Blywende woorde. Sylvia de Kock. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Sylvia de Kock
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315908
Скачать книгу
elke keer opnuut besef daar is geen manier om die ewige lewe in God se teenwoordigheid deur te bring sonder om Jesus as die Seun van God te erken nie. Daar is baie ideologieë, baie filosofieë en baie denkrigtings in die wêreld. Daar is mense wat ander met hoë, geleerde terme wil oortuig dat die leer van Jesus Christus en sy opstanding nie waar is nie. Hierdie mense wil bloot ander se ondergang bewerkstellig. Net die Seun van God kan vir jou die lewe hierna oopsluit. Moet nooit staatmaak op ander se twyfelagtige maniere van doen en dink nie. Die God van liefde het ons juis so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het. Waarom sal ons twyfel aan ’n liefde van die Een wat Homself, sy eie lewe, op die spel geplaas het ter wille van ons?

      Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

      – JOHANNES 14:6

      20. Ouderdom kán vrug dra

      20

      Ouderdom kán vrug dra

      Eenmaal word ons almal oud en stil, en weet dan wat werklik waarde het en wat maar uitgeblus kan word.

      – VIOLA RENVALL

      My ma reken dis wat die ouderdom doen: Dit gee jou perspektief op die lewe. Dit skei die kaf van die koring. Jy besef wat regtig belangrik is en wat gerus maar geïgnoreer kan word. Die ouderdom het die voordeel dat dit jou moed gee, maar ook versigtig maak. ’n Mens is dus nie meer so dwingend impulsief nie, maar jy is, as jy daarvoor vra, vol geestesenergie. Dis hierdie lewenslus wat jy as ’n besitting moet waardeer, want nes jy niks materieel gehad het toe jy ’n baba was nie, so sal jy ook niks saamneem wanneer jy die dag sterf nie. Daarom is geestesgoedere die heel, heel belangrikste besittings wat ’n mens kan hê. Die vrugte van die Gees is wat jy bymekaar moet maak. Die vrugte van die Gees is “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing” (Gal 5:22). Vra God om jou te help om hierdie vrugte mettertyd in jou lewe te laat ryp word sodat dit sigbaar word. Dan sal die naam wat jy agterlaat, ’n goeie een wees en jou voorbeeld betroubaar.

      Alles in aanmerking geneem, het ons tog niks saamgebring toe ons in die wêreld gekom het nie, en ons sal ook nie enigiets saamneem wanneer ons sterf nie. As ons dus genoeg kos en klere het, laat ons tevrede wees.

      – 1 TIMOTEUS 6:7–8 (NLV)

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RgVRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABDiIAAAEBAAMAAAABCvkAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzox MDowMSAxNDoyMDo0NwAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZuoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAFo8AAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKC