Blywende woorde. Sylvia de Kock. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Sylvia de Kock
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315908
Скачать книгу
nie, maar belangriker nog, teenoor ander. Voordat jy oordeel, stel jouself in daardie persoon se plek, want dit is waaroor liefde gaan. Liefde is om by iemand anders se wêreld in te stap en met deernis daarna te kyk. Die tweede gebod, naamlik om ander lief te hê soos jouself, beteken niks anders as dit nie: Jy moet ’n ander mens se gedagtewêreld betree en leer om jou in iemand anders se lewensomstandighede in te dink. Jy moet met sy of haar oë kyk. Dit verg verbeelding. En dit is wat verbeelding in der waarheid is: die vermoë om iemand anders te verstaan. God vra dit van jou. As jy dit doen, kan jy nie veroordelend lewe nie. Jy sal bepaald nie sommer links en regs oordeel nie. Jy sal wys word. Onthou, ontwikkel jy nie hierdie verbeelding van jou nie, bestaan die moontlikheid dat jy gestraf kan word. Veroordeling bring straf mee.

      Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; … met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.

      – MATTEUS 7:1–2

      7. Wie regeer jou lewe?

      7

      Wie regeer jou lewe?

      Mense leef in prentjies en stories. Dalk kan beelde en persepsies hierby gevoeg word. Hierdie prentjies, stories, beelde en persepsies bestaan in ons hart en het ’n groot invloed op ons gedrag: wat ons dink, glo, doen en sê. Mense dink hul brein beheer hul lewe, maar eintlik is dit hul hart wat oor hul brein regeer.

      – HETTIE DE JAGER

      Daar is die verhaaltjie van die kind wat by die hospitaal instap. Hy kyk rond en haas hom na die inligtingstoonbank. Die verpleegster by die toonbank kyk na hom en vra: “Waarmee kan ek jou help?” Die jong seun kyk met ernstige oë na haar en vra: “Is hierdie die orgaanskenkingskliniek?” Die verpleegster beduie vir hom waarheen om te gaan en vra hoekom hy soontoe wil gaan. Opgewonde antwoord hy: “Ek wil my hart vir Jesus gee.” Die kind het ’n sekere persepsie, beeld of prentjie van Jesus. Die kind se optrede bevestig dat hy Jesus met kinderlike geloof in sy hart toegelaat het sodat sy hart sy gedagtes, doen en late kan regeer. Dit is ook tog so onskuldig, en juis die tipe prentjie en persepsie wat Jesus in ons harte soek. Ons moet ons harte vul met Jesus se teenwoordigheid sodat dit wat ons dink, sê en doen, tot eer van sy Naam kan wees. Laat jou optrede uit ’n Geesvervulde hart kom.

      Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

      – SPREUKE 4:23

      8. Loof die Here

      8

      Loof die Here

      Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.

      – 1 SAMUEL 2:1, HANNA, SAMUEL SE MOEDER

      Rondom Hanna was daar politieke verdrukking, maar Hanna was nie daarmee besig nie. Sy was voortdurend besig om met ’n intieme, persoonlike probleem te worstel. Sy kon nie kinders hê nie. Watter vrou sal nie met haar kan identifiseer nie? Boonop is sy bespot daaroor. Sy gaan na die tempel met bitterheid in haar gemoed. Om te bid. En sy lê ’n gelofte aan God af. Sy sal haar seun vir sy diens skenk as Hy haar tog net ’n kind sal gee… Sy vat nie nee vir ’n antwoord nie. En God, ons God, verhoor haar gebed, want sy bid volgens sy wil. Hy is aan haar kant. Hy is ook aan ons kant. Sy kinders kan dit maar weet. Hanna moes haar seun weer prysgee, maar toe het sy God jubelend geprys. As ons in die Here juig, sy Naam prys en volhard in gebed, sal Hy ons hart met vrede en vreugde vul. God kan omstandighede verander. Lof kom Hom toe!

      Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd.

      – PSALM 113:2

      9. In God se krag

      9

      In God se krag

      Ons het nodig om in die rivier van die lewe op die krag van sy teenwoordigheid te drywe.

      – JOYCE MEYER

      Op watter bootjie wil jy op die lewensrivier vaar? Die een wat deur jou eie twyfelagtige krag gestuur word of liefs die boot wat deur God se almagtige teenwoordigheid gestuur word? As jy op jou eie krag staatmaak, sal jou bootjie vir seker omkeer, maar as jy op God se krag staatmaak om jou boot te stuur, sal jy by die oewer van sy groot genade uitkom en jou voete op sy grond kan sit. Sonder sy almagtige teenwoordigheid sal jy dit nooit maak nie. Dit is ’n feit van die lewe wat ’n mens elke dag opnuut ontdek juis wanneer jy self aan die stuur van sake wil staan. Die rivier van die lewe is soos om sonder enige ervaring ’n witwatervaart aan te durf. Daar is verskillende vlakke van gevaar, worsteling en suiwer vrees. Sonder God se hand en sy bestaan in jou hart sal jou bootjie omkeer. Hou vas aan God se teenwoordigheid en glo dat Hy jou deur stormwaters sal lei.

      … die evangelie … is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo.

      – ROMEINE 1:16

      10. Bid jou probleme weg

      10

      Bid jou probleme weg

      Enige probleem wat te klein is om oor te bid, is te klein om ’n bekommernis te wees.

      – CORRIE TEN BOOM

      Die enigste manier om te oorleef is om gebed so noodsaaklik soos asemhaling te maak. Gebed moet iets wees waarsonder jy nie kan oorleef nie. As jy God vertrou, sal jy jou gedagtes kan rig op die dinge wat daar bo is. Dan sal klein dingetjies wat jou kwel, regtig nie saak maak nie. Onbenullige, hinderlike dinge sal vervaag in die groter prentjie van elke dag. Ons loop elke dag met bekommernis en wonder wat ons gaan doen. Het jy al gewonder wat gedoen kan word as jy bid en God van jou probleem vertel? Ja, die Here weet reeds wat in ons harte aangaan, maar Hy wil hê ons moet bid en vra. Deur te bid kommunikeer ons met die Here. So ontstaan ’n gebedsverhouding wat ons gedagtes stuur, sodat ons ons meer kan toespits op God en sy koninkryk. Dan wyk bekommernis. Deur gebed kan ons ons gedagtes rig op dit wat mooi, eg en vredevol is. Gebed laat ons die groter prentjie sien, God se prent van wat eintlik moet wees.

      Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie.

      – KOLOSSENSE 3:2 (NLV)

      11. Wees dapper en luister

      11

      Wees dapper en luister

      Wees dapper genoeg om te doen wat jy voel God wil hê jy moet doen. Luister na God se stem om jou te lei.

      – JOYCE MEYER

      Het jy dit al gehoor? God se stem? Nee, nie noodwendig in klanke of woorde nie. Wel op allerlei maniere. God is elke oomblik van die dag met ons in gesprek. Wanneer ons moeg is, wanneer ons bekommerd is, wanneer ons bang is en wanneer ons net wil hoor dat God daar is. Om vreesloos te kan doen wat ons wil doen, moet ons ook luister. Soms hoor ons net wat ons wil hoor, maar luister ons dan werklik na wat God sê? Hy praat met ons deur sy Woord en deur die Heilige Gees. Ware wysheid manifesteer wanneer ons werklik na God se stem luister en vir ’n sensitiewe gees bid om sy teenwoordigheid aan te voel. Om God te kan hoor moet ons ons hart en gedagtes instel en glo dat God God is. As ons hart en gedagtes nie oopgestel is om te hoor nie, hoe kan ons dan verstaan wat God vir ons wil sê? Raak opgewonde en hoor God se Woord.

      Gee daarom aandag aan wat jy hoor. Aan dié wat hulle oopstel vir my lering, sal groter begrip gegee word. Maar dié wat nie luister nie, van hulle sal selfs dit wat hulle dink hulle het, weggeneem word.

      – LUKAS 8:18 (NLV)

      12. Jesus se hartseer

      12

      Jesus se hartseer

      Hoe moes Jesus gevoel het om al die onreg te aanskou wat sy Vader aangedoen word? Miskien het dit Hom baie meer hartseer besorg as die pyn van sy eie lyding.

      – TERESA VAN ÁVILA

      Jesus moes elke dag sien hoe mense God se wet oortree, hoe minagtend hulle teenoor God se Woord is en hoe min mense vir mekaar voel. Doen ons nie maar dieselfde nie? Ons luister nie na die Vader se Woord nie; ons is gereeld ongehoorsaam en sonder dat ons dit dalk besef, maak ons Jesus baie hartseer. Ons raak gewelddadig in ons gedagtes, in die verkeer of sommer