101 Bakgat maniere. R.R. Ryger. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: R.R. Ryger
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780795800696
Скачать книгу
en belangstelling in haar oë.

      “Ansie de Bruyn. Haar van is nou Welgemoed. Ek weet nie of dit vir jou spesiaal is nie, maar ek is so verbaas om jou in lewende lywe te sien, dat ek gedink het ek sal jou vertel.”

      Sy glimlag. Skud haar kop effens.

      “Ansie de Bruyn? Wanneer het jy met haar gepraat? En waarom oor my?”

      “Ek het haar ’n paar dae gelede gesien. Ek was met haar suster getroud. Ons het oor jou gepraat, want ek het daardie fantastiese foto’s van jou in daardie tydskrif, waarvan ek liewer nie die naam sal noem nie, gesien.”

      “Jy kan maar die naam sê,” giggel sy.

      “Puik foto’s,” mymer ek. “En smaakvol gedoen.”

      “Watter een was vir jou die smaakvolste? Die een waar ek wydsbeen op die stoel sit, of die een waar ek ’n wawiel maak?”

      Ek lag saam met haar. Sy vat terterig ’n sluk van haar drankie en vee ’n paar hare uit haar oë. Nou eers merk ek haar gebreklike hand op. Die een sonder die glas. Die arm is dieselfde lengte as die ander een, dis net die hand … in plek van ’n hand is daar ’n stuk vleis so groot en gevorm soos ’n groterige gholfbal, en op dit, vyf balletjies – soos ’n baba se toontjies. Daar is ’n tatoe op die bokant van haar vreemde hand.

      “Nice tatoe,” sê ek en neem haar gebreklike hand in my heel normale hand. Die tatoe is ’n drakie. Soos die een op die Walliese vlag.

      Sy laat my toe om na die tatoe te kyk. Dan trek sy haar, uh, hand stadig uit myne. Ons oë ontmoet weer.

      “Wat het Ansie van die foto’s gesê?”

      “Sy was natuurlik jaloers op jou mooi lyf, wat anders?”

      “Ek sal haar graag weer wil sien. Het jy haar nommer?”

      “Ja, maar nie hier nie. Ek sal dit later vir jou gee.”

      “Goed. Later.”

      Ons kyk veelseggend vir mekaar. Dan kyk sy rond, skynbaar verveeld. “Saam met wie is jy hier?” vra sy.

      “Ek het saam met ’n ou met die naam Warren Jevon gekom. En jy?”

      Sy ignoreer my vraag. Lyk bietjie verbaas.

      “Warren? Ken jy hom?”

      “Nie eintlik nie. Ek het hom maar onlangs ontmoet. Hy gaan my dalk help met ’n boek waaraan ek werk.”

      “O? Is jy dan ’n skrywer?”

      “Eintlik ’n joernalis. Maar ek het darem al een boek geskryf.”

      “O? Wat?”

       “Occult Phenomena in South Africa. Part One.”

      “Het jý dit geskryf? Wow! Dan is jy mos Dirk Steyn!”

      Nou is dit my beurt om verbaas te wees. “Moenie vir my sê jy het dit gelees nie …?”

      “Ek het. Wow. Great. Cheers.”

      Ons klink glas. Ek voel soos ’n pas gekroonde wêreldkampioen, ten spyte van die vervelige stuk musiek wat die orkes nou speel.

      Maria trek ’n gesig. “Shit, hier gaan niks aan nie. Kom saam met my, dan gaan luister ons na regte musiek.”

      “Fok, ja,” sê ek dadelik. “Het jy ’n kar?”

      “Jy sal sien,” sê sy skalks.

      Terwyl ons deur die straat donder, weet ek nou waarom sy so windgat was oor haar kar. Dis ’n klein BMW Z3. En sy weet hoe om dit te bestuur met haar snaakse handjie. Ons skiet deur oop ruimtes soos in ’n rekenaarspeletjie. Die kar lewe met, vir my, onbekende stemme. Nine Inch Nails (het Maria geskree) bedreig my sinne. Ek maak my skouers reguit en baklei daarteen en begin dit geniet. Met hierdie tipe musiek durf jy nie net oorgee nie, want dan eindig jy op straat, of in ’n sloot. Dis bangmaak-musiek. Dis soos brandwurms in jou oor. Nee, soos ’n skop tussen die bene.

      Ek word ’n akteur, een wat weet wanneer om te praat en wanneer om te maak of ek luister.

      Gou is ons aan die dans. Hierdie is nog ’n plek waarvan ek nie geweet het nie. Klomp mense wat rondspring. Ons drink bier en skree en lag.

      Nou in my slaapkamer. In die sitkamer het ek Patti Smith se Easter gekies. Musiek wat Maria nie ken nie.

      “Fokken great!” het sy uitgeroep toe die eerste lied gespeel het – “Till Victory”.

      Duane was nêrens te sien nie. Dankie tog.

      Die tweede lied: “Babeloque”. Patti Smith op haar beste. Die hande wat haar aanhits om beheer te verloor en soos ’n sjamaan haar gedig uit te spoeg.

      Seks op Maria se gesig. Dus: “Rock ’n’ Roll Nigger”. Die dringende kitare het ons in mekaar se arms gedryf.

      Nou in my slaapkamer. Ek trek my klere uit en staan kaal voor haar. Sy kom na my toe en liefkoos my liggaam. Ek weet ek lyk skaflik, want ek oefen ten minste twee maal ’n week met gewigte.

      Ek soen haar nek en dan haar mond. Sy proe na sigarette en bier. Sy glip uit haar klere en gaan lê op haar rug op die bed. Sy druk haar borsies met haar heel hand. Die ander een seil af na haar donker strepie pubiese hare. Haar toonvingertjies tussen haar bene. Ek hoor haar asemhaling. Dis die mees erotiese ding wat ek nog beleef het.

      Vreemdelinge

      Alleen in my woonstel. Die son is besig om teen die gordyn te druk toe ek wakker word, en Maria is weg. Daar is net die glas waaruit sy gedrink het en haar droë sweet op my lyf.

      Ek gaan vind haar dadelik weer in die tydskrif, en beleef weer ons nagtelike kontak. Toe gaan bad ek.

      Buite is dit nog steeds koud. Ek staar by die venster uit en wonder oor Maria. Waarom het sy geloop sonder om te groet? Sy kon darem ’n nommer gelos het. Was ek vir haar net ’n one night stand?

      En Duane. Geen boodskap nie. Ek raai maar hy is terug Kaapstad toe. Maar dalk is hy net iewers by vriende uitgepass. Sy selfoon is af.

      Nee, hy sou nie nou al teruggegaan het Kaapstad toe nie. Ek moet hom nog betaal.

      Ek kyk na my e-pos. Junk-kak. En ’n pot snot oor porno. En paranoia van Jacques Olivier:

       Pasop! Satanisme is maar net nog een tentakel van die Illuminati. Onthou, Illuminati beteken “die ingeligtes” of “draer van die lig”, wat na Lucifer of Satan verwys. Die persone wat Satanisme en sulke organisasies beheer, druk vir dieselfde ding – ’n Een Wêreld Orde, met hulle aan die bopunt om die wêreld te neem na slawerny en fascisme! Party van hulle is aliens en ander kry hul bevele van aliens!

      Ek sien Jacques is weer op een of ander trip oor sy Sumeriese geskrifte. Die Broederbond van die Slang.

      “Die mens is deur drakoniese aliens geskep,” het hy my eenmaal vertel toe ons, verbasend genoeg, mekaar van aangesig tot aangesig aangekyk en bier gedrink het. “Die aliens het na hierdie planeet gekom om ons goud te gryp. Maar die blêddie bliksems was lui, of miskien het hulle papperige vingertjies gehad en kon hulle nie grawe vashou nie. So, een van hulle wetenskaplikes, ’n meneer genaamd Ea, het ons geskep. Ons is ’n mengsel tussen ’n primitiewe vorm van lewe van die aarde en die blêddie aliens!”

      “Wat vertel meneer my nou?” het ek sarkasties gegrinnik.

      “Ja! Ons voorvaders het as slawe gewerk en kon nie babas kry nie. Toe voel Ea sleg en vertel sy skepping die waarheid. En die waarheid is dat elke individu ’n gees is wat in ’n liggaam gehuisves word en dat elke gees voortleef wanneer die liggaam sterf!”

      Sy dringendheid het my bekommerd gemaak. Ek het teruggesit in my stoel, en net my een wenkbrou gelig. Dit het hom skynbaar verder aangehits.

      “Ja! Ja! Ea se base was natuurlik die moer in vir hom, want hy het ’n blêddie revolusie begin, en hy is hierheen gedeporteer vir ewig en altyd. Maar