Blou is nie ’n kleur nie. Carin Krahtz. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Carin Krahtz
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9780624081944
Скачать книгу

      “Well, like I said: she did say something about a circus.”

      “Konstabel, jy, check vir my of daar ’n sirkus op Paternoster is.”

      “Sir, Captain, come quick! We found a middle-aged white male lying in the shallow water.”

      “Leef hy?”

      “No Sir. A bullet hole right through his heart. Wearing an All Black jersey.”

      “Toeris. Great. Môre is ons weer vir al die verkeerde redes in die oorsese koerante. Sien, wat het ek gesê van die nette wyd gooi, Sarge? Hier sit ons nou met ’n dooie Kiwi. Ons gaan dalk ons antwoorde so ver soos Nieu-Seeland moet gaan soek. Hierdie kan ’n internasionale misdaadsindikaat wees. Kry die man uit hierdie blerrie modder en kry ’n nommer vir die eienaar van die huisboot. Hy behoort te weet waar die Zimbabwiër se bakkie dalk met ’n vrag gesteelde goed geparkeer is.”

      “Captain, she won’t get into the ambulance. Insists on seeing what you’ve found.”

      “Waar kom jy nou vandaan, Poppie? Ek dog die ambulans is al weg met jou. Kry haar hier weg, Konstabel. Sy’s klaar deur helse trauma.”

      “Come, Miss, come now. Stop staring at the corpse, please.”

      “Bid werk – net nie altyd soos mens dink nie.”

      “Sit haar liewer op ’n stretcher, Konstabel. Baai, Poppie, ek sien jou by die hospitaal. Gaan nou. Quick-quick, Konstabel, sy’s in die pad. Oukei, manne, waar’s die duikers?”

      “Here’s another one, Captain! Black female in a life jacket.”

      “Nog ’n lyk?”

      “No, Sir, but she needs CPR.”

      “Moenie net daar staan nie, mamparra, kry haar uit die water en laat kom nog ’n ambulans! Netnou is daar nog.”

      “Excuse me, Sir, news from the boat. I’m afraid it’s not good.”

      “Spoeg dit uit!”

      “Two females, one fatally wounded.”

      “En die ander een?”

      “Lost a lot of blood, Sir, from a shot through the leg. Ons sal haar moet air-lift.”

      “Lyk my dit was een helse shoot-out.”

      “Eish, Captain, what a day!”

      “Jip, en dis vandag nog maar net Maandag. Nou moet jy weet hoe erg dit teen Kersdag en Nuwejaar gaan wees wanneer mense begin suip.”

DIE EINDE pic01

      ’N TOTALE AANSLAG

      Die droogte het drie jaar gevat om te groei tot die krisis wat dit nou is. Die molkrieke vreet groot geel kringe in ons yl grasperk. Die honde se pie brand geel kolletjies in die kikoejoe omdat die waterbeperkings maak dat niemand durf natspuit nie. En van reën is daar geen teken nie.

      In een van haar messteke na Paternoster (en daar’s baie) sê MD dié aand aan etenstafel die kolle op die grasperk herinner haar aan Van Gogh se Sterrenag. Paternoster hap nie aan haar aas nie, maar onder sy snor kan ek sien sy linkermondhoek krul afdraande. Ek weet sy irriteer hom vet.

      Eers nadat ons Queenie help afdek het, reageer hy, vermoedelik om te probeer keer dat MD die toestand van die tuin netnou tydens die rugby-uitsending probeer bespreek. Of erger nog: daarop aandring dat die tuinprobleem daar en dan opgelos word.

      “Van Gogh se Sterrenag is in hoofsaak nie geel nie,” sê hy, asof terloops. Hy vat ’n paar lang teue uit sy bierbottel. “Ek is deeglik bewus van hoe swaar die tuin met die droogte kry, MD. So hou op om aanmekaar my hol met ’n lang, vuil vingernael ál op dieselfde plek te krap.”

      “Dis ’n lont, my liewe man,” kap sy droogweg terug.

      Sy sê lankal sy verwag nie meer koesterwoordjies uit sy mond nie. Sy koesterwoordjies het glo opgedroog skuins nadat sy blinkoog vir hom die jawoord gegee het. En ons twee meisiekinders moet mooi dink voor ons sommer net afhaak met ’n man met ’n gladde bek, ’n bank-job en skoon skoene, want trou is vir altyd. Maak nie saak van watter kant af jy die vooruitsigte probeer pienk verf nie, trou is nie ’n storie van kies ’n perd met ’n gesonde gebit, betaal en ry ’n perskepienk sonsondergang binne nie. Ons moet onthou dis maklik om te trou, maar amper onmoontlik om getroud te bly.

      “Jy dink dis my vinger wat jou krap, Paternoster, maar dis ’n dinamietlont wat jou nog eendag van daai rusbank af gaan lanseer – dwarsdeur daai TV waaraan jy so vasgegom is.”

      Paternoster vererg hom vir haar en lig homself van die bank af op. Dis ses minute ná afskoptyd, die Bokke teen die Ozzies.

      “Kom ek bewys vir jou ek is nie verslaaf aan TV-rugby nie.” Hy gooi sy arms in die lug.

      Nou is die tyd om in wonderwerke te begin glo. MD trek Sasha en Sushi se mandjie tot langs haar stoel, murmel ’n paar troetelwoordjies sodat hulle moet stil lê, sit haar leesbril op, tel ’n tydskrif van die koffietafel af op en ignoreer Paternoster se wilde gebare.

      Hoe hy dit ook al haat, sedert die ongeluk laat hy maar altyd toe dat MD aan hom voorskryf wat hy moet doen en dink. “Ek moet nog die rede vir my onderdanigheid ondersoek,” sê hy op bitter dae (waarvan daar al hoe meer is). “Miskien moet ek nie te diep grawe nie, want as ek by die antwoord kom, gaan ek haar dalk skei – en wat dan van haar ma?”

      Dié vraag is bra skynheilig. Almal weet tog hy brand om Nan se besittings uit te dra en op die sypaadjie te los. Nan is die Olimpiese driekampkampioen in mor, moan en mislik wees. Nee wat, dis oor hy agter sy bruin persoonlikheid wegkruip dat Paternoster dié vraag vra. Bruin soos in vaal, soos in sonder guts, soos in ’n geoliede masjien wat op sy ratte draai sonder om te wonder oor die sin daarvan. Dit het net drie jaar gevat vir my en die queen se narpappa om homself soos ’n trapsuutjies te kamoefleer met die droogte se bruin.

      “Paternoster sal MD nooit los nie,” het die queen eenkeer gesê toe ek ontsteld was oor sy dreigemente van egskeiding. “Hy’t my te nodig.”

      “En vir my?” het ek gevra.

      “En vir my?” het sy gekoggel. “As hy MD los, sal sy ons saamvat en dan gaan hy skyt. MD sal weet hoe om hom kaal uit te trek in die hof en hy sal nie haar tipe onderhoud kan betaal nie. Behalwe vir die huis, besit hy nie ’n dooie duit nie – ek wed jou sy verdien meer as hy.”

      “Sal sy hom los?”

      “Ook nie. Dit sal sleg wees vir haar career image.”

      MD is siek goed in die hof. Sy’t nie genade vir kansvattermans wat hul vrouens verneuk of nie onderhoud vir hul kinders wil betaal nie. Dit het ek met my eie oë gesien toe ek eenkeer met take-a-girl-child-to-work-dag saamgepiekel het. ’n Man het hom liederlik met haar sagte stem en pienk pakkie misgis. In trane het hy daar gestaan, dit het gelyk of sy hande onwillekeurig probeer keer vir sy kroonjuwele. Dis my ma daai: ’n bulldog in pastelkleurige werkspakkies.

      Die queen is reg. Die naaste wat Paternoster ooit daaraan sal kom om MD met al haar kennis oor egskeidingswette te los, was toe hy ons troetelnaam vir haar, Ma-di, verkort het na MD. “Managing Director,” sê hy, “dís waarvoor dit staan. Sy’s gestuur om my te manage.”

      Hy’t haar so begin noem die lente van die ongeluk, toe hy so bruin en sy so bossy begin raak het. Mettertyd het die naam aan ons ook afgesmeer. Hy noem haar amper nooit meer Didi nie – net wanneer sy irritasievlakke naby aan kookpunt is.

      “Ek weet nie hoekom jy nog nie die MD by Muller Mohlake & Vermaak is nie,” brom hy, hard genoeg dat sy hom móét hoor. “Jou sweepklappery gaan nog my rug breek.”

      “It’s high time someone gets you off your backside,” chip Nan in. “You can thank your lucky