Donatello en Volksie. Marion Erskine. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Marion Erskine
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Короткие любовные романы
Год издания: 0
isbn: 9780624051077
Скачать книгу
(sjoe, ek’t nie geweet ek’s in staat tot sulke ghrênt Afrikaans nie! LMGA!) ontmoet ek niemand voordat ek ten minste ’n foto gesien het nie. Ek sal my nooit vergewe as ek saam met Gogga-maak-vir-baba-bang in die openbaar gesien moet word nie! Ek spot sommer weer, hoor. Jy moet maar gewoond raak aan my sick humor! Dit help om te weet vir wie mens op die uitkyk moet wees. Ek het reeds ’n idee hoe jy lyk en ek sal nogal wil sien of die foto by my idee pas.

      O ja! En ek ontmoet iemand net in ’n openbare plek waar my pepper spray genoeg aandag van die mense om my kan trek. Don’t worry, mate, ek het tot dusver nog nie my pepper spray gebruik nie. O, wag! Daar was nou die dag ’n voorval … Ha-ha. Ontmoet my vanaand so agtuur se kant op Matchmate, dan chat ons en tref die finale reëlings. Kry solank jou foto reg. Hier’s myne. Don’t be too judgemental! Heng, ek is vrek nuuskierig oor wat jy gaan dink.

      V

      Zoë skakel die rekenaar af en staan op om vir haar ’n koppie groentee te gaan maak. So, dan is dit nou só. Sy gaan uiteindelik vir Donatello ontmoet. Skielik is Zoë bang. Donatello is bloot ’n mens, ’n doodgewone man met doodgewone foute. Nie die foutlose mens wat sy deur die laaste paar boodskappe leer ken het nie. Het sy haarself regtig aan hom blootgestel? Die meisie wat banger is vir ’n langtermynverhouding as vir ’n tandarts? Weet hy dat sy nie regtig so grootbek is soos wat sy oor die kuberruimte voorgee nie? Sy dink sy’t gaan staan en verlief raak op ’n pakket. ’n Vooropgestelde idee van wat sy nodig het. Verlief! Verbeel jou. Mens kan mos nie halsoorkop gaan verlief raak op ’n siel wat jy nog nie ontmoet het nie. Of kan jy?

      6

      Die Upavistha Konasana

      Dit is ’n besonder warm dag. Al wat mens (en dier) is, soek skadu. Zoë skakel die waaier aan en plaas ’n rustige CD in haar draagbare musiekspeler. Dié CD van ondersese walvis- en dolfynklanke is een van haar gunstelinge. Sy buk langs die hoogswanger Hettie Basson. Hierdie ultramoderne huis van Hettie is massief en hulle het sommer een van die vertrekke ingerig as oefenkamer vir die jogasessies.

      “Ons begin met die Upavistha Konasana,” glimlag sy toe sy haar hand op Hettie se rug druk.

      “Zoë, dis verdomp seer!” steun Hettie.

      “Dis baie goed vir die baba,” stel Zoë haar gerus. “En dit help ook met jou eie inner calm.”

      Hettie sit op op haar jogamat, wydsbeen, en strek met alles in haar vorentoe terwyl sy haar neus teen die grond probeer druk.

      “Inner calm se gat! Ek kon nie eens ’n bleddie split doen vóórdat ek pregnant was nie,” kreun Hettie. “Waarom sal ek nou, op sowat sewe maande, kan?”

      “Hettie,” maan Zoë, “jy’s nie die eerste swanger vrou wat joga doen nie! Komaan, strék!”

      Hettie Basson kreun en steun asof sy reeds besig is om te kraam. Uiteindelik het Zoë haar in die posisie waarin sy haar wil hê en nou haal sy rustiger asem.

      Zoë glimlag breed. Soms dink sy niks in die lewe kan haar gelukkiger maak as joga nie. Die ding spook deesdae by haar. Sy gee nou al soveel jare lank jogaklasse vir swanger vroue. Maar om haar eie studio oop te maak, soos auntie Patsy wil hê, is gek. In Suid-Afrika is joga vir swanger vroue nog nuut, al word dit wêreldwyd reeds lank beoefen. Sy het tot dusver al nege en twintig swanger vroue gehelp met joga – almal ’n reusesukses. Al haar kliënte kon slegs ’n paar weke ná hul bevallings weer in hul eina-nommers pas. Hettie Basson is haar dertigste kliënt en vir seker ’n mylpaal; juis daarom wil Zoë hê sy moet net so ’n sukses wees.

      “Da’ gaat jy,” sê Zoë gemoedelik toe Hettie weer in haar normale, sittende posisie is.

      “Zoë!” dreig Hettie en blaas die natgeswete rooi slierte uit haar oë, “laat ek ooit agterkom jy’s pregnant! Ek belowe jou, jy sal suffer!”

      Nadat sy eers by Hettie tee gedrink en gesels het, voel haar eie huis leeg. Almal is ook met vakansie tussen Kersfees en Nuwejaar! Dit is net Hettie en Taryn, met wie sy darem op Krismis kon kuier. Maar nou is sy óók see toe. Zoë stap na haar rekenaar vir haar en Donatello se agtuur-afspraak. Daar is net iets aan hierdie ou wat haar heeltemal fassineer. Moet wees omdat hier niemand anders is nie, dink Zoë. Dit is maar net afleiding. Die ou chat dan asof hy ’n woordeboek ingesluk het. Sy gewaar ’n nuwe boodskap en daar is ’n klein prentjie daarby. Donatello het uiteindelik ’n foto van hom gestuur! Sy maak die foto oop en betrap haar dat sy langer daarna staar as wat sy wil: ’n lang, aantreklike donkerkopman in ’n donker pak klere, neutbruin oë, hare netjies kortgeknip en ’n glimlag soos in ’n Colgate-advertensie. Suits het nog nooit vir Zoë Zietsman veel aantrekkingskrag gehad nie – nie soseer oor hoe dit lyk nie, maar die onvermydelike arrogansie wat agter daardie suits skuil! Tog moet sy erken: hierdie man is baie hotter as wat sy haar ooit sou kon voorstel. Sy dink terug aan haar gesprek met Taryn oor die pheromones. Hoe sou Donatello ruik? Sy lag. Hulle het nog nie eens hul regte name verklap nie. Nie dat dit ’n slegte ding is nie. Hoe meer tyd ’n mens op die internet deurbring, hoe vinniger kom jy agter hoeveel psychos aanlyn is. En Zoë het al baie van hulle ontmoet. Dit is juis wat vir haar so aanloklik is van Donatello. Hulle gesels lekker, oor allerhande dinge, en hy het haar ná ses dae nog nie in die bed probeer praat nie.

      Donatello: Jy daar?

      Zoë glimlag. Nes hulle afgespreek het. Nog ’n ding waarvan sy hou: as Donatello sê hy is daar, dan is hy altyd betyds.

      Volksie: Ek is. So wat dink jy van my foto?

      Donatello: As ek jou vertel hoe mooi jy vir my is, sal ek jou seker afskrik.

      Volksie: Ons sal maar moet sien. ;-)

      Donatello: En hoe lyk my foto?

      Volksie: LOL! Het lekker gelag toe ek die suit sien. Dit pas mooi by jou suiwer Afrikaans. Maar ek moet sê, jy’s nogal hot. :-P

      Donatello: *bloos* Dankie.

      Volksie: So, gaan ons mekaar nog vanaand ontmoet?

      Donatello: Natuurlik!

      Volksie: Sien jy darem so ’n bietjie uit?

      Donatello: Baie! Ek sal darem nie Nuwejaar ook stoksielalleen hoef in te gaan nie.

      Volksie: Selfde hier. O ja! BTW, ek’t na die lunar calendar gekyk. Dis ’n goeie dag vir begrafnisse.

      Donatello: Ekskuus?

      Volksie: Boom, man! Ek wil Boom se as op die berg gaan strooi.

      Zoë is onmiddellik spyt. Miskien is dit nie so ’n goeie idee om ’n dooie troeteldier se as met ’n eerste afspraak te strooi nie.

      Volksie: Jong, sorry. Dis heeltemal weird van my om Boom te wil saambring.

      Donatello: Nee. Bring hom gerus. Ek sal graag by wil wees as jy sy as strooi. Ek voel geëerd dat jy so ’n spesiale oomblik met my sou wou deel. En daar is natuurlik altyd ’n eerste keer vir alles.

      Zoë sug verlig.

      Donatello: :-) Kan ek jou kom oplaai? Of moet ek jou êrens kry?

      Volksie: Hm … ontmoet my by Clearwater Mall. Ingang 2.

      Donatello: Sê so sewe-uur?

      Volksie: Jip. Ek is die een met die trommel honde-as onder die arm.

      Donatello: Sien uit daarna!

      Volksie: Ditto. ;-) SMG! Ek en jy op Nuwejaar, saam met Boom en sy nuwe jar! C u l8r! xxx

      Zoë se hart bokspring behoorlik toe sy die kruisie kliek op die skerm. Sy dink sy het dit heeltemal verloor vir hierdie man. Die chemistry werk net. En dit is die eerste keer in haar lewe dat sy regtig so daarna uitsien om iemand van aangesig tot aangesig te ontmoet.

      Sy spring op en krap in haar kas rond. Wat gaan sy aantrek? Wat is Donatello se gunstelingkleur? Watter parfuum moet sy gebruik? Hoeveel make-up? Sommige mans hou mos nie van oordadige grimering nie. Ander hou wel daarvan. Onmiddellik is sy vies vir haarself. Vir wat worry sy nou oor make-up en wat sy moet aantrek? Was die hele idee nie juis dat sy net haarself gaan wees nie? Sy