Skilpoppe. Barrie Hough. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Barrie Hough
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9780624068532
Скачать книгу

      

      Skilpoppe

      Barrie Hough

      Tafelberg

      Vir Lok en Dot en hul kinders. Ook vir die vriende wat dáár was vir my.

      1

      Maan

      Jy kon my klap met ’n nat vis toe ek die rol van Juliet gekry het. Ek, Anna Meyer, stofpoeper, standerd agt-buksie. Sure, ek kan gedigte opsê. Toor met woorde, meen die onderwysers en beoordelaars by kunswedstryde. Maar Juliet moet stunning wees. A looker. Vir my is die hele affêre nog soos ’n droom. Miskien moet ek myself knyp om wakker te word.

      Anyway, hier sit ek vingeralleen op die stoep. En probeer hard om Juliet vas te vat.

      Die lig van die maan spoel oor my.

      Vet en vol hang hy daar, soos die sakhorlosie wat Sebast by Oupa geërf het. So helder skyn hy dat ek hier my woorde kan sit en leer. Sonder die stoeplig.

      “O swear not by the moon, th’inconstant moon,

      That monthly changes in her circled orb,

      Lest that thy love prove likewise variable …”

      rol Juliet se woorde oor my tong. Ek verbeel my Leonardo DiCaprio staan iewers in die skaduwees vir my en loer. Hy bly stil.

      “Well, do not swear. Although I joy in thee,

      I have no joy of this contract tonight,

      It is too rash, too unadvised, too sudden,

      Too like the lightning, which doth cease to be

      Ere one can say ‘It lightens’. Sweet good night,”

      sê ek nogal hardekwas.

      Gaan blaas doppies as jy nie wil antwoord nie, dag ek en haal Sebast se horlosie uit my trui se sak. Hy’s swaar. Daar’s vlekke op die klappie. Nes dié op die maan.

      Sebast sou die piep gekry het as hy kon sien hoe vuil ek sy kosbare horlosie laat word het. Net môre vat ek die Silvo en ’n ou tandeborsel en doen die hele trip. Nes Sebast altyd gemaak het. Tot die erfstuk blink.

      Ek lig die klappie. Halftien. Heelaand sit ek al hier op die bank. Ek het die maan sien opkom oor Westcliff en soms was ek lus om my kop te lig en saam met die buurt se honde te tjank.

      Ek onthou die kere toe ek, Sebast en Ching-kung met die maan gepla was. Met koeëlronde monde het ons soos ’n koor brakke gehuil. Ons was veral erg ná daai weerwolfprent. Wolf met ou Jack Nicholson, dink ek. Ma het ons kom stilmaak. Een van die bure het glo gedreig met die polisie oor rusverstoring.

      Maar om alleen te tjank is g’n pret nie. Daarom is ek nou maar stigtelik stil, soos dit ’n boeremeisie betaam. Hel, nou klink ek soos ’n kloosterkoek!

      Elise worry dat ek so lank alleen hier buite in die koue sit. Al net so neuroties soos Ma. Haar naels is weer tot in die lewe gebyt. Sy’t aandete gemaak en my geroep om saam met haar en Julian te eet. Hy’s haar nuwe ou, die derde een dié jaar. Werk by die koerant saam met haar. ’n Hunk van ’n veiligheidswag.

      Ma het nie impressed gelyk nie.

      Maar Pa het nogal lekker gesels met hom. Oor karre en gewere. En selfs bier saam met hom gedrink.

      Aan tafel die aand ná die eerste besoek het ons almal ’n eier te lê gehad.

      “Hy’s nou wel ’n bietjie van ’n ongeslypte diamant,” het Pa gesê, “maar hy’t ’n stewige handdruk. En hy kyk jou in die oë.”

      “Met die ongeslyp gaan ek akkoord,” het Ma laat hoor.

      Pa het na haar gekyk, gestreel oor sy spikkelsnor en met sy vingerpunte aan sy mooi mond gevat.

      Soms wonder ek hoekom ek nie, soos Elise, sy filmster looks geërf het nie.

      “Ek dink Julian is drop dead gorgeous. Gooi seker gewigte vir ’n vale,” het ek gesê en my oë gerol. En amper bygevoeg dat Ching-kung Julian seker ’n “iron pumper” sou noem. Net soos Sebast voel hy vere vir spiere. “Not my scene,” sê hy. Nie dat hy bang is nie. Hy is ’n foendie in koeng foe, neem selfs aan wedstryde en tentoonstellings deel.

      Gelukkig het ek betyds onthou dat jy nie Ching-kung se naam voor Pa noem nie. En my besige bek beteuel. Net so nice as wat Pa kan wees, net so bedonnerd is hy ook soms.

      Elise het niks gesê nie, net selfbewus met haar mes en vurk in haar bord rondgekrap.

      Toe ek nie saam met haar en Julian gaan eet nie, bring sy ’n skinkbord met kos en ’n kombers stoep toe.

      “Dis al Junie, An. Jy gaan siek word. Julian het ’n lekker vuur gemaak. Hoekom kom jy nie in nie?” probeer sy weer.

      “Ag, kom nou, jy wil my nie rêrig daar hê nie. Nie met só ’n ou op só ’n aand nie. Dis een van jou probleme, weet jy? Jy’s heeltemal te nice. Bekommer jou altyd oor almal. Mense loop oor jou.”

      “Maak jou dan net goed toe.” Sy sit die skinkbord op die tafel neer en staan met die kombers.

      “Ja, Ma,” terg ek. “Ek is warm aangetrek,” probeer ek haar gerusstel en beduie na my sweetpak en trui.

      Sy kyk op en trek haar asem in. “Kyk net die maan. Is dit nie beautiful nie? Ek moet eintlik gou my kamera gaan haal.”

      Lank staan sy so, haar gesig boontoe gekeer. Met die maanlig wat so op haar lang nek en profiel val, verstaan ek waarom Ma altyd so aangaan oor Elise se “klassieke” skoonheid.

      “Heng, jy’s mooi,” sug ek.

      “Wat?”

      “Ek het net gedink hoe ’n stunning Juliet jy sal wees. So ’n regte Engelse roos.”

      “Juliet was g’n Engels nie. Sy was ’n klein pastavretertjie. Mama mia! En moet jy nou nie weer met jou hang-ups begin nie, hoor jy. In jou, my Boere-kleinsus, lê ’n baie spesiale Juliet opgesluit – ’n smeulende minnares vol vuur en hartstog, ’n tierwyfie …

      Elise klem die kombers teen haar vas asof dit iemand is en grom en kreun. “Oh yes, baby. Yes …”

      Sy sak op die bank langs my neer en ons lag tot die trane loop, soos toe ons klein was en mekaar oor die simpelste goed laat lag het. Tot Ma moes keer dat ons histeries word. Sy sit haar arms om my. Ek druk my kop teen haar bors.

      Ek huil nie meer van die lag nie.

      “Shhh …” troos sy en streel my hare. “Ek weet, ek weet. Ek verlang ook na hom.”

      Sy hou my vas tot ek bedaar.

      “Ek gaan die foto maar los,” sê sy. “Dis ’n hartseer maan dié. In elk geval is dit moeilik om die maan af te neem. Die kamera tel nie alles op wat die oog kan nie. Dan is dit net weer ’n teleurstelling.”

      Sy staan op. “En kom jy nou in, An, of moet Juliet by al haar ander probleme nog longontsteking ook hê?”

      “Net ’n rukkie, El. Dan kom ek. Belowe. En voor ek dit naby die kaggel waag, sal ek eers hard hoes. Miskien eers sing … Dalk tap.”

      Sy knyp haar oor, ’n teken dat sy skaam kry. Toe skud sy die kombers oop en hou dit asof sy ’n stiervegter is. “Hoor hier, jou snip, wat dink jy doen ons?”

      “Wat Romeo en Juliet doen. Wat jy en die kombers netnou gedoen het. Ooh yes, baby …”

      “Jy, klein madam, is heeltemal te groot vir jou skoene.” Skielik is dit sag en donker om my. Ek voel die kombers teen my gesig en ruik die mottegif. Vir my is dit ’n lekker skoon reuk.

      Toe my gesig en hande warm is, gooi ek die kombers af. Elise is weg.

      Die maan het hoër geklim. Hy sit vas in die groot jakarandaboom se takke. Die kos het koud geword. Ek proe aan die brousel en kom agter ek is niks honger nie. Sebast was die enigste een wat ordentlik was met Elise oor haar kosmaakpogings.

      En in elk geval moet ek maer word.

      Brody sê ek het die regte look vir Juliet. Dis dié dat sy my vir