Die sneeuslaper. Marlene van Niekerk. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Marlene van Niekerk
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780798153478
Скачать книгу
het ek my verbeel ek sien hom, die wit kop van iemand voor my op ’n drukke sypaadjie en skielik het die gevoel my beetgepak dat ek nie moes uitroep en hom agternahardloop nie, dat as hy sou omkyk en my sien, ek verlore sou wees. Ek het die gevoel gekry dat ek self reeds lankal agtervolg word, en wel deur iemand wat dink dat hy of sy my herken. Ek het agtergekom dat ek een is van ’n stoet, ’n stille prosessie van soekers en vermistes in die stad, almal van ons aan die pols gebind aan dieselfde eindelose swart lint, almal mense wat dink dat hulle ’n weggeloopte, ’n eens verdwene persoon dalk gevind het, en bang is om dié hoop kenbaar te maak, bang om teleurgestel te word, en liewer meeloop in die troos van ’n gemeenskap van gelykgestemdes, die troos dat mens nie alleen is nie, maar dat jy behoort tot die onverbreeklikste broederskap op aarde, naamlik die broederskap van agtergeblewenes, die gemeenskap van oorlewendes, van nagelatenes.

      En so, geagte toehoorders, eindig Kasper dan by die begin, in die portiek oorkant sy eie woning waar hy sy fluisteraar die eerste keer gesien het. Van honger en uitputting raak hy daar aan die slaap by ’n graad of twee onder vriespunt. Hy val in ’n koma. Die stadspolisie pik hom op en lewer hom by die hospitaal af, soos hy dit stel: Sonder naam, sonder papiere, net met my storie en my behoefte om dit te vertel aan die één persoon op aarde wat dit sou verstaan.

      Toe daar na nog twee maande geen vreemde pakkies meer aangekom het nie, het ek ’n nuwe kassetspeler gaan koop en Kasper se kassette ingepak en na die Sederberge gereis. Hoe dieper ek die berge in is, vanaf die Gydopas almaardeur rigting Clanwilliam, hoe meer het ek die gevoel gekry ek is op die regte spoor. Die plaas Dwarsrivier het ek maklik gevind, ek het afgepak by ’n kampeerplek met die naam Sanddrif. Die sand in Kasper se koevert was presies dieselfde as wat ek daar langs die rivier gekry het. Snags in my tent het ek die bandjies beluister, drie-en-vyftig onderskeibare voordragte. Ek het tot die slotsom gekom dat dit gedigte was, opgeneem heel digby lopende water, of in die mond van waaiende gras, asof Kasper vir sy stem ’n soort pedaalpunt wou voorsien, nie ’n forse baspedaal soos hy hoor in die orrelwerke van Bach nie, maar ritselend, kabbelend asof die tyd ’n instrument is waarop gras en water speel met transparante vingers. Met my kassetspeler het ek hele dae lank langs die rivier op en af geloop tot ek gekry het wat ek gesoek het, ’n spesifieke mineur murmeling van water oor ’n klipplaat by ’n kleinerige maalgat, en verder ’n staning riet met wit kwaste wat op ’n syerige manier geritsel het soos Chinese simbale. Dit was die bygeruise wat Kasper gekies het om sy stem te maskeer.

      Bleek, oorgevoelige Kasper, hoe koud sou hy nie in die winters kry in daardie barre klowe, by daardie donker stroom nie? Daar waar hy hom gebuig het na die wind, na die water met sy lied? Sou hy sy strikdas opgehang het aan ’n riet? Sy onderbaadjie aan ’n alewee, sy vulpen leeggeskud het in die sand?

      Hoe ek ook al luister – en dames en here, ek luister nou nog, ek sal nooit ophou luister nie – ek kan die woorde van die gedigte nie uitmaak nie. As dit woorde is, bygesê. Wat ek duidelik kan hoor, is die stewige inset van die tema, en dan die teenbeweging daarvan effens gevarieer in klinkers en die medeklinkers, gestut en opgebou deur herhalings en refreine, manjifieke edifiese van klank. Ek kan die ritmes uitmaak, die ritmewisselinge, die lengte en kadens van die reëls, hulle omkerings en verlengings en verrykings, die klimakse, die verlangsamings en die versnellings. Ook die toon en die gevoel van elke voordrag, soms elegies en gedrae, soms uitbundig, dikwels skrynend ekstaties, altyd met ’n sangerige kwaliteit. Die argument van die klanke kan ek agterhaal, of liewer die navorsing wat via klanke gevoer word, die soeke na ontwikkelings- of variasiemoontlikhede vir die hooftema, maar nie die betekenis nie.

      My werk, weet ek, is vir my uitgemeet vir die res van my lewe. Ek is die eintlike dummy, sien, die mock-up professor, en die liewe here weet wie skryf in my. Iemand het my ’n tong aangesit. My verdiende loon, sou ek sê, as dit my vermiste student is, of sy vermiste vriend. Maar ek sal nie opgee nie, dis genoeg dat daar twee mense spoorloos verdwyn het. Ek sit in my jaart, en die seisoene kom en gaan oor my, ek skryf nie meer romans nie, ek sien myself as ’n vertaler. Ek bestudeer die lyste klankverbindings wat Kasper in my boek, my leë afskeidsgeskenk aan hom, opgeteken het. Ek maak met behulp daarvan die een na die ander vertaling van elkeen van sy klankgedigte. As ek een voltooi het, lees ek dit unisoon met die klankpatrone in die ooreenkomstige opname en werk daaraan totdat dit so presies as moontlik pas op sy stem. Veel gaan verlore in die proses, miskien word iets gewen. Ek skrap die adjektiewe, ek skrap die idees, ek heg die woorde net-net aan betekenis, want betekenis is bysaak. Wat belangrik is, is die materialiteit van die woorde. Hulle moet word soos sandkorrels, onverskillig van gewig, soet, wit, droë sand wat nie omgee dat mens dit deur jou vingers laat lek nie. Twee keer per jaar gaan ek na die Sederberge, na daardie maalgat, na daardie staning vleiriet, en dan lees ek my nuutste vertalings daar hardop voor, in die hoop dat die water en die rietkwaste dit sal verder fluister, miskien na hom toe sal deurfluister, as hy nog daar êrens is.

      Sal ek my jongste poging met u deel? Ek dra dit op aan my verlore student, die een van wie ek alles geleer het wat ’n skrywer moet wéés, wat, let wel, iets anders is as wat ’n skrywer moet skrýf.

      Oggend van ’n waterfiskaal

      Allagot! geglip uit die knukkels

      van hierdie kant se koskans- en hansmaker,

      wip die waterfiskaal die oggendkier in,

      kaneeeeeel van verbasing op sy bors,

      onder sy kruidnagelkloutjies die rinkink-rulle

      spiksplinterspuwende Dwarsriviersand,

      tinktuuuuur van manelkwik geveer op sy flanke,

      strak in die frak die keil platgekam

      akkelief hy oor die akkers tot die waterkant, kyk!

      triljarrrrrrrrrrde klein en groot fiskale innie spiekspiegel –

      hokaai kohorte kansvatters –

      wat hy konter met pronkstand akimbo,

      knipstert na die kindlig in die oewerkrui,

      en wegstaan, kykso, eeeeene ollewagen onderbaadjie,

      hy is die slim en innigste godontglipper

      hier in die prilwilde hoogmakerson,

      !tewiek in sy keel sit sy roepnaam !tewiek

      soos ’n klok in die bergkut ketoooools

      van die mondsagte môre.

      * Professorale intreerede gehou op 12 Augustus 2008 by die Universiteit van Stellenbosch

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RRtRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABBkAAAAEBAAMAAAABCgAAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzow OToyNCAxMjowMjo1MAAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAEucAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMV ExMYEQwMDAwMDBEMDAwMDAwMD