Donker Web. Fanie Viljoen. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Fanie Viljoen
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Приключения: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780624090472
Скачать книгу
ek my nuwe woonstel se deur oopsluit. Nommer sewe.

      “My nuwe happy place, uiteindelik,” sê ek vir myself toe die deur oopswaai. Die skerp verfreuk brand in my neus. Dadelik gaan maak ek die skuifdeur na die balkon oop voordat ek die goed wat nog buite in die gang staan, inbring. Dan stap ek deur die plek. Dis groter as wat dit op die foto gelyk het. Ten volle gemeubileer. Donker kombuiskaste, marmerblad. Smeg-kombuistoerusting. Die dubbelbed is nuut. Ek het my eie beddegoed daarvoor gebring. ’n Lessenaar, ook van donker hout. Gemaklike stoel. Platskerm-TV. Ek maak seker dit kan met die internet koppel vir Netflix. Ek weet nie wie deesdae nog op ander maniere TV kyk nie.

      Die badkamer is eenvoudig, maar stylvol: bad, stort, hout-rolblindings voor die venster.

      Terug in die kamer sien ek ’n nota met die Wi-Fi-kode. Ek sal dit seker nie gebruik nie. Dis nie veilig nie, ek het my eie data.

      ’n Harde klop aan die deur laat my omvlieg. Chloe? Nee.

      “Is dit Hackers for Hire?” vra Plank ewe hard.

      “Shut up, ou!” maak ek hom vinnig stil. “Kom in.”

      Met ’n swag stap Plank nader. Dis goed om die ou weer te sien. Hy het plakkies aan, ’n kortbroek en ’n gekreukelde T-hemp waarop staan Gee my ’n bier en niemand kry seer nie. Sy hare is langer as op skool. Twee dae oue baard. ’n Moerse glimlag.

      Sy Lawson-handdruk vang my onkant, nes Kwanele s’n destyds.

      “Lekker vryplek wat jy hier het,” sê hy en fluit deur sy tande terwyl hy rondkyk.

      “Ek is hier om te swot, Plank.”

      Hy trek sy gesig. “Swottings is ’n bysaak, ou. Ek is hier vir die girls. O nee, wag, wag … moet net nie vir my sê jy is nog deurmekaar met daardie Nicole-meisiekind nie?”

      Dis nou ’n naam wat ek lanklaas gehoor het. “Nee, dis uit. Toe haar pa-hulle hoor wat ek met die hacking aangevang het, het hulle my verbied om haar te sien. Maar dinge was in elk geval nie lekker tussen ons nie. Dit was eintlik net ’n skool-crush.”

      Plank val op die bank neer. Hop so ’n bietjie om dit uit te toets. “Ek hoop nie sy het jou hart gebreek nie.”

      “Ag, jy weet.”

      “Tussen jou en my, Greg – sy was ’n user. En het sy nie nog met Eckardt geflirt nie? Ek het soos in minder as niks van haar gehou nie. Sorry.”

      “Dis oukei.” Ek haal my skouers op en trek die lessenaarstoel nader. Dan eers sien ek die bloedmerk op Plank se lip. “En dit?” vra ek.

      “Girls. Ek sê jou mos. Ek het gisteraand ’n honderd persent crazy een in De Lapa raakgedrink. Sy het vir my ’n robot shooter gekoop en my freakin’ lip oopgebyt toe ek haar soen.” Hy rol sy oë van lekkerkry. “Gepraat van drink, wat drink ons?”

      “Ek pak nog uit.”

      “Wag, ek help jou, dan vat ek jou vir ’n bier en ’n pizza. Welkom in Matieland, bru!”

      <h4>Die loser wat sy pa weggegee het</h4>

      So begin die studentelewe. Ek en Plank gaan kry ons voorgeskrewe boeke by Van Schaik Boekhandel in die Neelsie – ’n woelige studentesentrum in die hartjie van die kampus met enigiets van banke tot eetplekke, en die duiwel weet wat alles.

      Ek is outomaties lid van ’n groter kluster en ’n kleiner PSO – Privaatstudente-organisasie vir studente wat nie in koshuise bly nie. Saam met hulle woon ek einde Januarie, begin Februarie die O-week vir eerstejaars by. Daar is ’n hele boring oriënteringsprogram. Elke nuwe student het ook ’n mentor om te help met die aanpassing op die kampus en by die studentelewe. Myne is so ’n totale poepsak wat nie eens ’n mention nodig het nie. Ons kry akademiese inligting en toere deur die biblioteek, kampus en dorp. Sit deur die soveelste toespraak tydens die amptelike opening op die Danie Craven-stadion. Ek ontvang my studentekaart. Die foto lyk verskriklik.

      Die Donderdag voor die oriëntering eindig, is daar vroegoggend al ’n klop aan my deur.

      “Greg Maak-nie-saak-nie, is jy al wakker?”

      Ag, vrekkit. Dis Chloe.

      “Nee!” roep ek en druk die kussing oor my kop. Dit help nie, ek hoor haar steeds.

      “Nice try, nè? Maak oop die deur. Ek gaan nie in die gang staan en skree soos ’n waentjiestoter nie.”

      ’n Boemelaar, noem ons dit in die res van die land, maar die Kaapse boemelaars is grênder, daarom is hulle “bosslapers” of “waentjiestoters”.

      Ek seil uit die bed. Maak oop. “Chloe, wassit met jou?”

      Kiana en Lizmari is ook by haar. “Oe, kyk net die man se lyf, meisies,” sug Chloe. Sy waai haarself spottend koud met haar vingers.

      Ek vou my arms voor my bors. “Wat soek jy?”

      Chloe glimlag. “Jy moet kom, boyfriend. Ons gaan vir Vensters oefen. Het jy nie die boodskap gekry nie?”

      “Ek is nie jou boyfriend nie, en ek weet nie hoe oefen mens vir ’n venster nie. Stel ook nie belang nie. Cheers.”

      Ek druk die deur toe, maar Chloe stoot dit weer oop. “Jy moet vir jou wil eenkant hou, boyfriend. As jy nie kom nie, whatsapp ek my ander boyfriends om jou te kom haal. Ek het baie van hulle. Party is nogal mean. En ek bedoel nie gym-bunny-mean nie.” Sy druk met haar vinger teen my bors. “Ek bedoel gangster-mean. Ouens met messe en tronktattoos.”

      “Sê hom, Chloe.” Kiana lag.

      “Ek het nou net!”

      Ons kom laat vir die eerste oefening. Die ouer studente van die HK – huiskomitee – wat dit reël, is nie beïndruk nie. Dit het al agtuur begin. Chloe ken omtrent almal. En almal ken haar.

      Dis waar, dit lyk of sy oral boyfriends het. En girlfriends. To each his own.

      Sy wil-wil ook sommer oorneem by die HK met die Vensters-ding. Straatteater, vind ek daar uit. Koshuise en PSO’s span saam vir die groot okkasie Vrydagaand. Elke groep eerstejaars is verantwoordelik vir ’n kort opvoering van musiek, dans en drama. ’n Mengsel van vermaak en sosiale bewusmaking oor die een of ander kwessie. Dan oefen hulle dit dag en nag. Hou partytjie, leer mekaar ken.

      En nou is ek in die dekselse ding.

      Plank wil hom slap lag. “Kry vir jou, laas jaar het ek dit gedoen,” sê hy toe ek hom benoud tydens die eetbreuk bel.

      Ek byt op my tande.

      Jy’s nou hier, Greg, jy kan dit net sowel geniet. Maar hoe ek myself ook al probeer motiveer, dit voel of ek aanbeweeg het van ligsinnighede. Simpel liedjies sing. Strikkie om die nek. Een, twee, drie, hop. Een, twee, drie, draai.

      Tog doen ek dit. Twee dae lank oefen ek saam met die groep. Ek verf selfs saam met Chloe en ’n klomp HK-lede aan die reuseagtergrond vir die opvoering. Só vind ek uit dat sy ’n kunsstudent is. Sy swot BA Skone Kunste. Blykbaar nogal goed ook. Chloe dartel tussen almal rond. Deel idees, gee raad.

      “Mens spel nie ‘community’ so nie. Hemel, hoe het jy op universiteit beland? Iemand gebribe met ’n boksie vetkryt?” kap sy ’n meisie. “Verf daai toe en try weer. Twee m’ e, een n.”

      Ek help om die doek teen die straatverhoog se raamwerk op te hys. Van die HK-ouens doen die beligting, toets die klank.

      Wonder bo wonder begin ek dit later geniet. Asof iets binne my weer wil lewe kry. Weg is die onthougoed van my pa en ma en broer. Die donker dae.

      Plank en ’n paar van sy Wilgenhof-koshuisbuddies kom maak Vrydagmiddag ’n draai. Dalk meer om die eerstejaarmeisies te beloer.

      Hy gryp my hand. Gee weer die Lawson-handdruk wat verander in ’n skouerdruk.

      “Ken jy daai vrou?” vra hy toe hy wegstaan, sy pet lig en sy hande deur sy deurmekaar hare trek. Hy beduie met sy kop na iemand wat ’n ent weg staan. Sy het ’n streng