Donatello en Volksie. Marion Erskine. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Marion Erskine
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Короткие любовные романы
Год издания: 0
isbn: 9780624051077
Скачать книгу
ons almal gebruik rekenaars deesdae. Dis deel van die toekoms,” probeer hy skerm.

      “Eisj. Watse toekoms?” kap Dorothy terug en maak haar oë groot. “Het jy nog nie al die crime gatkyk op TV? Da’s net rape en mêdar in die land. Da’s niks se future vor dié land.”

      Anton knip haar kort. “Dorothy,” sê hy beslis en hou die koevert na haar toe uit. “Ek móét nou gaan. Hier’s vir jou ietsie vir Kersfees en ek’s rêrig jammer ek het vergeet.”

      Dorothy vat die koevert en druk dit in haar handsak. Maar sy is nog nie klaar nie. Sy loop agter Anton aan waar hy tot by sy rekenaar stap en vir oulaas die foto van Volksie oopmaak. ’n Fyn, blonde krulkop glimlag terug. Haar groen oë lyk asof dit Dorothy se rok weerkaats. Ja, hy is seker hy sal haar herken. Hy hoop net sy lyk soos op haar foto.

      Dorothy kyk na die foto, hande op die heupe, en skud haar kop vies. “Wie’s dié vrou?” vra sy bars. “Darie ysterdywel van jou gooi die kiekies van die vroumense rond! Waar kry daai dêng daai kiekie?”

      Anton is skielik dik van die lag. “Dorothy, dis nie die duiwel nie. Dis ’n rekenaar. Selfs jou kerk het sy eie webwerf.”

      “Haau!” sê Dorothy vererg. “Jy gabryk die woorde van die dywel. Vanaand sal Dorothy vor jou bid.”

      Anton gryp sy motorsleutels met ’n sug. Hierdie storie kan vir ewig aanhou.

      “Kom, dan gaan laai ek jou af.”

      “My kjênd kom my vor kjerk haal. Hieso.”

      “Is jy seker?”

      Dorothy knik.

      “Nou goed.” Anton stap voordeur toe. “Gelukkige Nuwejaar, Dorothy!” roep hy voordat hy die voordeur agter hom toetrek.

      Hy kan nie help om ’n bietjie skuldig te voel nie. Dorothy was nog altyd so goed vir hom – en waarskynlik meer van ’n ma as wat sy eie bloed ooit was.

      8

      Die duiwel dra soms Ackermans

      Zoë loer angstig na die horlosie teen die heldergroen muur. Sy gaan laat wees, dink sy verbouereerd terwyl sy deur die nommers in haar klerekas gaan. Sy besluit uiteindelik op ’n helderbont Indiese romp vir vanaand se afspraak met Donatello. Die romp het sy tien jaar terug by ’n winkeltjie in Moembaai gekoop. Dit was sorgelose tye. Nou nog net ’n bypassende toppie.

      Jan-Hendrik hou haar dop terwyl sy die een ding ná die ander uit die kas pluk. Hy sit in ’n jogaposisie op haar bed – die enigste posisie wat hy nog kon baasraak. Om hom lê ’n hoop klere soos Zoë die een ding ná die ander uit die kas gesmyt het. “Hoekom probeer jy nie daardie Dior-top nie?” beduie hy.

      “Jan-Hendrik, jy weet voor jou heilige siel ek’t nie ’n clue watter top van Dior is nie!” sê Zoë ergerlik en gooi ’n spul toppies gelyk op die bed. “Watter een?”

      Jan-Hendrik rol sy oë en kies ’n knaloranje skepping tussen die bondel uit. Hy hou dit vermakerig na Zoë toe uit.

      “Ek wonder soms hoe ons twee so goed oor die weg kom,” sê hy en sug. “Jy ken nie eens die verskil tussen Prada en LV nie!”

      Zoë skud net haar kop. “Jan-Hendrik, ek gee nie ’n dinges om of die duiwel Prada of Ackermans dra nie. Klere is klere,” brom Zoë.

      “Hoe kán jy?” sê Jan-Hendrik, gemaak ontsteld. “Jy noem nóóit weer Prada en die A-woord in dieselfde asem nie.”

      “Wat? Ackermans?” terg Zoë. Sy is mal daaroor om Jan-Hendrik se siel uit te trek. Hy is tog so begaan oor ontwerpersname.

      Jan-Hendrik het intussen vanuit sy jogaposisie opgestaan. Hy vryf sy bene terwyl hy homself in die spieël bekyk. “So, watter psycho het jy dié keer opgeline dat jy nie saam met my op die Oujaar wil gaan paartie nie?” vra hy traak-my-nieagtig.

      “Ek kry so die gevoel dié een is anders,” sê Zoë ingedagte terwyl sy die toppie mooi regtrek. “Ek dink nie hy’s juis my tipe nie, maar ek voel ons twee het ’n connection.”

      “Ja, toemaar,” sug hy dramaties. “Ek’t dieselfde van Troy gedink.”

      “So, dis uit tussen julle?” vra Zoë half jammer vir hom.

      “Dit was nooit regtig in nie,” rol Jan-Hendrik sy oë. “No pun intended!”

      “Wel, ek’s regtig jaloers op julle manne, wee’ jy?”

      “Now why would you say that?” sê Jan-Hendrik, gereed vir ’n aanval.

      “Kyk hoe gou is jy oor Troy. Julle het oor Krismis so drie dae lank gekuier. Twee dae later en jy’s fine. Ons vroue vat maande, soms jare, om oor ’n verhouding te kom.”

      “Jellietot,” sug Jan-Hendrik, “in Moffieland speel die uiterlike meestal ’n moerse rol. Maar op die ou end het ons ook harte. Ons kry ook seer, maar ons hou ons gereed vir enige ding, want in so baie gevalle is verhoudings van korte duur.”

      “Dit suck!” troos Zoë en gee hom ’n vinnige drukkie.

      “Dit ook, ja!” Jan-Hendrik is weer all smiles met geen oënskynlike sorge nie. “Watter werk doen hy?”

      “Wie?”

      “Cyril Ramaphosa!” hap Jan-Hendrik en vleg sy vingers deur Zoë se skouerlengte hare. “Jou date, Jellietot!”

      “O, blykbaar ’n advokaat,” antwoord Zoë afgetrokke terwyl sy haar laaste titseltjie grimering aanwend.

      Jan-Hendrik neem daardie houding aan wat Zoë van kleins af ken: hande op die heupe, kop effens gekantel. ’n Regte drama queen – en só voorspelbaar.

      “Advokáát?” sê-vra hy en sy stem slaan oor na falset. “Jellietot! Jy soek vir moeilikheid! Ek het my al wie weet hoeveel keer vasgeloop met daardie spesie!”

      Zoë hou haar dom. “Watter spesie?” vra sy geamuseer en stap na haar rekenaar toe. “Kom kyk eers hier,” sê Zoë en klik op die Donatello-lêer.

      Jan-Hendrik loer skepties oor Zoë se skouer. Toe die foto uiteindelik oopgaan, trek hy sy asem skerp in. “Tie me up for my eyes have sinned! Hy’s delicious!”

      Zoë glimlag ingenome. “Én hy’s Aries!”

      Jan-Hendrik kyk skielik krities na Zoë. “Jellietot, jy kan nie so ’n mooi man in dié outfit wil ontmoet nie.” Hy loop na haar klerekas en blaai deur die oorblywende items. Zoë begin haar solank uittrek. Sy weet dit sal net mooi niks help om haar teë te sit nie. En sy moet toegee, Jan-Hendrik hét uitstekende smaak. Ongelukkig weet hy dit ook.

      “Stunning!” sê Jan-Hendrik toe hy op ’n kort, swart rokkie afkom. Hy glip dit vinnig van die hanger af en hou dit in die lug op. “Dè,” beveel hy en hou die rok en ’n paar swart hoëhak-skoene na Zoë uit. “Trust me on this one,” sê hy beterweterig. “As dit van mý afhang, is dit die eerste van ’n spul dates hierdie.”

      Toe Zoë uiteindelik klaar aangetrek is en na haarself in die spieël kyk, moet sy toegee dat Jan-Hendrik in die kol was. Maar dit voel nie regtig soos sý nie. Sy sukkel om met hoëhakskoene te loop. Sy hoop maar hulle gaan nie dans of iets nie. Sy loop effens wankelrig voordeur toe waar Jan-Hendrik reeds vir haar wag.

      “Ek gaan laai jou af,” sê hy beslis.

      In die motor treiter Jan-Hendrik haar nog met ’n paar vrae terwyl hy die sleutel in die aansitter draai. “Het jy jou selfoon? Pepper spray?”

      “Jan-Hendrik, ry net. Ons gaan laat wees!” sanik Zoë.

      “Nuwe onderklere? Onthou vir Bridget Jones, nè? Kyk net watter embarrassment was haar panties,” sê Jan-Hendrik en lag.

      Zoë lag nie; sy kyk net strak voor haar uit. Jan-Hendrik skud sy kop effens en trek haastig weg. Hulle het egter nie eens verby twee huise gevorder nie toe Zoë skielik sy arm