Klassiek reeks: Na die geliefde land. Karel Schoeman. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Karel Schoeman
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780798159975
Скачать книгу
het sy ook nie meer daarna gekyk nie.

      Die vrou staar hom nog aan oor die tafel. “Jy is moeg,” sê sy dan besorg.

      “Ek het nie goed geslaap nie,” sê hy. “Ek kon in die vlieg­tuig nie slaap nie, en verlede nag in die hotel was alles vir my nog te vreemd om tot rus te kan kom.”

      Sy kyk vraend na Hattingh. “Jy kan hier slaap,” sê hy.

      “Is dit nie ongerieflik vir u nie?”

      “Ek moet net die bed gaan opmaak,” sê die vrou, en staan al op.

      “Ons lewe eenvoudig, soos ek vir jou gesê het,” sê Hattingh, “maar dis omdat die omstandighede moeilik is. Ons het nie af­geleer om gasvry te wees nie.”

      Die meisie het koffie gaan haal en kom nou rond om vir hulle in te skink; die jong mans het hulle stoele van die tafel teruggestoot en praat af en toe in lae stemme met mekaar sonder om George meer aan te kyk.

      “Jy kan nie nou teruggaan dorp toe nie,” sê Hattingh. “Dis nie veilig om in die donker alleen rond te ry nie, en daar is bowendien ook nie eers ’n behoorlike hotel nie. Ons moet nog gesels, jy moet ons van jou moeder vertel, van jou ouers.” Dan kom die vrou terug en gaan agter sy stoel staan, haar hand op die leuning. “Ons gaan vroeg slaap,” sê hy, “want ons moet soggens vroeg opstaan, daar is genoeg werk op die plaas, meer as genoeg. Ek sal jou wys waar jou kamer is. Môre gesels ons verder.”

      Styf van die koue en van die lang reis, onseker op sy voete van die moegheid, knik George vir die jongmense om die tafel, wat opkyk maar geen gebaar maak nie, en volg Hattingh langs die donker gang na sy kamer.

      Met sy aankoms kon hy in die lig van die koplampe net die pad voor hom sien, en toe ’n hek, bome, en die blinde muur van die plaashuis waar hy stilgehou het om na die pad te vra. Nou sien hy die verlate werf, die buitegeboue en skure met verroeste dakke, ’n trekker en dromme. Dit is al laat, maar in die huis is alles stil en buite is daar niemand nie. Hy stap doelloos oor die werf en verby die buitegeboue tot by ’n doringdraad, waar hy bly staan om uit te kyk na die land anderkant die laaste yl bloekombome, leeg en kaal en eensaam, die lae lyn daarvan onverstoor deur heuwels of huise. ’n Bietjie onbegrypend staar hy daarna en wag op ’n verklaring vir die liefde, hunkering en trou waarvan hy lewenslank getuie was sonder dat hy self ooit daardeur geraak is. Daar kom egter geen antwoord nie: hy vind net die eensaamheid en stilte as selfgenoegsame feite voor hom.

      Die meisie wat hy die vorige aand in die kombuis gesien het, kom oor die werf met ’n vol sak op haar skouer en gaan staan vir ’n oomblik asof sy geskrik het, maar dan herken sy hom.

      “Kan ek jou help dra?” vra hy, maar sy skud haar kop.

      “Ek gaan maar net stoor toe,” antwoord sy, en stap verder.

      Die gehuurde kar staan nog waar hy gisteraand in die don­ker stilgehou het, en hy gaan daarheen, die enigste vertroude voor­werp op hierdie plek. Waar is die plaasmense, wonder hy, en hoe moet hy van hulle afskeid neem? want dit is tyd om verder te reis. Maar die meisie het verdwyn en kom nie terug nie, en die half­oop kombuisdeur bly roerloos, die drumpel leeg.

      In hierdie stilte waarin daar skaars ’n voël roep, sou elke ge­luid hoorbaar moet wees. Hattingh is egter naby, byna naby genoeg om hom aan te raak, voordat George opkyk en hom sien.

      “Bekyk jy die plaas so ’n bietjie?” vra hy, “Ja, dis die laaste jare verwaarloos, dis nie meer wat dit was toe ek begin boer het nie, maar ons moet seker dankbaar wees dat ons dit nog het, verwaarloos of nie. Dis ’n familieplaas, ’n erfnis van my oupa­grootjie, maar in daardie dae had hulle nog die geld en die volk om dit te onderhou. Hy sou nie baie van ons dink as hy dit vandag moes sien nie, selfs my oorlede vader sou nie baie ge­lukkig wees daaroor nie. Hy’s dood in die tyd toe alles goed gegaan het.” Met sy hande in sy sakke staan hy nog ’n rukkie en nadink voordat hy George vra om te kom eet.

      Waar die vrou was, weet hy nie, maar wanneer hulle binne­kom, is sy in die kombuis besig, en aan een end van die tafel is daar vir hom ’n plek gedek. Terwyl hy eet, bly sy langs hom staan om vir hom koffie te skink, om dinge aan te gee en te kyk dat hy alles het wat nodig is.

      “Jy is seker gewoond aan beter kos oorsee,” sê sy.

      “My vrou wil nog vir alles verskoning maak,” sê Hattingh. “Ek doen dit nie meer nie. Jy kom van die buiteland, maar jy weet hoe sake hier staan, jy sal ons vat soos jy ons kry.”

      “Ons het nooit baie gehoor oor wat daar hier gebeur nie,” sê George. “Ons het selde mense gesien wat ons kon vertel hoe dit gaan.”

      “Het jou ouers baie terugverlang?” vra mevrou Hattingh.

      “My moeder het, in elk geval in die laaste jare, toe sy ouer word en dikwels siek was.”

      “Wanneer is sy oorlede?” vra mevrou Hattingh, haar oë af­gewend.

      “’n Paar maande gelede.”

      “En jou vader, lewe hy nog?”

      “Hy is al ’n paar jaar oorlede.”

      “Hy was in die diplomatieke diens gewees, nie waar nie?”

      “Ja, hy is oorsee gestuur toe ek nog ’n kind was, dit is waar­om ek in die buiteland grootgeword het.”

      “Julle was gelukkig dat julle betyds weggekom het,” sê Hat­tingh. “Maar die belangrike mense en die rykes het oor die algemeen vroeg padgegee, nog amper voordat óns gewone mense wis dat daar iets verkeerd is. Met hulle koffers en hul kratte en hul geld in buitelandse banke.”

      “Hulle was bang,” sê George.

      “Ja, seker, en moontlik het hulle ook rede gehad, maar daar was ander mense wat bang was en tog gebly het.” Stadig begin hy sy pyp stop terwyl hy praat. “Daar’s twee soorte mense hier in die land,” sê hy: “dié wat gebly het omdat hulle nie kon weg­kom nie, en dié wat gebly het selfs al kon hulle gaan.”

      “Wie is in die meerderheid?” vra George.

      “Wat dink jy? Dis maar ’n handjie vol wat uit hulle eie be­sluit het om aan te hou; maar dis ons beste mense, dié van hulle wat oorbly.”

      Sy vrou het ongeduldig gewag dat hy moet klaar praat. “Ken jy baie Afrikaners oorsee?” vra sy vir George.

      “My vader het die laaste jare onder die Afrikaners in die buite­land gewerk, hy het hulle gehelp met geld en werk en dokumente en so meer, en my ouers het ook baie onthaal – daar was altyd mense by ons aan huis.”

      “Ken jy miskien die Hugo’s?” vra sy gretig. “Danie Hugo-hulle, die regter se seun?”

      “Hulle woon nou in Amerika, glo ek, hy werk daar as ingenieur. Dit gaan goed met hulle.”

      “Karin Hugo was een van my beste vriendinne. En Mona Oosthuizen, Mona en Nico?” Sy gaan oorkant hom aan die tafel sit en begin hom uitvra oor die een naam ná die ander, byna vinniger as wat hy kan antwoord: familielede en verwante, skool­vriendinne, medestudente, kennisse en bekendes. Die name wat sy noem, is dié van mense wat vroeër welgesteld was, be­langrik in akademiese kringe, die regte en die politiek, en die meeste daarvan is hom ook bekend. Hy onthou bekendstellings op onthale en by eetmale, die gefluisterde inligting, die ou, ver­geelde etiketjie wat aan elkeen vasgebind is om hom te identifiseer, soos die etikette aan die plante en jong struike in die tuin. “Senator Lindeman …” “Professor Van den Heever …” “Sy was ’n nooi Du Plessis …” “Tog nie Sampie se suster nie?” Die titels het gewoonlik niks meer beteken nie en die hele verwysingsisteem het al lankal uitmekaar geval, maar nog het hulle aan titels en verwysings vasgehou soos aan ’n reling op die steil en donker trap van die werklikheid.

      Mevrou Hattingh sit met haar hande gevou op die tafel voor haar en haal name op uit haar herinnering, glimlaggend van verwondering oor die feit dat George hulle almal ken, sonder om egter te probeer volg wat hy haar alles vertel. “Hy het goed getrou,” val sy hom in die rede, “Erna se pa het ’n vier, vyf plase gehad. Ons was by hulle troue gewees, onthou jy nog,