan het na die Sondag van die Nuwe Testament. Alles sou net dieselfde gebly het, al die bepalings oor die Sabbat wat ons in die Ou Testament kry, sou nog van krag gewees het, maar dit sou alles net oorgeskuif het na die eerste dag van die week, Sondag.

      Vir eeue lank het baie Christene nog probeer om die Sabbatswette van die Ou Testament op Sondag te hou. Hulle het Saterdag kos gemaak wat Sondag geëet is, hulle het nie op Sondag gekoop nie, nie (onnodig) gery nie, geen sport beoefen of koerante gelees nie, nie geswem nie selfs as hulle by die see vakansie hou nie, en nog duisend ander dinge nie gedoen nie.

      Dit het hulle taamlik weerloos gelaat teen Christene wat die Sabbat nog op Saterdag gevier het. Hulle het eenvoudig gevra waar dié verandering in die Nuwe Testament voorkom. Volgens hulle het hierdie Christene presies reg opgetree, maar hulle moes dit net op die regte dag doen, Saterdag, die Sabbat. Die sewende dag is die Sabbat.

      Maar intussen het dit tog duidelik geword dat die Nuwe Testament nie ’n verband lê tussen Sondag en die vierde gebod nie. Nêrens in die Nuwe Testament word die Sondag in terme van die Sabbat uitgedruk nie.

      Sondag het skynbaar spontaan en onbepland gegroei. Kyk na die eerste spore van iets besonders op die eerste dag van die week:

      •Dat Jesus op die eerste dag van die week opgewek word.

      •Dat Jesus dan daardie selfde aand aan sy dissipels verskyn.

      •Dat Hy dan juis agt dae daarna weer aan hulle verskyn – weer op die eerste dag (Joh 20:19,26).

      •En dat die Gees ook op hierdie dag uitgestort is – veertig dae na die hemelvaart (Hand 1:3).

      •Vir die gemeente in Korinte skryf Paulus om elke keer op die eerste dag van die week iets vir die armes opsy te sit (1 Kor 16:2).

      •Hy spreek die gelowiges in Troas op die eerste dag van die week toe (Hand 20:7-14).

      •Later begin die Christene hierdie dag “die dag van die Here” noem, wat die besondere betekenis beklemtoon wat hierdie dag gaandeweg vir hulle gekry het. Johannes is op “die dag van die Here” deur die Gees meegevoer om die wonderlike gesigte te sien (Openb 1:10).

      Kom ons kyk in meer besonderhede na ’n paar van hierdie sake.

      Dit hoef nie op sigself so opvallend te wees dat Jesus die aand van sy opstanding aan sy dissipels verskyn nie, maar Johannes se besondere beklemtoning dat dit juis die eerste dag van die week was, is opvallend. Johannes skryf: “Op die aand van daardie dag” wat sy opstandingsdag is, en dan voeg hy nog by: “die eerste dag van die week” (20:19). Die 1983-vertaling laat dit eintlik heeltemal weg, maar ander vertalings gee die Grieks duidelik weer soos die New Jerusalem Bible (NJB): “In the evening of that same day, the first day of the week ...”

      Vir die gemeente in Korinte skryf hy om “elke eerste dag van die week” (1953-vertaling) iets vir die armes opsy te sit (1 Kor 16:2).Maar kyk presies hoe skryf hy dit. Hy sê nie hulle moet dit saamvat “kerk toe” nie. Hy sê hulle moet dit “tuis” opsy sit. Waarom? Die heidene het nie besondere betekenis aan die eerste dag gegee nie, daarom het die gelowige bediendes nie spesifiek op die eerste dag van die week hulle loon gekry nie, trouens dis waarskynlik so dat hulle glad nie eens weekliks loon ontvang het nie. Waarom dan juis op hierdie dag tuis iets opsy sit? Ek weet van geen ander rede nie as dat hierdie dag toe alreeds vir hulle ’n besondere godsdienstige betekenis moes gehad het.

      En dan die byeenkoms die eerste dag van die week in Troas. Paulus is so haastig om betyds vir die Pinksterfees in Jerusalem te wees (20:16) dat Éfese se ouderlinge spesiaal kus toe moet kom om hom te ontmoet. Hy het nie tyd om in die binneland in na hulle te reis nie. Maar intussen wag hy sewe dae in Troas om die gemeente die eerste dag van die week te ontmoet! (20:6-7) Waarom? Seker omdat hulle net op Sondae bymekaar gekom het.

      Dit alles beteken dat Sondag reeds vroeg in die tyd van die Nuwe Testament