Onthou my. Helena Hugo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Helena Hugo
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796322463
Скачать книгу
goedheid, maar sy het alles verloor wat vir haar bekend was. Dis nie meer winter nie. Die seisoen het gedraai in een dag en een nag. Sy het son gekry, see en sand, oumas en oupas, speelgoed om hare wat agtergebly het, te vervang. Dis te veel, maar dis nie genoeg nie. Sy mis haar Daddy.

      Liewe Here, sy is ek, toe ek vyftien jaar gelede hier aangekom en my snags aan die slaap gehuil het. Ek het Ouma en Oupa ’n lewe gelei oor my mamma en my pappa. Hoekom vir Jenny verkwalik?

      “Jou ouma is raadop.”

      Dit neem ’n sekonde of twee voordat Bennie se woorde by haar insink.

      Jenny knibbel aan ’n broodjie, sy loer na hulle, haar oë blink van trane.

      “Jenny-by, kom sit hier by Mamma.”

      Jenny wil nie. Sy druk die broodjie met albei hande onder haar ken in en staan waar sy staan. Bennie maak sy bene reguit, laat rus sy hande op sy knieë, kyk af. Wat dink hy nou? Dat sy hulpeloos is, ’n hopelose ma? Sy kry lus om op te spring, Jenny te gryp, saam met haar te gaan huil tot hulle albei uitgehuil is. Maar oupa Koen en uncle Abie maak hul verskyning en ouma Leen roep almal bymekaar sodat Oupa die tafelgebed kan doen. Bennie hou sy hand na Janine toe uit. Sy ignoreer dit en vou haar hande op haar skoot.

      “Hemelse Vader, ons dank U vir onverdiende gawes.” Oupa se stem bewe, hy is aangedaan. “Seën die voedsel wat vir ons voorberei is deur gewillige hande. Dankie vir ons samesyn met familie en goeie vriende. Ons dink aan eensames en armes, oues van dae en siekes in hospitale en tuis. Ons bid dit alles met die vergifnis van ons sondes, amen.”

      “Amen,” beaam uncle Abie en Bennie.

      Die vroue, soos dit hulle betaam, volg byna onhoorbaar. Oupa Koen se woorde hang nog in die lug. Wat meer wil die Here hoor as dat hulle almal saam, en van sy seën afhanklik is?

      “Julle kan kom skep, elkeen vir homself.” Dis ouma Leen wat haar deel doen. Sy lyk moeg, haar taak raak by die dag gewigtiger.

      Janine vat ’n kleinbordjie, kies die sappigste happies vir Jenny wat haar kop skud en die vredesoffer wegstoot. Ouma Leen paai en Janine praat mooi. Jenny weier en amper beland die bord op die grond.

      “Te veel worsies?” vra Ouma. “Is sy nie honger nie?”

      “Sy is, vir ’n roomysie!” Oupa Koen sit sy arm om Jenny. “Dankie, Oupa?”

      “Dankie … Oupa.” Jenny glimlag met Greg se glimlag, die ene kuiltjies en selfgenoegsaamheid.

      Janine wil beswaar maak. Dis verkeerd om moedswillige kinders met soetgoed te paai, maar sy sien nie kans vir nog struweling nie. Jessie is buitendien klaar op pad yskas toe. Janine laat dit daar, kies vir haar ’n tjoppie met min vet en gaan sit langs Bennie wat sy braaivleis geniet asof niks hom ontstel het nie.

      Om die tafel gaan dit vrolik. Oupa Koen en uncle Abie vertel visstories. Aunty Anny en ouma Leen sorg vir korreksies, die staaltjies kom hoeka uit almal se kinderdae. Uncle Abie vertel die een van die man wat sy vismes verloor en dit jare later in ’n snoek se bek teruggekry het asof hy ook op die skuit was toe dit gebeur het. Toe sy vrou beswaar maak, verander hy en oupa Koen van koers en herinner mekaar aan doerie jare se goeie vangste. Ouma-hulle luister nie meer nie, hulle ontleed Huisgenoot se jongste kerrievisresep.

      Ouma Leen het nie ’n nuwe resep nodig nie, sy het al emmers vol ingelê: “Totdat ek naderhand nie die visreuk onder my naels kon uitskrop nie.”

      Bennie leun na Janine toe oor. “Nes ghries. Onthou jy die Mustang?”

      Jessie het haar vertel dat die vriendskap tussen Bennie en Herkie doodgeloop het. Sy maak of sy nie weet nie. “Loop hy nog?”

      “Weet nie, ek hou nou my hande skoon.”

      “So, jy en Herkie restoureer nie meer karre nie?”

      “Hy’s getroud.”

      “Ouma Leen het gesê.”

      “Sy’s ouer as hy, so ’n opgesmukte vroumens, praat net Engels, rook dat die blou dampe staan. Sy’t die garage op die dorp gekoop, toe hoor ons sy en Herkie ken mekaar. Ryk, haar pa het glo ’n goudmyn iewers in die Vrystaat. Toe hulle trou, gee hy hulle nog ’n garage op Clanwilliam of Citrusdal, een van daai plekke. Hulle het Herkie-hulle se huis gerestoureer, jy moet dit sien om te glo. Sy ouers is in Lambertsbaai in die ouetehuis, dis nie reg nie. Noudat die huis omgebou is, wil Jane trek. Herkie kom net winkel toe om te spog. Hoekom eet jy nie?”

      “Ek is nie honger nie.”

      “Gee jou tjoppie, ek maak dit klaar. Mens mors nie met kos nie.”

      “O, as ’n man uit ’n vrou se bord begin eet …!”

      Jessie terg skaamteloos, maar Kersvader het opgedaag. Vet en vrolik pyl hy op Jenny af wat verskrik by Janine kom skuiling soek.

      4

      Om Jenny se warm lyfie op haar skoot vas te hou en die kinderlike opwinding met haar te deel, is vir Janine oorgenoeg. Vrede is al wat sy vir die res van die aand begeer. Die feëliggies wat oupa Koen met Bennie se hulp opgehang het, is aangeskakel en het die skemer tuin in ’n towerland omskep. Selfs Riekie kraai van plesier en klap handjies met aunty Anny se hulp.

      Ou Kersvader, wat seker besef hy raas te veel, laat sak sy stem, praat gerusstellend, prys die kinders wat heeljaar deur soet was en die grootmense wat nog aan stories glo. Sy rooi jas is nie gemaak vir die Weskus se somerweer nie, hy sweet vreeslik.

      “Nou ja,” sê hy, “ek het nog baie huise om te besoek. Laat ons dus voortgaan met ons verrigtinge by hierdie adres. Ernest, bring die presente.”

      ’n Vrolike kabouter in ’n grasgroen pakkie sleep ’n sak nader, grawe een uit, skuif sy bril reg en lees. “Jenny Walker!”

      Jenny is skielik so skaam, sy kan nie beweeg nie.

      “Toe, gaan,” por Janine.

      “Is sy die mooi dogtertjie met die goue krulle? Is jy Jenny?” Die kabouter gee ’n paar treë en wink haar nader.

      Jenny gly stadig van Janine se skoot af, gryp die pakkie, spring terug en fluister hoorbaar: “Kan ek oopmaak?”

      Maar haar naam word weer gelees, en nog ’n keer, tot die groen kabouter haar vra om gou eers te help met die uitdeel.

      “Heidense gebruike,” fluister ouma Leen, “maar kinders hou van feëverhale.”

      Almal kry arms vol geskenke. Jessie bedank Kersvader en sy kabouter, in die regte lewe Bakkies Bakker en sy vroutjie, Tienke, elkeen met ’n bottel tuisgemaakte aarbeikonfyt. “Daar is nog braaivleis as julle wil bly vir ete.”

      “Baie dankie,” sê Bakkies, “ons verkas liewer voor die klok twaalfuur slaan.” Hy gooi die leë sak oor sy skouer. “Tot volgende jaar!”

      Tienke voer ’n paar bokspronge uit en huppel agter hom aan.

      Toe hulle weg is, hoor Janine by Jessie dat hulle vroegaand by pastoor Willemse-hulle se gemeentelike Kersboom opgetree en gou die guns vir die Kowalski’s kom doen het. Bakkies, Bennie en oom Hermaans Bezuidenhout borg elke jaar geskenke en eetgoed vir behoeftige kinders. Janine onthou die dorp se Kersbome uit haar kinderdae. Sy het nie geweet dat die Kowalski’s ook bydra nie. Lief vir kinders en onselfsugtig, dis wat hulle is. Riekie het op aunty Anny se skoot aan die slaap geraak. Jenny is, danksy Jessie se hulp, gebad en in die bed, omtrent toegepak onder haar presente.

      Janine maak verskoning by Bennie: “Ek moet Riekie in die bed gaan sit.”

      “Jou geskenke,” keer hy. “Kan ek dit vir jou saambring?”

      Sy kyk na die hopie langs haar stoel. Bennie het vir haar ’n bottel Yardley gegee, verleë omdat hy nie weet watter geur sy verkies nie. “Maak nie saak nie,” was Jessie se kommentaar, “hy het jou nou vir hom gemerk.”

      Sý het vir Janine die jongste Danielle Steel gekoop, ’n roman met ’n suggestiewe titel – Second Chance – wat Janine blitsvinnig