Plante kan praat. Jeanne Goosen. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jeanne Goosen
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780795703591
Скачать книгу
p>

      Titelblad

      JEANNE GOOSEN

      Plante kan praat

      KWELA BOEKE

      Opdrag

      Vir Poppie en Delores,

      Orlando

      en Reinet

      Motto

      If I closed my eyes for a minute

      I would be lost, yet

      I could gladly lie down and sleep forever

      beside this road.

      – RAYMOND CARVER,

      “Drinking While Driving” uit Fires

      1. Fucked for life

      Fucked for life

      Iemand skree voor die hek. Marna slof haar pantoffels aan en gaan sluit oop. Dis Andrea. Die honde spring teen haar op. Sy het ’n plastieksak vol goed by haar.

      Sy pak dit op die kombuistafel uit: kaaskoek, ’n Cadbury whole nut-sjokolade en ’n moerbeipoeding.

      “Liewe hel!” roep Marna uit. “Wat gaan aan? Het jy uiteindelik jou tesis klaar?” Sy skakel die ketel aan. “Wil jy tee hê? Niemand maak beter tee as ek en Vyf Rose nie.”

      “Het jy iets sterkers?” vra Andrea.

      Marna haal ’n bottel vonkelwyn uit die yskas. Sy draai die draadjie los en die prop skiet teen die plafon, mis die kombuislig rakelings. “Save the pieces,” sê sy en vra dan: “Hoe gaan dit met jou, sweetness?”

      “Ek weet nie,” antwoord Andrea. “So-so.” Sy trek haar skouers op. “ ’n Mens moet maar jou holletjie styf toeknyp. Die wêreld is vol onheil.”

      Hulle klink glasies, stap dan deur na Marna se slaapkamer en gaan lê op die bed, kou-kou. Hulle luister na Kippie Moeketsi: “Everybody is mad about me but you, Baby/ What did I do to offend you, Baby . . .”

      “Kippie is alive and well and living in Soweto,” sê Andrea. “Daardie ou het style, hoor, and that’s no fucking maybe.”

      “Cool,” beaam Marna. “Cool.”

      Hulle eet. Andrea voer die honde stukkies koek.

      “Jy moet dit nie doen nie,” betig Marna haar. “Hulle het hulle kos, man. Hierdie goed fok hulle lewer op, man.”

      “Aag, hierdie een keer sal hulle nie kwaad doen nie,” sê Andrea.

      “Jy sê dit elke bleddie keer,” sê Marna.

      Sy draai vir hulle ’n zol, steek dit aan, vat ’n diep skyf en paas dit aan. Sy trek die rook in haar longe in, maak haar oë toe en blaas uit. Die rook dwarrel stadig in die lug op. Sy begin hard lag.

      “Het jy dit of kry jy dit?” vra Andrea.

      “Weet jy waaraan dink ek nou?”

      “Wat?”

      “Raai.”

      “Ag nee, kak, man!” roep Andrea vies uit. “Sê! Jy weet ek haat games.”

      “Nee,” lag Marna, “ek lê skielik en wonder wat ou Hoog-en-Droog sal doen as sy ons nou moet sien. Ek bedoel só, hier op die bed met die honde, die bakke vol koek en tjorts, die dop en zol.”

      “Haar broek sal seker afval,” sê Andrea droog en gee die zol terug.

      Marna trek, hou die rook lank binne, voel die hitte, voel hoe die duiseling kom. “Dalk word sy iets wys,” sê sy. “Dis my gat se deksel, ’n literator wat geen sin, laat staan nog begrip, vir erotiek het nie.”

      Sy vat nog ’n puff. “En dit nogal letterkunde. Dink jy sy is nog ’n virgin?”

      Andrea lag skel. “Hoe de hel moet ek weet? As jy my vra, masturbeer sy met die agterkant van haar Bybel.”

      Sy staan op, trek haar sweetpakbroek uit en trek die gordyne toe. “Dis bleddie koud,” sê sy en klim onder die duvet in.

      Marna gaan kry ’n bottel chardonnay, skink en sit Lionel Ritchie op. “Say you/ say me/ say it for always/ That’s the way it should be . . .”

      Hulle luister.

      “Het jy iets van Haar Majesteit gehoor?” vra Andrea.

      “Van wanneer af sal sy mý kontak? As jy my vra, het sy teen hierdie tyd lyfwagte teen my aangestel.”

      “Wat dink jy doen sy vir seks?”

      “Ag nee, o hel, ek weet nie! Maar jy moenie so van haar praat nie. Nie op dié manier nie.” Marna is skielik huilerig. “Sy is nie só nie. Sy is net nie so ’n soort mens nie.”

      “O ja, nè?” Andrea kyk verbaas na Marna. “Wat gaan nou aan met jou?”

      Marna vee ’n paar trane weg. Dan sê sy opstandig: “Net deur te bestaan, intimideer sy my. Sy laat my voel dat net deur met haar te probeer práát, sal dit haar beeld aantas; dat die geringste poging van my kant af om haar net iets te vrá, ’n aanslag op haar ordentlikheid is.”

      “Moenie heavy raak nie,” sê Andrea.

      “Ek is nie heavy nie. Ek het haar gesien optree, net een maal, en toe het ek verslaaf geraak aan haar. Dit het vanself gebeur. Ek weet nie hoe nie, maar dit het my hele lewe verander.”

      “Hoe?” vra Andrea.

      “Ek het my bekeer,” sê Marna droewig. “Jy weet dit self. Sedertdien leef ek hoe ek meen sy sal wil hê ’n mens moet leef.”

      “Hoe?” vra Andrea weer.

      “Half heilig, asketies, inkennig, en ek steel nie meer nie. Dink jy sy haat my?” vra Marna wanhopig.

      “Dalk,” sê Andrea. “Ek weet vir ’n feit sy verafsku mense soos jy.”

      “Maar ek het my bekeer, en as daar saligspreking is, kan ’n jakkals van streek verander.” Marna huil nou hardop en vee die trane met die agterkant van haar hand af. “Kom ons kry nog wyn.”

      Andrea hou haar glas uit. “Wyn vir die pyn.”

      “I’m fucked for life,” sê Marna.

      “Ons drink daarop,” sê Andrea.

      Hulle lê met hulle lywe dig teen mekaar.

      “Die ergste is, ek kan ook nie sonder jou leef nie,” sê Marna.

      “Ek ook nie,” sê Andrea.

      “Wat?”

      “Hoe wat?”

      “Jy kan ook nie sonder jóú, of is dit nou sonder mý, leef nie?”

      “Ag, kom nou, man!” skree Andrea. “Ek volg jou nie meer nie.”

      Sy staan op. “Verskoon my, die natuur roep.”

      Marna volg haar badkamer toe, maar Andrea sluit die deur voordat sy kan binnekom.

      Marna luister by die deur. Andrea skeur papier af. Water spoel. Sy was haar hande.

      Sy sluit die deur oop, lag toe sy Marna sien. “Ek het geweet,” sê sy. “Pisfiksasie.”

      “Pisfiksasie,” beaam Marna. “Het jy geweet Havelock Ellis het ook ’n ding gehad oor ander mense wat pie? Hy het tot sy antie afgeluister.”

      “Ja,” sê Andrea. “Nee. En jy het my dit ook al ’n honderd maal gesê. En dat hy met ’n ou let getroud was.”

      Hulle kry nog chardonnay. Weer Kippie. Zambezi.

      Hulle gaan lê weer op die bed.

      Andrea draai na Marna. “Ek is randy,” sê sy. “Wat gaan jy daaromtrent doen?”

      Marna steek haar hand by Andrea se broekie in, trek dit af tot by haar knieë, voel aan haar. Sy is nie nat genoeg nie. Marna spuug op haar vingers, smeer Andrea se geslag, vryf haar.

      Andrea