'n Pawpaw vir my darling. Jeanne Goosen. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jeanne Goosen
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780795703577
Скачать книгу
se stem dreun nog steeds. “Die rand is plat op sy gat!” skree hy. Gaan hy dan nooit ophou nie? Hoeveel keer moet ek nog na hierdie selfde ou stories luister: die rand, die hijackers, die petrol, die taxi’s en al daardie vis- en paraffien-stories? As hierdie klomp nie nou ophou tjommel nie, sal iemand maar vir my ook by ’n diereterapeut moet uitkry soos die een waarvan Mignon vertel het. Dié het haar mense glo laat kom om haar oor haar vrees vir donderweer te help. Sy sê sy mis haar terapeut, veral noudat haar een oor so te sê kaal is en haar krulle koek. Ook met dié dat sy moet klaarkom sonder die doggy parlour een maal ’n week. Sy kan net nie op haar eie aangaan nie. Sy hoor glads allerhande stemme, en as sy nie antwoord nie, raas hulle met haar. Die arme, arme meisie.

      Dis genoeg om ’n tefie soos Mignon in ’n diep depro in te dompel. Haar soort is nie vir Damnville gemaak nie. Om mee te begin, bly niemand hier langer as drie dae skoon nie. Dan is jy all sides same side, soort van alkant gatkant. En moet jy kasterolie ingejaag word om te sien aan watter kant jou gesig sit.

      Dit is waar wat Sally Caravan gesê het: hier in Damnville kry almal ewe swaar, en so van swaarkry gepraat, waar is my kos, dis al donker nag?

      Makkie het netnou hier verbygewaggel. Sy was baie jammer vir my oor die opsluitery en die skut. “Sweetness, not to worry, ek werk aan ’n plan om jou agter daai wiel uit te kry. Dis amper tyd vir Mabel om weer haar Loslyf by die café op die hoek te gaan haal. Wanneer sy daai wielhek ooptik, sal ek haar aan die een bunion beetkry, die een langs die tossel van haar carpet slipper. Wanneer sy buk, kan jy uitglip en teen die tyd dat sy dit agterkom, kan jy al op die hoek van Frik du Preez en Jaap Marais wees. Ek sal vir jou wag by die Emsie Schoeman-sopkombuis. Ons kan dit vier. Mekaar jaag en so aan. Jy weet mos. Miskien is daar genoeg oorskiet chicken peri-peri, slaptjips en vetkoekstukke wat die straatkinders weggesmyt het. Straatkinders is ook nie meer straatkinders nie. Hulle smaak al lankal nie meer hoender en vetkoek nie. As hulle sê hulle is honger, beteken dit hulle wil by McDonald’s getreat word.”

      Hoop hou meer brakke aan die lewe as al die veeartse saam. Ou Makkie kan wel wees wat sy is, maar sy verstaan ’n hond met ’n free spirit soos ek, en dat jy so ’n hond nie opgesluit kan hou nie. Soos die gesegde sê, she is a friend indeed. Meer nog, sy smaak my: Tsjaka, die virielste stud in die buurt.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RPeRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMTowMSAwNzow MjozNAAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGYqADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABKoAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABmAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT