“Ek kon van die pad af sien hulle staan by die plek waar ek haar ingespit het. Die ander twee lê verder weg.”
’n Naarheid stoot in Zach se keel op. Sy worst nightmare het waar geword.
“Vergeet eers van die park in Kenridge en wag vir my by die huis. Ek ry nou.”
Festus lag. “No reason to panic. Hulle weet mos nie dis ek nie.”
“Doen net wat ek sê, Festus! Ry dadelik terug huis toe!”
Zach druk die foon dood. Hierdie storie kan hulle hele business ontspoor.
Hy kan nie dink Medusa gaan tevrede wees met die publisiteit wat die moord gaan kry nie. Destyds toe die eerste vrou verdwyn het, het hy vir haar gesê hulle het die vrou ontvoer vir ’n Nigeriese groep wat in die Ooste handel dryf.
* * *
Hy is effens neerslagtig oor gisteraand. Die kinders was glad nie opgewonde oor hulle geskenke nie. Die meisietjie het hare nog oopgemaak, maar die seun het nie aan syne geraak nie.
Hy moes dit vír hom oopmaak, en toe het die seun nie bly gelyk oor die bordspeletjie nie. Hy het ook die Barbiepop by sy sussie afgevat en dit vir hom teruggegee.
“Ons wil nie presente hê nie,” het die seun ewe hardegat gesê. “Ons wil huis toe gaan.”
Hy het amper sy humeur verloor, maar hom net betyds ingehou.
Dit gaan ’n lang proses wees om hulle vertroue te wen. En hy gaan nie nou al moed opgee nie.
Hy’t die twee na hulle slaapsaal teruggeneem, die geskenke by hulle gelos en sy frustrasie op een van die ander kinders gaan uithaal.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.