Kobra. Deon Meyer. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Deon Meyer
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Ужасы и Мистика
Год издания: 0
isbn: 9780798165051
Скачать книгу
aanslag. Te veel mense wat in mekaar se pad kom, veral op ondersoekvlak. En hy weet bevel beteken nie altyd beheer oor die trant van die ondersoek nie. “Four detectives, sir.”

      “You sure?”

      “Yes, sir.”

      “I’ll get Cloete out. And start oiling the consulatory wheels.”

      Kaptein John Cloete is die Valke se media-skakeloffisier. En Griessel weet hulle gaan met die Britse konsulaat al die hulp nodig hê wat hulle kan kry. Want al is die Britte nie so erg soos die Kanadese nie, en die Kanadese nie so moeilik soos die Chinese nie – ambassades is nie gretig om hul landsburgers se inligting te deel nie, veral wanneer daar misdaad betrokke is. En hulle is almal in elk geval burokratiese doolhowe. Daarom sê hy: “Thank you, sir.”

      Hy sien hoe Nyathi se blik op hom talm voor die kolonel knik, omdraai en na sy voertuig toe stap. Hy weet dit is omdat hy so sleg lyk. Hy verwyt homself weer. Hy moes nie gisteraand …

      “Kom, Benna,” sê Cupido, “ons gaan kyk hoe ver Forensies is.”

      * * *

      In Dorpstraat op Stellenbosch, voor Oom Samie se Winkel, staan ’n toerbus.

      Tyrone Kleinbooi sien die toeriste op die sypaadjie. Europeërs, hy herken hulle aan die bleek bene, die kleredrag. Hy wonder nie meer waarom Europese en Amerikaanse besoekers die enigste mense in Afrika is wat die safari-uitrustings koop en dra nie – die jagbaadjies (met plek vir ammunisie), die Livingstone-helms of breërandhoede, die stewels.

      Sy sintuie verskerp. Hy fokus op die groep wat wag om by die bus se deur in te klim. Agter staan ’n middeljarige vrou met ’n groot raffia-skouersak. Maklike teiken. Sy sal aanraking verwag van ander toerlede. Haar beursie sal in die sak wees, heel onder, in die middel, groot en bonkig, gelaai met rande en euro’s en krediet- en kontantkaarte, ryp vir die vinnige vat. Al wat hy hoef te doen, is om die haarknippie met die klein geel sonneblom wat in sy broeksak lê, in sy linkerhand te versteek, voor haar te buk en te maak of hy dit optel.

      Uncle Solly: Ek het ’n appie gehad wat daai trick met geld getraai het, ’n ten rand note. Hy flash dit so vir die mark, en die mark se attention gan daatlik na sy wallet toe. Now that’s just stupid. Jy gebruik iets wat colourful en mooi is. Ma’ nie geld nie.

      “I think you dropped this, ma’am,” sê hy sag, intiem, vertroulik, met sy groot, onskuldige kyk-hoe-eerlik-en-oulik-is-ons-locals-glimlag. En sy even features. Met sy regterskouer byna teen haar.

      Met haar oë en al haar aandag verbaas op die knippie, sal sy regterhand in die sak inglip, die beursie sekuur en stewig vasvat.

      Sy sal straal van dankbare welwillendheid, want kyk, hierdie whiteys uit die noorde is black people pleasers, voel seker nou nog skuldig oor al die koloniale kaskenades. Sy sal haar hand na die knippie uitsteek, en dan haar kop skud. “Oh, thank you, but it’s not mine.” Hy sal met sy regterskouer liggies aan haar stamp terwyl hy sy hand uit die sak trek, die beursie in sy sak druk.

      Die uittrek is die key. Smooth and fast. Hou die wallet regop, lat hy nie vashaak nie – the last thing you want at that crucial moment is a snag. En onthou, daar’s ander mense wat kan watch, so jy soek almal se attention op die dropped object, you hold it high and handsome. And then you get the wallet out of sight, en jou hand uit jou pocket uit. Wys hom virrie mense, hier’s my innocent hand.

      Hy sal sê: “My apology, ma’am.”

      Sy sal in ’n Hollandse of Duitse aksent sê: “No, please, don’t apologise.” Behalwe die Oostenrykse vrou, twee jaar gelede, wat “thank you” gesê het en die knippie uit sy hand gevat het. Hy het laaste gelag. Die wins uit haar beursie was amper tweeduisend rand.

      Hy sal glimlag, omdraai, wegstap, terugkyk en vir haar waai. Don’t rush it. Saunter, Ty. Ma’ jy’s aware, want jy wiet nooit …

      Hy is tussen die toeriste, by die vrou, reg, elke senu-eindpunt tintelend, die adrenalien loop nét genoeg.

      En dan sê sy kop nee, moenie.

      If it feels wrong, walk away.

      Hy sien die twee sekuriteitswagte net anderkant die winkel, hulle oë op hom.

      Hy loop verby, na Markstraat, en sy suster se woonstel.

      5

      Van die voordeur af kan Griessel-hulle die twee van Forensies onder die helder kolligte in die sitkamer sien. En hoor.

      “Ek sê jou, Bismarck is nie ’n mens nie; hy’s ’n masjien,” sê Arnold, die kort dikke, driftig.

      “Jy skiet jou eie argument in die voet,” sê Jimmy, die lang, maer een. Hulle staan langs mekaar, op hul knieë, in die groot sitgedeelte van die gastehuis.

      “Hoe kom jy by daai een uit?”

      Saam staan hulle bekend as Dik en Dun, ’n oorblyfsel van die ou, afgeleefde kwinkslag uit die dae toe hulle saam begin werk het: “Forensies sal deur dik en dun by jou staan.” Wat weer geïnspireer is deur vet Arnold se vorige forensiese vennoot, ’n besproete, astrante en mooi rooikop vrou, wat selfspottend na hulle verwys het as “Rond en Bont”. Daar was ’n algemene murmurering onder die Skiereiland se speurders toe sy groener weivelde gaan soek het en die onaansienlike, manlike Jimmy aangestel is.

      “Bismarck ’n masjien? Hoe raak ’n masjien beseer? Anyway, hierdie jaar vat ons weer die Cup, want jou Sharks-masjien gaan seize when the chips are down. Net soos laas jaar …”

      “Kan ons inkom?” roep Griessel.

      “Dank Vader, die Valke is hier,” sê Arnold.

      “Ek voel nou so veilig,” sê Jimmy.

      “Het julle skoen-covers aan?” vra Arnold.

      “Is julle nog nie klaar hier voor nie?” roep Cupido. “Miskien moet julle ophou rugby-kak praat en julle gatte roer.”

      “Rugby-kak? Watse soort Cape coloured is jy?”

      “Die soort wat julle whitey-gatte gaan skop as julle nie julle vingers uittrek nie.”

      “As jy ’n skopper is, die Stormers het jou nodig,” sê Arnold. “Want al vyftien losskakels is al weer beseer.”

      “Fokkof,” sê Jimmy. “Kom in as julle skoen-covers aan het. Hier’s ’n baie weird ding wat julle moet sien.”

      * * *

      Die “baie weird ding” is ’n patroondoppie.

      “Dis ’n Cor-Bon .45 ACP +P,” sê maer Jimmy terwyl hy dit met ’n silwer knyptangetjie ten toon stel.

      “Nie al jou vyf-en-veertigs kan die Plus P skiet nie,” sê Arnold.

      “Net die meer onlangse modelle.”

      “Jou Plus P het ’n hoër druklading.”

      “En hoër omloopsnelheid.”

      “Dis Afrikaans vir ‘velocity’.”

      “Ons kan daai term ook verduidelik as julle nie verstaan nie.”

      “So nou is julle ballistic én taal-experts?” vra Cupido.

      “Jou moderne forensiese wetenskaplike se kennis is ontsaglik wyd,” sê Jimmy. “Grens aan die geniale …”

      “In teenstelling met jou deursnit-Valk,” sê Arnold.

      “Ook bekend as bird brains,” sê Jimmy.

      “Fokkof,” sê Griessel. Hy weet dit help nie om te probeer slim wees nie, want hulle sal altyd die laaste woord inkry.

      “Bennie, jy lyk vanoggend besonder aanvallig.”

      “Of is dit aanvallend?”

      “En onoplettend.”

      “Sien julle dit nie?”

      “Sien