•Let op die aanspreekvorme.
•Wees versigtig met die uitspraak van woorde.
•Praat duidelik en let op jou stemtoon en praattempo.
•Let op jou liggaamshouding.
OPERATEUR: Goeiemiddag, waarmee kan ek help?
KLIËNT: Middag, ek wil asseblief navraag doen oor my bespreking by die Weskus Fossielpark.
OPERATEUR: Gee my u besprekingsnommer.
KLIËNT: Sekerlik. Dit is WF 3503.
OPERATEUR: Dame, u bespreking het verval weens laat betaling.
KLIËNT: Maar het u my deposito ontvang?
OPERATEUR: Wettiglik (legally), soos ons aan u verduidelik het, gaan daar ’n 10%-fooi op u deposito gehef word vir laat betaling en kansellasie. Ons finansiële afdeling sal die balans so spoedig moontlik aan u terugbetaal.
KLIËNT: Meneer, ek en u het ’n mondelinge kontrak gesluit vir sekere dienste wat u moet lewer. U het dit nie gelewer nie. Hiermee kanselleer ék dus nou die ooreenkoms (agreement) en ek eis my volle terugbetaling!
OPERATEUR: Dame, in die brosjure is daar in kleinskrif bepalings en voorwaardes aangedui. Ongelukkig is u bespreking dienooreenkomstig (accordingly) gekanselleer.
KLIËNT: Meneer, ek en u het ’n wedersydse (mutual) ooreenkoms gehad. U het dit onregmatig (illegally) gekanselleer. Ek dring daarop aan dat u my volle deposito terugbetaal. Indien nie, sal ek verdere stappe moet neem teen u maatskappy.
Klasgesprek – gesels oor die geskil (dispute)
Dit is duidelik dat daar ’n geskil tussen die twee partye ontstaan het. Weet julle wat ’n geskil beteken? Die woordeboek omskryf dit as ’n rusie, twis of onenigheid. Maak notas wanneer julle oor die volgende vrae praat.
•Wie dink julle is reg? Die operateur of die kliënt?
•Watter wedersydse ooreenkoms het daar tussen die twee partye bestaan?
•Hoekom is dit belangrik om die kleinskrif op ’n brosjure of kontrak te lees?
•Is die kliënt geregtig om haar volle deposito terug te eis? Hoekom?/Hoekom nie?
Formele assessering: Jou onderwyser kan die gesprek formeel assesseer. |
Oefen direkte en indirekte rede
Die telefoongesprek is in die direkte rede geskryf. Skryf die operateur en die kliënt se woorde oor in die indirekte rede in jou werkboek. Lees eers In ’n neutedop sodat jy seker is wat die verskil tussen direkte en indirekte rede is.
In ’n neutedop | |
Direkte en indirekte redeWanneer iemand se direkte woorde in ’n verslag oorgedra word, noem ons dit die indirekte rede. Dan verander die voornaamwoorde, byvoorbeeld: | |
ek word hy/sy | jy word hy/sy |
ons word julle | julle word hulle |
A kan ook ’n bevel aan B gee, byvoorbeeld: “Bring die kaart vir my!” In die indirekte rede verander so ’n bevelsin dan soos volg: A beveel B om die kaart te bring. Let op dat daar nie meer aanhalingstekens of ’n uitroepteken is nie, want daar is nie meer ’n direkte bevel nie – dit word indirek gerapporteer.Onthou! Oppas vir woorde wat “tyd” en “plek” aandui, asook voornaamwoorde, want hulle verander wanneer die direkte rede in die indirekte rede herskryf word, byvoorbeeld:“Ek sal die deposito môre oorbetaal.” – A sê dat hy die deposito die volgende dag sal oorbetaal./A sê hy sal die deposito die volgende dag oorbetaal. | |
ek word hy/sy | jy word hy/sy |
ons word julle | julle word hulle |
myne word syne/hare | joune word syne/hare |
nou word toe | gister word die vorige dag |
volgende jaar word die jaar daarna | môre word die volgende dag |
verlede jaar word die vorige jaar | vanjaar word daardie jaar |
vandag word daardie dag | oormôre word oor twee dae |
hier word daar | hierdie word daardie |
hierheen word daarheen | hiernatoe word daarnatoe |
Aktiwiteit 2: Skryf ’n verslag |
In hierdie aktiwiteit gaan jy |
•Skryf en aanbied•Taalstrukture en -konvensies•’n verslag skryf volgens doel en teikengroep•korrekte woordkeuse en sinstrukture gebruik•die stappe van prosesskryf volg. |
Skryf ’n verslag oor die geskil
Julle het nou oor die geskil gesels en notas van julle bevindings gemaak. Skryf ’n formele verslag oor die bevindings van die geskil (140 tot 160 woorde).
Volg die stappe van prosesskryf: beplan, skryf jou eerste probeerslag, hersien jou verslag en kyk na jou spelling, woordkeuse, sinne en leestekengebruik; skryf dit dan netjies oor en bied dit aan vir jou onderwyser om te assesseer.
In ’n neutedop |
’n Verslag is ’n formele dokument. Jou taalgebruik en trant moet dus formeel en onpersoonlik (impersonal) wees. Let ook op die volgende: |
•Gebruik die teenwoordige tyd.•Skryf in die derde persoon (hy/sy).•Beskryf wat daar tussen die partye gebeur het.•Die beskrywing moet feitelik wees – die inligting moet korrek wees. |
Formaat |
•Gee jou verslag ’n titel.•Skryf in die inleidingsparagraaf kortliks waaroor die verslag gaan en wat die doel van die verslag is.•In die inhoudsparagrawe gee jy meer besonderhede (wie/hoekom/waar/wanneer/wat/hoe).•In die slotparagraaf gee jy jou bevindings (findings) en gevolgtrekking (conclusion).•Jy mag opskrifte in jou verslag gebruik.•Onderteken die verslag en voorsien dit van ’n datum. |
Paragraafkonvensies |
Die struktuur van ’n paragraaf moet aan die volgende vereistes voldoen: |
•Gepaste woordkeuse, goeie sinskonstruksie en korrekte leestekens.•Skryf ’n paragraaf met kern- en ondersteunende sinne.•Organiseer jou idees in ’n logiese volgorde.•Gebruik verbindingswoorde. |
Let op die volgende raamwerk vir ’n formele verslag.
Treffende opskrif1. Inleiding (doel van die verslag)2. Verskaf kortliks inligting oor die vrae: wie/wat/waar/wanneer (die vrae kan subopskrifte wees).3. Verskaf nou meer inligting deur uit te brei op die vrae; beskryf dit in meer besonderhede.4. Skryf ’n treffende slot wat alles saamvat.5. Sluit gepaste visuele materiaal in wat inligting verduidelik en die aanbieding interessant en aantreklik maak (indien dit nodig is). |
Formele assessering: Jou onderwyser gaan jou verslag formeel assesseer. |
Aktiwiteit 3: Verstaan ’n kontrak |
In hierdie aktiwiteit gaan jy |
•Lees en kyk•Taalstrukture en -konvensies•’n kontrak lees vir begrip•leesstrategieë soos vluglees, soeklees en aandagtige lees toepas•afleidings maak•die betekenis van woorde en frases gee•’n roetekaart interpreteer•begrips- en taalvrae beantwoord. |
Prelees
In Aktiwiteit 1 het jy ’n telefoongesprek oor die verbreking van ’n kontrak gelees. Lees nou ’n indiensnemingskontrak wat ’n werkgewer, Mgadi-Gadi Toeroperateurs, en ’n voornemende werknemer moet onderteken.
Lees Pitkos om die kenmerke van ’n kontrak te verstaan.
Pitkos
Kenmerke van ’n kontrak
•’n Kontrak is ’n ooreenkoms, verdrag (meestal skriftelik).
•’n Mondelinge kontrak is ook wettig.
•Die