Stil punt van die aarde. Johann de Lange. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Johann de Lange
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Языкознание
Год издания: 0
isbn: 9780798164924
Скачать книгу

      hy hang so lig, hy klim so hoog; – my klein rooi vlag

      wapper aan die uiterste twyg in verset teen die gram-

      skap van die winterlug: laag, omsingelend & byna nag.

      Oogwitte

      vir Johann Lodewyk Marais

      1. Strandwandeling

      Die see sprei sy papirusrolle oop –

      ’n óérwys skriba – waar ek plegtig loop

      neffens die witkruiswulp; teleskopeer

      elke vervloë, ver gesogte saga

      teen dié historiese siklorama.

      2. Hologram

      Die heelal is glo ’n soort hologram:

      ongeag hoeveel keer jy dit verdeel,

      ad infinitum, Verskiet ná Verskiet

      bevat elke helfte die vól geheel.

      Insek

      Nietig, maar in elke opsig volmaak,

      gooi jy, hoe gering ook,

      jou skadu,

      ’n delikate fyn silhoeët,

      onwesenlike klein kamee

      tot die fynste detail afgewerk:

      die spits skubbe op jou lyf,

      jou geartikuleerde harnas

      wat die lig vang

      & soos olie op water iriseer.

      Jy is ’n stralende stippel.

      ’n Kirliaanse korona.

      Ek wou jou net o-so-lig-

      weg aanraak, maar verbrysel jou

      onder my vingertop.

      Onsigbaar vir my growwer oog

      is die besonderhede van jou

      verbryseling: net ’n vuil strepie

      sigbaar, klein soos ’n cédille,

      op die onbeskrewe vel papier.

      Hottentotsgot

      Mantis religiosa

      Kranige skadubokser af-

      geteken agter ’n blaar, vlug-

      voetige groen samoerai

      met jou spigtige pantser,

      lyf & harnas één,

      ’n groen hinder-

      laag perfek gekamoefleer

      met driehoekige kop wat krink

      op ’n spits nek

      & twee groot heuningkoek-oë.

      Wagtend oorpeins jy

      jou prooi: ’n mot, vlieg of suikerbekkie

      waarvoor jy rats van monnik

      na monster trans-

      formeer met getande voorpote

      wat blitssnel origami ont-

      plooi, monstrans vir jou fees,

      jou goddelike umami!

      Ammoniet

      Kamer na kamer word ontruim

      om ál groter ruimtes te beset.

      Wie sou ooit dink dat die siel

      soveel kastele nodig het?

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RviRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxNDowMToyOSAxMjo1 NTo0OQAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGYKADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABqsAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/iDFhJQ0NfUFJPRklMRQABAQAADE