Die Krag Van Middernag Gebed. Gabriel Agbo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Gabriel Agbo
Издательство: Tektime S.r.l.s.
Серия:
Жанр произведения: Зарубежная эзотерическая и религиозная литература
Год издания: 0
isbn: 9788893987431
Скачать книгу
van hulle vader se besittings. Hy kon ook gedink het dat Jakob terug gekom het om hom van hul vader se groot boedel te verplaas of om ten minste vir sy eie aandeel te vra.

      Jakob het geweet dat die bogenoemde ʼn moontlikheid was en daarom het hy vir die boodskappers gesê om vir Esau te vertel dat hy nie huis toe gekom het om vir sy erfenis te baklei nie, want God het hom reeds geseën met beeste, esels, kleinvee, slawe, en vrou-dienaars.

      Jakob en sy familie het by die Jabbokrivier aangekom, en soos die nag gekom het, het hy sy gesin oor die drif van die rivier gestuur, terwyl hy alleen agter gebly het. Hy het besluit om die nag in gebed deur te bring en hy het verlang om alleen met God te wees. Dit was ʼn eensame, geïsoleerde, en onbeskermde plek. Jakob het in nood op die aarde neergebuig. Dit was middernag. Die realiteit van Esau se bedreiging teen hom, sy kinders en vroue het in hom geroer. Hy het geween, gehuil, en het God herinner aan al Sy beloftes aan hom.

      En ewe skielik was daar ʼn sterk hand op sy skouer. Hy het gedink dit is ʼn vyand wat sy lewe wou neem en hy het probeer om homself uit die greep van sy aanvaller te kry. Die twee het in die duisternis geworstel. Daar was nie ʼn woord gespreek nie, maar Jakob het al sy krag bymekaar geskraap en het nie sy pogings vir ʼn oomblik ontspan nie. Hy het vir sy lewe baklei.

      Dit is presies waaroor middernag gebed gaan. Dit gaan oor die stryd vir jou lewe en bestemming. Wanneer jy lewensgevaarlike situasies in die gesig gestaar, wanneer jy omstandighede wat jou bestemming bedreig in die gesig gestaar, is die beste plek om hulle op te los die middernag terrein. Om middernag stoei jy met God, met die mens, en met geeste. En wanneer ʼn mens vir hul lewe veg het jy nie regtig nodig om vir hul te sê om dapper te wees nie. Hulle sal teen die situasie veg tot en met hul laaste asem. Daar is vandag probleme in jou lewe wat ek glo net uitmekaar gehaal kan word deur middernag gebede. En jy moet teen daardie probleme veg asof dit jou laaste geveg is.

      Jakob het vir die wese met wie hy geworstel het gesê dat hy (Jakob) hom nie sou laat gaan, tensy hy hom geseën het nie. Dit moet ook ons gesindheid wees elke keer as ons bid. Ons moet bid met kanniedood mentaliteit. Jakob het volgehou en die oorhand gekry. Hy het geweier om op te gee totdat hy geseën was. Alhoewel dit soms lyk asof die situasie moeiliker of taaier word terwyl ons bid, moet jy aanhou totdat jy die oorwinning kry. Hou altyd in gedagte dat ʼn seëvierende einde gewaarborg is.

      Jakob het daardie plek as ʼn veranderde man verlaat. Hy het ʼn ewige naam ontvang – Israel. Al sy vrese was afgehandel en God het ook voor hom uitgegaan om Esau se hart te versag. Sy vrese het oornag in moed verander. Hy het voortgegaan om sy broer en sy elite-groep te ontmoet. Teen hierdie tyd het God hulle in sy vriende verander. Trouens, die Bybel sê dat soos Jakob die worstel plek verlaat het – Pniël – was die (Genesis 32:31). Die son sal ook vandag vir jou opkom, in die naam van Jesus! Daar is niks wat jy nie deur middel van middernag gebede kan bereik nie. Begin vandag en getuienisse sal agter jou begin aanhardloop. Kom ons kyk kortliks na wat een van die wonderlikste leraars van ons tyd oor middernag gebed sê voordat ons aangaan:

      

      “Eerstens, laat ek verduidelik dat ek meeste van my bid werk in die aand doen. Ek is al vir die meeste van my lewe ʼn aand persoon. Ek is nou ouer en het effens verander, maar ek was nog altyd meer waaksaam gewees teen MIDDERNAG as op enige ander tyd van die dag. Dit is ook waarom ek altyd my studeer werk in die aand gedoen het. Ek het al baie keer regdeur die aand gestudeer en gelees.

      “Ek het in die gewoonte gekom om gedurende die aand te bid toe ek bedlêend was in 1933 en 1934. Ek kon nie op enige ander manier bid behalwe in die bed nie, want ek was bedlêend – gekoppel aan daardie bed. Ek kon nie opstaan en loop nie. Ek onthou een spesifieke aand, ek het die hele aand gebid. Ek het glad nie geslaap nie; ek het net gebid. Daar is baie aande wat ek byna die hele aand lank bid. Daar is ook baie aande waar ek vir ʼn uur of twee sou bid voordat ek gaan slaap het.

      “Ek het altyd uitgesien na aande wanneer almal in die bed was en dinge stil geraak het, sodat ek kon bid… Ek het in die gewoonte gekom om in die aand te bid wanneer ek alleen kon wees, en ek dink ek het dit net aanhou doen deur die jare. Baie kere het God in die aand met my gepraat.”

      Kenneth E. Hagin is die stigter van Kenneth Hagin Ministries en RHEMA Bible Church, Tulsa, Oklahoma, VSA.

      – (Uittreksel is uit sy boek Plans, Purposes & Pursuits, bladsy 2, geneem en losweg vertaal).

      Die meeste suksesvolle leraars wie al ooit ʼn onuitwisbare merk vir die koninkryk van God gemaak het, het dieselfde ervaring en stories om te vertel. Maar ons kan hulle nie almal hier noem nie. Kom ons gaan oor na die volgende hoofstuk.

      

      God van Hanna

      Die meeste mense wat die krag van middernag gebed ontgin is diegene wat desperaat vir God se ingryping in hul situasies is. Hulle het ʼn plek bereik waar dit vir hulle verby sal wees as God niks aan hul omstandighede doen nie. Hulle kom by ʼn kruispad aan. Voordat jy die gemak van jou bed sal verlaat en jouself ontneem van ʼn goeie nagrus om te huil en vir God te vra om by jou situasie in te gryp, dan sou jy ʼn plek van wanhoop in jou lewe bereik het. Soms laat God toe dat ons by so ʼn plek uitkom, sodat ons ons perke kan sien en om, terselfdertyd, Sy vermoë om te red en herstel te waardeer.

      Kom ons kyk na die verhaal van Hanna in 1 Samuel 1:6-20:

      “Maar Peninna het Hanna oor haar kinderloosheid gespot en verneder. Dit het jaar na jaar gebeur wanneer hulle na die huis van die HERE gegaan het. Dit het Hanna so laat huil dat sy nie wou eet nie…

      “Op ’n keer toe hulle weer by Silo was, het Hanna na die heiligdom van die HERE gegaan. Die priester Eli het op sy gewone plek by die ingang gesit. Hanna was baie ontsteld en terwyl sy onbedaarlik huil, het sy tot die HERE gebid. Sy het ’n gelofte maak: ‘O HERE, Almagtige, as U tog net my verdriet wil raaksien en my gebed verhoor en vir my ’n seun gee, sal ek hom vir U teruggee. Lewenslank sal hy aan U behoort. As teken daarvan sal sy hare nooit gesny word nie.’

      “Terwyl sy besig was om te bid, het Eli haar dopgehou. Haar lippe het beweeg, maar ’n mens kon niks hoor nie. Hy dink toe sy is dronk. ‘Moet jy dan besope hier aankom?’ sê hy. ‘Los die drank uit!’

      “‘O nee, Meneer!’ antwoord sy. ‘Ek het nie wyn of sterk drank gedrink nie. Ek is net diep bedroef. Ek het maar net my hart voor die HERE oopgemaak. Asseblief, moenie dink ek is ’n slegte vrou nie. Ek het so lank gebid omdat ek baie hartseer is.’

      “‘Gaan gerus,’ sê Eli. ‘Mag die God van Israel vir jou gee wat jy Hom gevra het.’

      “‘Baie dankie, Meneer!’ antwoord sy en gaan terug om te eet. Sy was nie meer hartseer nie.

      “Die gesin het vroeg die volgende oggend opgestaan. Nadat hulle die HERE aanbid het, is hulle terug huis toe in Rama. Elkana het by Hanna geslaap en . Sy het hom Samuel genoem, ‘want,’ het sy gesê, ‘ek het hom van die HERE afgesmeek.’”

      Dit is ʼn storie wat jy seker baie goed ken. Hanna was getroud met ʼn ryk Leviet – Elkana van die gebergte van Efraim in Israel. Die egpaar het met blydskap en in harmonie geleef, maar kon nie kinders hê nie. Na ʼn paar jaar het Elkana met ʼn tweede vrou getrou – Peninna. Peninna het in die situasie ingekom en het twis, jaloesie, en bitsigheid saam met haar gebring.

      Elkana se huis, wat eens vreedsaam was, het skielik in ʼn teater van oorlog verander. Die euwel van poligamie. Hanna was aan die ontvangkant. Asof dit nie genoeg was dat sy bedroef was omdat sy nie ʼn baba kon hê nie, het Peninna haar herinner aan hoe onproduktief, waardeloos, en onbegeerd sy in daardie was.

      Peninna sou haar spot en selfs tart op pad kerk toe. Die Bybel sê dat Hanna, na al hierdie trauma, sou huil en huil en weier om te eet. Ek glo Hanna moes ʼn spook van haarself gewees het. Stel jou ʼn persoon voor wat heeltyd gehuil het, haarself uitgehonger het en gerou