Die Krag Van Middernag Gebed. Gabriel Agbo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Gabriel Agbo
Издательство: Tektime S.r.l.s.
Серия:
Жанр произведения: Зарубежная эзотерическая и религиозная литература
Год издания: 0
isbn: 9788893987431
Скачать книгу
die toestand van hierdie vrou. In vers sewe maak die Bybel dit duidelik dat dit elke jaar die geval was met Hanna: “Dit het jaar na jaar gebeur.” Dit was dieselfde kinderloosheid, dieselfde bespotting, dieselfde teleurstelling, dieselfde vrugtelose pogings, en dieselfde verydelde verwagtinge. Ek bid dat elke herhalende negatiewe situasie in jou lewe verbreek sal word soos jy hierdie boodskap lees in die naam van Jesus!

      Daar is mense wat vandag deur Hanna-agtige situasies gaan. Hulle gaan ʼn nuwe jaar binne met die hoop om die beste daar uit te kry of ten minste iets beter. Hulle hoop vir ʼn beter werk, ʼn beter verhouding, ʼn gemaklike huis, ʼn salige huwelik, hoër geestelike vlakke, ens. Maar die jaar eindig sonder dat hulle enige van hul verwagtinge bereik. Sommiges is jaar na jaar in daardie sirkel van mislukking vasgevang. Geen bevordering, geen deurbraak.

      Hanna het met baie hoë verwagtinge in daardie huwelik ingetree. Sy het jaar na jaar gehoop hulle sal werklik word, maar het in plaas daarvan teleurstelling, bespotting, uittarting, en trane ontvang. Dank die Here dat sy besluit het om dit vir eens en altyd op te los, en sy het besluit om dit in die middernag te doen. Sy het geweet dat middernag die mees geskikte stryd terrein vir desperate mense is.

      Hanna het eendag, terwyl hulle in Silo was, na aandete (in die nag) na die tabernakel toe gegaan. Daar het sy tot God gebid. Sy het na God geroep om haar toestand te verander. God is altyd bewus van wat ons deurgaan, maar die meeste kere, wag Hy om ons erns om die situasie te verander te sien. As jy gemaklik is met jou toestand sal God jou ook toelaat om gemaklik daarmee te wees. Maar as jy sal opstaan, die toestand in die oë kyk, en aan God vashou om iets daaraan te doen, sal jy beslis Sy magtige hand sien wat verlossing vir jou sal bring.

      Hanna was desperaat (vers 15). En sy het besluit dat haar toestand daardie aand moes verander. Ja, totdat jy nie desperaat is nie, mag jy dalk niks fenomenaal van God ontvang nie. Hiermee bedoel ek goddelike desperaatheid.

      Hanna het daardie aand na die tabernakel gegaan en gebid; . Sy was ernstig en direk. Sy was spesifiek. Ek glo Hanna het iets soos die volgende vir die Here gesê: “God al wat ek nodig het is ʼn seun en U gaan dit nog vanaand vir my gee. Genoeg is genoeg!”

      Ek hoop dat jy iets uit Hanna se gebed geleer het. Sy het begin deur die almag van God te herbevestig. Alhoewel sy besig was om deur ʼn verskriklike situasie te gaan, was God nog steeds die Almagtige. Alhoewel sy in diep angs en pyn was, en bitterlik gehuil het, was God nog steeds die Almagtige. Hy bly almagtig, alomteenwoordig en die Allerhoogste. Ons probleme moet nie ons siening van God se almag, sorg, liefde, genade, en soewereiniteit verduister nie.

      Hy bly God en sal altyd in beheer wees. Geen situasie kan Hom verander nie. Hanna het gesê: ” Onthou dan ook, wanneer jy in middernag gebed ingaan, gaan met spesifieke gebede (tensy jy ʼn ander gebed rhema langs die pad ontvang het). God wil hê ons moet spesifiek en georganiseerd wees.

      Na daardie aand se ontmoeting met God by die tabernakel, en die profetiese woord van die Priester Eli, was Hanna bly en het begin om weer gesond te eet. Sy het nie nodig gehad dat enige iemand bevestig dat haar gebed beantwoord was nie. Een van die dinge wat jy sal agterkom ná ʼn middernag ontmoeting met God is dat jou laste sal lig. Jy sal die volgende dag vol vertroue en vol van God se teenwoordigheid binnegaan. Dit was waarom ek vroeër gesê het dat ʼn middernag kampioen onoorwinlik is. Dit bou hoop en vermoë om vir God se beloftes en tydsberekening te wag.

      Hanna het op die regte tyd geboorte aan ʼn seun geskenk. Nie ʼn gewone seun nie, maar een van die wonderlikste profete wat ooit geleef het. God het ook ander seuns en dogters vir haar gegee. Groot verwagtinge sal deur middel van middernag gebede plaasvind. God het vir Hanna geseën. En in plaas van smart, pyn, en bespotting, het Hy ʼn nuwe lied in haar hart geplaas. Ek sien hoe God vandag ʼn nuwe lied in jou hart sal plaas soos jy in middernag gevegte ingaan. In 1 Samuel 2:1-2 het Hanna gesing:

      “My hart is bly in die HERE!

      Kyk hoe het die HERE my geseën!

      Nou kan ek my vyande antwoord

      terwyl ek my verbly oor U verlossing.

      Niemand is heilig soos die HERE nie!

      Niemand is U gelyke nie;

      daar is geen Rots soos ons God nie.”

      

      Paulus en Silas

      Middernag gebed is die sekerste terrein waar sataniese bindinge en beperkings verbreek kan word. Dit maak nie saak hoe sterk en moeilik die jukke is om te verbreek nie, hulle kan nie aanhoudende en langdurige middernag gebed weerstaan nie. Die duiwel weet dit baie goed en dit is hoekom hy alles sal doen om jou te ontmoedig om in die middel van die nag te bid. Middernag is soos ʼn geestelike hoofweg en soos ek al genoem het, die meeste van die dinge wat met ons gebeur word in ons lewe in geprogrammeer gedurende hierdie tyd. So, wanneer jy ook opstaan en veg gedurende hierdie tyd, neem jy deel in die besluite van wat met jou lewe gebeur.

      Daar is so baie mense wat met sataniese bindinge leef vandag. Daar is so baie individue, gesinne, en groepe wat onwetend sukkel met sataniese jukke. Daar is miljoene mense wat rondloop met geestelike gebonde hande en bene met kettings van kragtige sataniese magte. Ek weet dit sal vreemd klink vir sommige mense, maar dit is ʼn feit. Dit is ʼn geestelike saak. Jy kan net bewus wees hiervan as die Gees van God kies om jou te wys.

      Ek het onlangs ʼn vrou wat ek al vir meer as 34 jaar ken in ʼn openbaring gesien, gebind met kettings – haar hande en bene. Ek was geskok. Indien ek nie seker was dat die visie van God afkomstig was nie en dat ek persoonlik deur dieselfde ervaring gegaan het nie, sou ek dit betwyfel het. Wat sedert in die lewe van die vrou plaasgevind het is ook ʼn bevestiging van daardie openbaring. Sy het nog nie deurbraak ervaar vandat ek haar ken nie.

      Wanneer jy meerjarige probleme in jou lewe of in jou familie beleef; jaar na jaar staan jy voor dieselfde soort probleme, of jy voel dat jy verhinder word om sekere perke in die lewe te oorkom, dan is dit raadsaam om te bid en die Here te vra om jou te wys wat die bron van jou probleme is. In die meeste gevalle is dit die werk van Satan en die agente van sy donker koninkryk.

      In Afrika, en ook in sommige ander dele van die wêreld, is dit nie vreemd om te hoor dat agente van duisternis bestemmings, vrugbaarheid, vooruitgang, of selfs mense se gesondheid in die geesteryk vasketting nie. Slagoffers van sulke sataniese manipulasie sal regdeur hulle lewens sukkel.

      Hulle sal alles menslik moontlik doen om deurbraak in hierdie lewe te hê, maar hulle sal nooit slaag nie. Sommiges sal selfs geprogrammeer word om nie te trou of kinders te hê nie, of self om miskrame te hê. Al hierdie gebeur. Ons sien dit nie net in die lewens van ongelowiges nie, maar ongelukkig ook by gelowiges. En ek glo dit gebeur omdat die kerk van vandag nie in die volheid van die krag van God lewe nie.

      Ons gaan kerk toe en het gemeganiseerde dienste sonder Sy salwing. Onthou, die woord van God sê dat die salwing (die teenwoordigheid van God) elke juk verbreek. Maar het die kerk van vandag die salwing? Ongelukkig is die kerk vandag vas aan die slaap en onthou dat Jesus gesê het dat .

      Middernag gebed is een van die maniere wat God sal gebruik om die krag en salwing terug te gee aan die kerk en ook aan individuele Christene. En wanneer hierdie krag kom, sal dit elke juk, elke ketting, en elke sataniese vesting verbreek. Kom ons kyk in die Bybel waar en hoe die kettings van die vyand verbreek is deur middernag gebed.

      “Hulle het baie houe gekry, en toe is hulle in die tronk gegooi. Die tronkbewaarder het opdrag gekry om seker te maak dat hulle nie ontsnap nie. In reaksie op hierdie bevel het die tronkbewaarder hulle in die binneste sel gegooi en hulle voete in houtblokke vasgeklem. . Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar ’n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!”

      Handelinge