Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal. Riens Vosloo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Riens Vosloo
Издательство: Ingram
Серия: Piekfyn Afrikaans
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9781775891017
Скачать книгу
bekend is vir stories vertel

      toornaar – omgangstaal vir “towenaar”, iemand wat kan toor

      vlegsel (string of plaited hair) – hare wat volgens patroon gevleg is

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Waarom sal mense van ander stamme vyande wees? Leidraad: tyd wat lankal verbygegaan het.
2.Hoekom lyk die storie-ouma se gesig soos ’n keiappel wat te lank in die son gelê het?
3.Wat is die storie-ouma se kleinkind se naam?
4.Die koning se boodskappers en Ganekwane se manier om die draak te laat kalmeer, verskil. Noem twee verskille, in jou eie woorde, in volsinne.
5.Dink jy Ganekwane is dapper of net slim? Skryf in twee volsinne hoekom jy so sê.
6.Noem drie kenmerke van volksverhale in hierdie verhaal.
7.Herken jy iets in hierdie verhaal wat jou aan ’n dier in die werklike lewe laat dink? Leidraad: vel.
8.Wat is die verskil tussen die sangoma en die storie-ouma in hierdie verhaal? Skryf vier volsinne in jou eie woorde.
9.Het die stories, die stinkhoutboom se blaar, of al twee Ganekwane die draak help oorwin? Antwoord met twee sinne in jou eie woorde.
10.Lys die basiese storielyn in hierdie verhaal puntsgewys. Sorg dat die volgorde van die gebeure reg is.

      Postaktiwiteite (verryking)

       Hierdie verhaal sê nie vir ons wie is Hlaulu of Iquina nie. Maar ons het Hlaulu ontmoet in die vorige verhaal, “Hlaulu en die bosdier”. Stem jy saam?

       Vergelyk jou antwoord 10 by “Ganekwa en die groen draak” en jou antwoord 10 by “Hlaulu en die bosdier”. Daar is heelwat ooreenkoms. Dink jy hierdie twee verhale is verskillende weergawes van dieselfde verhaal? Verduidelik jou antwoord.

      Die houtkapper

      Oorvertel na aanleiding van die Nederlandse verhaal

       “De houthakker”, deur Belcampo

houtkapper.jpg

      Prelees – groepbespreking

       Dalk het jy al hout gekap, dan sal jy weet dis baie harde werk. Lank gelede was dit ’n beroep om hout te kap. Mense het in die bos gaan hout kap en dan bondels hout aan ander mense verkoop. Al is dit sulke harde werk, het houtkappers nie baie geld daarvoor gekry nie. Houtkappers was dus nog altyd arm mense.

       Waarom kap ons nie vandag meer hout in natuurlike bosse nie?

      Die verhaal

      Daar was eendag lank gelede ’n houtkapper wat baie hard moes werk. Hy moes bome afkap en die hout opsaag. Soos julle kan dink, is dit ’n vreeslik harde werk en moes die houtkapper baie sterk gewees het. Maar hy was ook baie arm. In daardie dae het houtkappers nie baie geld gehad nie, en hierdie een se skoene was stukkend en sy klere gelap. Sy baard en hare was woes en ongeskeer – hy het amper soos een van die bosse in die woud gelyk!

      Eendag moes hy een van die heel grootste en mooiste bome in die woud afkap. Sy hart was sommer seer daaroor, want hierdie boom was regtig pragtig – amper koninklik en trots. Die houtkapper was lief vir die bome in die woud en vir die diere. Hy het met die bome en bokke gepraat wanneer hy soms gesit en rus het. Dit was vir hom asof die bome hom kon hoor en die diere sy vriende was.

      Die houtkapper het met ’n swaar hart die reuseboom begin afkap. Dit het vir hom gevoel asof hy die boom doodmaak. En dit was asof hierdie boom moeiliker as enige ander boom was om af te kap – net asof die boom sy bas aspris dikker maak sodat dit so moeilik as moontlik moet wees om hom af te kap!

      Die houtkapper het gekap en gekap en gekap. Eers ná ’n paar dae se swoeg en sweet het die boom met ’n stadige gekraak begin kantel … Dit het geklink asof die boom eers kreun van pyn en toe, met ’n geklap van takke wat breek, skeur die boom homself met wortels en al uit die aarde.

      Alles het stil geword. Selfs die voëls het ophou sing. Dit was asof die bos asem ophou. Die houtkapper het sy hoed plegtig afgehaal asof hy eer aan die boom betoon.

      Die bos was skielik vreemd lig. Waar die boom se kruin was, was daar nou ’n groot gaping, en die lig het vir die eerste keer in honderde jare in hierdie deel van die bos geskyn. En dis toe dat die houtkapper iets vreemds tussen die wortels van die boom sien.

      Toe hy nader tree, sien hy dat dit ’n ou, verweerde kis is, met swaar kettings rondom gewikkel en ou geroeste slotte wat die kettings verbind. Die houtkapper het nie verstaan wat hy sien nie. Nog nooit het hy so iets beleef nie. Hy het sy byl opgetel en nuuskierig van die boomwortels om die kis begin loskap.

      Die kis was baie swaar. Met ’n groot gesukkel het die houtkapper die kis tot op ’n gelyk stuk grond gesleep. Met sy byl het hy een van die groot slotte stukkend gekap en die vuil kettings losgesukkel.

      Hy het versigtig die deksel opgelig. Toe die son se strale op die inhoud van die kis skyn, was die lig so helder dat die houtkapper sy oë moes toeknyp – die kis was propvol glinsterende juwele, muntstukke en goue ornamente! Die houtkapper het na sy asem gesnak. Hoe sou dit daar gekom het? Hy het vinnig om hom rondgekyk of iemand hom sien, maar hy het geweet niemand kom ooit in daardie dele van die bos nie.

      Toe tel hy eers een, toe twee, toe hande vol van die muntstukke op. Hy het dit deur sy vingers laat gly en sy hande dieper die kis in gedruk. Hy kon sy oë nie glo nie! Dat so ’n groot geluk hom nou getref het! Hy hoef nooit weer swaar werk te doen nie. Sy vrou en kinders kan nuwe klere kry. Hy kan ’n groter huis koop. Hy kan soos ’n koning leef met al die skatte!

      Die houtkapper was so opgewonde dat hy hande vol van die muntstukke en juwele sommer voor by sy stukkende hemp ingegooi het. Hy het in die rondte gespring en begin dans van vreugde. Kort-kort het hy hande vol van die geld in die lug in opgegooi en dit geniet wanneer die skatte oor hom reën. Hy het selfs op die grond gerol waar van die muntstukke gelê het. Hy was soos ’n opgewonde hond wat net wou rol en speel.

      Skielik het ’n takkie in die bosse agter hom gekraak … Die houtkapper het yskoud geword van skok en sy byl gegryp – reg om wie ook al dood te maak. In die bossies oorkant hom het ’n pragtige bosbokkie gestaan en met groot, onskuldige bruin oë na hom gekyk.

      “Sjoesj! Weg is jy!” het die houtkapper op die bokkie geskree en sy byl dreigend in die bokkie se rigting geswaai. Die skugter dier het verskrik padgegee.

      Toe dit weer stil word, het die houtkapper sy byl laat val en op sy knieë neergesak.

      “Wat het van my geword?” het hy geprewel. “Die skat het van my ’n monster gemaak. Ek was gereed om mens of dier onmiddellik dood te maak. Nee!”

      Die houtkapper het opgespring en koorsagtig die muntstukke en juwele begin optel. Haastig het hy elke enkele stukkie opgeraap en teruggegooi in die kis asof die muntstukke en juwele die pes dra.

      Toe alles opgetel was, het hy die kis se deksel toegeslaan, die kettings weer stewig om die kis gedraai en die kis in die gat waar die boom se wortels was, gegooi. Toe het die houtkapper die gat begin toegooi met die stukke boomwortels wat losgebreek het, blare en grond van die omgewing. Hy het op die sagte grond gespring en dit met sy voete vasgestamp en nog grond bo-oor gegooi. Toe hy klaar was, kon niemand sien dat daar ooit ’n gat was nie, en niemand sou ooit kon dink dat daar ’n skat begrawe is nie …

      Woordverklarings

      bosbok (bushbuck) – wilde boksoort

      byl (axe) – handinstrument met ’n skerp lem om hout te kap

      koorsagtig (feverish, hectic) – baie haastig, warm en byna deurmekaar van opwinding

      muntstukke (coins) – geldstukke

      pes (plague, Black Death) – dodelike, oordraagbare siekte

      saag (saw up) – hout in kleiner stukke verdeel met ’n saag

      sjoesj! (off with you!) – weg is jy!

      skatte