Donatello en Volksie. Marion Erskine. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Marion Erskine
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Короткие любовные романы
Год издания: 0
isbn: 9780624051077
Скачать книгу
En jy?

      Donatello: En ek wat?

      Volksie: Is jy ook alleen?

      Donatello: Ja. Net ek en my Kersboom.

      Donatello: Ekskuus. Ek het niks bedoel met die boom-aanmerking nie.

      Volksie: LOL. Dis die eerste keer dat ek lag vandag. Ons en ons bome.

      Donatello: Steeds jammer. Was nie so bedoel nie.

      Volksie: NP (no problem).

      Donatello: Gaan jy snaaks dink as ek jou vra …

      Volksie: 27/blond/single. Jy?

      Donatello: 30, donkerige hare, alleenloper. Hoekom Volksie?

      Volksie: My favourite kar. Oues, nie hierdie nuwe tjol nie.

      Donatello: So jy’s ’n hippie?

      Volksie: En wat’s fout daarmee? Nogal van ’n Ninja Turtle! :-P

      Donatello: Ek kry dit gereeld. Nee. Ek’s nie daardie Donatello nie. Ek stel baie belang in die kunswerke van die Renaissance.

      Volksie: Plofstof! Ek’t jou baie meer gelike toe ek gedog het jy’s ’n turtle.

      Donatello: Ha-ha. So dis neusie verby vir my?

      Volksie: Luister, jy! Ek’s nie een van daai girls wat praat van “neusie verby” nie. Ek’s ’n genuine hippie.

      Donatello: Ek moes geweet het toe ek hoor wat jou hond se naam is.

      Volksie: Wás.

      Donatello: Was. Ekskuus.

      Volksie: Hm … Jy’s ’n Ram. Of ’n Leeu. It’s obvious.

      Donatello: Ram, maar ek glo nie aan die sterre nie.

      Volksie: Jy hoef nie. BRB (be right back).

      Zoë maak dadelik nog ’n venstertjie oop op die skerm en google “libra aries match”. Sy lees ’n rukkie en begin tik weer vir Donatello.

      Volksie: Great. Ons match. :-)

      Donatello: Ek ken jou skaars tien minute. Hoe sal jy nou weet of ons by mekaar pas?

      Volksie: Praat jy altyd sulke eina Afrikaans? Dis genuine weird. Jy klink soos een van my onnies op skool. :-/

      Donatello: Siende dat ek suiwer Afrikaans praat, maak nie van my ’n minder interessante mens nie.

      Volksie: Siende! LOL. Wanneer laas het ek daai woord gehoor? LOL!!!

      Donatello: Het jy ons sterre gaan uitwerk?

      Volksie: Jip. Die sterre sê ons is báie compatible. Ek’s ’n libra.

      Donatello: Die Weegskaal? :-/

      Volksie: Dis wat ek gesê het, Donatello! :-P

      Donatello: Ek’s maar oningelig oor die sterre en astrologie. Wat sê hulle van die Weegskaal?

      Volksie: Ons is romantic, artistic and slightly unbalanced in everything we attempt.

      Donatello: Ek sien. En wat maak jou so seker dat die Ram en die Weegskaal goed by mekaar pas?

      Volksie: Ons is two sides of a coin. Jou planeet is Mars en myne is Venus. Ek’s vry soos ’n voël en jy’s 100% in beheer van dinge.

      Donatello: Ha-ha. Wel, jy is 100% korrek met jou laaste stelling.

      Volksie: Luister, mnr. Woordeboek, ek moet gaan slaap. Dis laat. Ek like jou nogal. Gaan ons weer chat? ;-)

      Donatello: Dit sal eerlikwaar ’n plesier wees indien jy my met jou teenwoordigheid kan verfris.

      Volksie: Jy’s fun-EE!! Stuur my sommer net ’n msg hier, oukei?

      Donatello: Maak so! Lekker slaap.

      Volksie: Merry Xmas. Van my en Boom. ;-) Baaai! ^-^

      Zoë maak weer die Google-venstertjie oop en tik “Donatello” en “Renneccainsce” en kliek op Search. Genugtig, hoe spel mens daai woord? Te dankbaar vir Google se Did you mean-funksie, klik sy op die eerste inskrywing. Sy lees ’n ruk nuuskierig deur die inligting, maar besluit dit is heeltemal te laat in die aand vir al hierdie feite.

      Sy gaap, staan op en trek haar slaapklere nader. Die spieël aan die ander kant van die vertrek weerkaats haar lyf soos sy haar uittrek. Sy bestee ure aan joga om so te lyk en vanaand klim sy nog steeds alleen in die bed, sonder iemand wat haar kan liefhê. En boonop kan sy nie slaap met Boom wat nie meer sy lyfie styf teen hare druk nie. Sy glip haar synagklere aan, skakel die lig af, gaan lê op die bed en staar na die dak.

      Toe Zoë op skool was, het haar ouma altyd Die Keur gekoop. Hulle het lekker gelag vir al die karakters in Toek se Soekhoek: “Skoen sonder veters” van Ventersdorp; “Pot soek deksel” van Buffelspoort. En natuurlik die gunsteling: “Lydende van Lydenburg” wat elke maand geskryf het. Min het sy geweet sy sou self eendag in dié bootjie wees – dít nogal op die internet!

      Dit kan mos nie so moeilik wees om die regte persoon te ontmoet nie? Een by wie mens net jouself kan wees. Maar dit is ongelukkig die vloek waarmee mens in hierdie gejaagde, hipertegnologiese eeu moet saamleef: almal werk hulle oor ’n mik en kry maar min kans om interessante mense te ontmoet. Nee, wag. Miskien moet mens dit eerder so stel: daar ís hope interessante mense. Maar ’n potensiële lewensmaat is ’n heel ander storie. En dié wat jy wel ontmoet, het meer bagasie as wat ’n Frequent Flyer mag saamvat op ’n eersteklas-Emiratesvlug.

      Zoë draai haar op haar sy, gryp ’n kussing tussen albei arms styf vas en klou asof sy nooit weer gaan los nie.

      2

      ’n Maatjie vir ’n praatjie?

      Zoë het al baiekeer in haar lewe gewens dat tyd kon stilstaan. ’n Paar keer as jong meisie kort voor die lente wanneer sy en haar ouma fanaties besig was om vir hulle nuwe rokke te maak met die ou Singer-naaimasjien. Ouma San het haar altyd toegelaat om self te stik en dit was vir Zoë ’n groot eer, want sy weet hoe heilig haar ouma oor haar naaimasjien was. As sy nou daaraan dink, was die kere wat sy en Boom in die parkie naby die huis gaan sit het ook van daai stilstaanoomblikke. Boom was mal oor die park en het gewoonlik so vinnig oor die gras gehardloop soos wat sy kort beentjies hom kon dra. Dit was nogal snaaks. Boom was gelukkig en sy … content. Toe het sy nog nie geworry oor haar werk en haar lewe nie.

      Vanaand voel dit asof Zoë uiteindelik vir Vader Tyd met ’n paar swaar ysterboeie aan die enkels gevang het. Trust haar om dit reg te kry net wanneer sy juis nié wil hê tyd moet stilstaan nie. Minute voel soos ure terwyl sy na die dik rooi syfers van die digitale wekker op die bedkassie staar. En elkeen van hierdie minute is gevul met gedagtes oor ene Donatello. Hoe lyk hy? Veral as hy glimlag. Hoe soen hy? Belangriker nog, waarom hou hy haar uit die slaap?

      Vroegoggend is sy moeg van wakker lê en stap na die enigste badkamer in hul tweeslaapkamer-huisie om water te drink. Dit is nou eers 03:30.

      Sou Jan-Hendrik dan al terug wees? Die rooi onderbroek hang aan sy kamerdeur se handvatsel. Dit is hul manier van kommunikeer: hy het ’n gas vanaand en sy moet uit die kamer bly. Sy’t hom nie eens hoor inkom nie! Sal sy ooit die dag vergeet toe sy op Jan-Hendrik en haar huisdokter ingeloop het?! Dáárdie image is iets wat sy eerder volkome wil vergeet, maar dit verklaar goed hoekom sy eensklaps ’n blywende vrees vir operasiemaskers ontwikkel het.

      Sy draai die kraan in die badkamer oop en spat yskoue water oor haar gesig. Komaan, Zoë! Jy ken hom skaars! Dit is hoeka nie die eerste keer dat sy met ’n man oor die internet chat nie. Vir wat het hierdie een so ’n houvas op haar? Dit is maar net die hele “alleen op Kersfees”-ding. Donatello het bloot ’n gaping gevul op ’n bitter eensame aand. Hierdie ou is too good to be true en dit behoort haar met gevaarligte te oortuig dat hy waarskynlik getroud is of as ’n psycho gaan uitdraai. Sy ken mos haar geluk met manne. Sy weier dat dié ou hierdie toorkrag oor haar het! Sy gaan haarself nou dwing om terug te klim in die bed en die slaap te kry wat sy nooit deur die res van die jaar kan inhaal nie.