40 dae tot hoop. Ronell Bezuidenhout. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Ronell Bezuidenhout
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796320438
Скачать книгу
leer ons dat daar naas al ons liggaamlik behoeftes nog twee ander basiese behoeftes is wat deur alle mense gedeel word: die behoefte aan aanvaarding en die behoefte aan bewondering. Ek wil weet dat ek êrens aan iemand behoort; méér: dat daardie mens my geselskap ook nodig het.

      Ons almal soek na ’n plek waar ons kan voel: Dit is my plek dié. ’n Plek van tuiskoms. Die skrywer van Psalm 27 het geweet waarna hy soek. Die plek van aanvaarding is ook sy plek van veiligheid. Hy is ’n “iemand” – iemand wat God se goedheid mag beleef.

      As jy op Dag 1 van hierdie reis nog nie presies weet waarna jy smag nie, maak dít dan jou gebed. Ons lewe met soveel verskeurdheid, soveel dubbele boodskappe, dat ons selde met duidelikheid kan sê dat ons presies weet wat ons wil hê. Moderne mense het soveel keuses uit soveel moontlikhede dat dit vir hulle moeilik is om te dink dat hulle net een kan kies.

      Want sê nou jy kies … en jy kies verkeerd?

      Maak ook dit jou gebed. Selfs as jy voel dat jy juis nie op ’n plek in jou lewe is waar jy enigsins in aanraking met jou eie begeertes is nie. Maak dan selfs dít jou gebed. Jaag juis dít na.

      Die vraag bly: Wat is die een ding wat jy, met alles in jou, in hierdie tyd wil najaag?

      Een manier hoe jy weer in voeling met jou diepste begeertes kan kom, is om ’n boekie by jou te hê – langs die bed, in die badkamer, in die motor, waar ook al – sodat jy elke keer ’n woord of gedagte wat by jou opkom, kan neerskryf. Maak dit die laaste ding wat jy saans doen, en die eerste ding wat jy in die oggend doen. Soek daardie een ding wat jy begeer.

      Gebed: Here, ek smag na u teenwoordigheid. Wees U my Reisgids, U alleen!

      Geloofsgewoonte 1: Die kruis op jou voorkop

      Die een ding wat ’n Lydenstyd-reis ’n mens leer is dat God die God van tweede (en derde en vierde) kanse is. Die God van Nuutbegin. Dit is wat elke sonsopkoms beteken. Wat elke Sondag beteken. Daarom mag jy nie by gister se afdwaal vashaak nie.

      Beskou dit dus as ’n voorreg dat ons, jaar na jaar, met ’n 40 dae lange lydenstyd-reis kan begin. Wat verby is, kan begrawe word. Daar is altyd die hoop op nuwe moontlikhede. Daar is altyd die hoop om Hoop jou bestemming te maak.

      Dit alles vra wel van jou om eerlik na ou, slegte lewenspatrone te kyk. Om ou gewoontes af te sterf, is swaar; die dood veronderstel immers altyd ’n rouproses.

      Maar wat ons rouproses anders maak, is dat ons weet dat die uiteinde ’n geboorte is, nuwe lewe. Dit is dít wat jy teen die einde van hierdie reis ook kan verwag.

      Om jou daaraan te herinner dat jy weer ’n keer ’n kans op vernuwing kry, gebruik die ritueel wat tradisioneel op Aswoensdag gebruik word: Verbrand ’n paar droë takkies of blare. Dié proses gee jou reeds die geleentheid vir ’n gebed sodat jy ’n naam kan gee aan dit wat jy wil agterlaat.

      Nou kan jy een van jou vingers (tradisioneel is dit die duim) in die as druk en dan daarmee ’n kruis op jou voorkop of op jou hand trek.

      Moet dit tog nie gou wil afwas nie! Kyk in die spieël daarna. Laat neem ’n foto, of neem ’n selfie, sodat jy dit die heeltyd as ’n herinnering kan gebruik. Dat dit vir jou sê: Dit is waar ek vandaan kom, met as op my hoof. Ek is op pad na die opstanding.

      Jy sou dit ook in die daaropvolgende dae kon herhaal, om daarmee simbolies te sê: Ek weet waarheen ek op pad is.

      Nota: Jy kan bogenoemde ritueel alleen uitvoer, of saam met jou gesin of gemeente.

      Dag 2

      Metamorfose

      As ons nie verander nie, groei ons nie.

      As ons nie groei nie, lewe ons nie werklik nie.

      Gail Sheehy

      Ons kán verander, al wil ons dit nie altyd glo nie. Ook nie van ander mense nie. Die bekende sielkundige Aaron Beck skryf: “Die grootste onreg wat ons enige mens kan aandoen, is om te glo dat daardie persoon nie kan verander nie.”

      Wat ons wel maar moet prysgee, is die oortuiging dat óns ander mense kan verander. Ons kan nie. Maar hulle, as hulle dit self sou kies, kan inderdaad verander. Só werk genade mos.

      Nee, ek het nie beheer oor jou keuses nie. Ek kan jou nie eens probeer dwing om te probeer nie. Ek het wel beheer oor wat ék kies. Daarom weet ek dat ek kan verander. As ek wil.

      Grondige verandering is niks minder nie as hervorming. Hiermee is die Bybel goed bekend. Die woord “vorm” kom op baie plekke in die Bybel voor, en dan nie net as ’n werkwoord nie, maar ook as ’n selfstandige naamwoord. “Laat julle gevorm word totdat die vorm van Jesus in julle vorm aanneem” (vgl Gal 4:19, hier vry vertaal).

      Straks sou Paulus hier ook kon sê: “Julle is bedoel om in die ‘gietsel’ (’n spesifieke soort vorm) gevorm te word, wat soos Jesus s’n lyk.”

      Dit is hoe die beeld van God lyk. Gelyksoortigheid is tog dít: dat die vorm van die een en die vorm van die ander een dieselfde is.

      Dan is daar dié wonderlike woorde in Romeine 12:1-2: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

      Volgens Paulus is daar ’n verskeidenheid moontlike vorms waaraan jy gelyksoortig kan wees. Daar is byvoorbeeld een wat hy “die sondige wêreld” noem.

      Maar, sê hy, laat God julle ont-vorm (dalk ver-vorm?). In ieder geval: Laat God toe om ’n gans ander vorm te voorskyn te laat kom.

      Ek lees onlangs dat ’n metamorfose (dit is die woord wat Paulus gebruik) beteken om oor ’n bepaalde tydperk deur verskillende fases te gaan sodat jy uiteindelik van ’n onderontwikkelde vorm tot ’n volwasse vorm verander word. Dit is goed as die wurm “die wurm” bly – maar dit is ’n vroeë fase, ’n onderontwikkelde vorm.

      Omdat die wurm die potensiaal het om ’n skoenlapper te word, is dit juis waarheen die wurm op pad is. Ons ken die beginsel: Die ruspe moet deur ’n proses van verandering gaan om ’n skoenlapper te kan word. Net deur verandering verander dit wat verander moet word.

      As ’n mens dan nie jou eie vorming kan raaksien nie, hoe gaan jy ooit weet of jy groei? Daarom bly dit die een vraag wat ons altyd self moet antwoord: Wat gebeur met my van die een seisoen tot die volgende een?

      Oftewel: Hoe meet ek persoonlike groei?

      Wil jy regtig weet? Is daar in jou daardie diep sug na die antwoord? Stel jy regtig belang? Hoe belangrik is dit vir jou om dit te weet?

      En terloops: Is dit nie presies waaroor die nadenke op Aswoensdag gegaan het nie? Hierdie vraag: Here, laat ek tog weet wat daardie een ding is! Laat my verstaan hoe die vorm lyk wat U vir Jesus gebruik het. Laat ek dan my vorm daaraan toets!

      ’n Bybelstudie-vriendin vertel my hoe sy haar twee kinders wou leer van die “Jesus-vorm” waarin hulle gevorm is. Terwyl sy besig was om sjokolade te smelt om lekkergoed te maak, vertel sy hulle – met die sjokolade-vormpies in haar hand – dat hierdie proses net so werk soos dié een waarmee sy besig is. Sy sê: “Net so maak Jesus met ons. Hy vorm ons sodat ons soos Hy kan optree.”

      Daardie aand bid haar seuntjie só: “Jesus, smelt asseblief my sjokolade sodat ek net soos U kan proe.”

      Gebed: Here, hervorm my tot my ware self!

      Geloofsgewoonte 2: Skakel oor na ’n laer rat

      Dit vra ’n ander leefritme as jy jouself dieper wil leer ken. Ook as jy jou “gietsel” eerlik wil bedink.

      Dit vra ’n vorentoe kyk én ’n agtertoe kyk. Maar geen mens wat na alle kante op ’n slag kyk, sal dit regkry nie. Jy kán dit nie haastig doen nie – jy sal jouself, al kop-omdraaiend, pootjie!

      Nee,