Krismis van Map Jacobs. Adam Small. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Adam Small
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Зарубежная драматургия
Год издания: 0
isbn: 9780624068594
Скачать книгу
ons nie indeed ge-honour nie! Imagine, net moet sy passing presence! Die kak!

      RICHIE: Hê, mister Willy la Guma vanselwers!

      CYRIL (skreeu): Hey, mister La Guma! So, what’s new, pussycat, I mean in politics?!

      RICHIE: An’ in P.T.?!

      Hulle lag.

      TOMMY: Hê, ou Willy is nie so ’n fool soes julle rekent nie …

      CYRIL: Sê jy dit moet flowers, of moet ’n skipping rope, ou Tommy? (Lag.)

      TOMMY: Lyster, ou Willy is okay … En boenop is hy rég, hy’s rég in alles wat hy sê …

      CYRIL: Ôldou dis like nie jou biesagheit nie, nè, Tommy! (Lag.)

      Cyril en Richie speel kerrim. Tommy vryf sy “goetertjies” blink. Die musiek van die orkes breek deur. Die straat gaan sy gang. Die lig verander.

      Drie

      Map se ma besoek hom in die tronk. Ons sien vir Map aan die een kant van die dik glas wat gevangenes van hul besoekers skei; Antie Grootmeisie, teenoor hom, aan die ander kant. Grys mure van die tronk rondom. Antie Grootmeisie praat nie. Map is die een wat praat, dán huiwerend, dán met drif.

      Stilte.

      MAP: Ek is nog ôrait, Ma … ’is Map … ’is Johnnie …

      Sy kyk na hom, knik.

      MAP: Hoe gaan ’it moet Ma?

      Sy knik dat dit “goed gaan”.

      MAP: En moet Blanchie? Sy kom ook nie meer nie … Ek wiet sy’t ook altyd skelm gekom, sonner lat haar mense wiet …

      Antie Grootmeisie kyk na hom, vol ontsteltenis.

      MAP: … maar ek verkwalik haar nie … Die social worker het weer moet my gepraat, sy’s nogal vrinnelik …

      Sy kyk na hom.

      MAP: Miss Africa … ’n Mens kan nogal moet haar praat.

      Sy kyk vraend op.

      MAP: Miss Africa, Ma … Ek sê, sy’s nogal vrinnelik …

      Antie Grootmeisie knik.

      MAP: Sy sê parole is nou due vir my, ek kom yt op die sewende wat nou kom, annermaand …

      Antie Grootmeisie kyk lewendig op.

      MAP: Annermaand!

      Sy knik opgewonde.

      MAP: Parole, Ma …

      Sy knik weer.

      MAP: Ek is jammer, oor dit alles, Ma … Ek het al gesê … Ek het vir Ma al gesê, ek is jammer oor dit alles … Ek het ge-change hierso in die tronk in. Ma wiet self. (Driftig.) Ek is jammer, maar Ma moet my glo, Ma móét my gló! Ek het ge-change hierso …

      Sy skud haar kop hewig om te kenne te gee dat sy “glo”.

      MAP: Ek is ’n ge-change-de man, ek … het die Here Jesus gevind hierso, regtig, ek sal nie lieg nie … Dink Ma ek lieg?!

      Sy knik “nee”.

      MAP (sektaries): Praise the Lord, Ma! Hy vát vir jou, Hy … Hy vat vir jou, vuil net soes wat jy is, en dan maak Hy vir jou silwerskoon, Hy trek vir jou nuwe klere aan, wit klere, en jy kniel voor sy troon, en Hy gee vir jou sy genade! Praise the Lord, Ma!

      Stilte.

      MAP: Hy gee vir jou sy genade!

      Stilte.

      MAP: Maar dis wáár, Ma! Ma!

      Sy knik.

      MAP: Ek en die Apostel, ons bid saam hierso binnekant, hý het die Here vir my gebring … Het Ma al vir Blanchie gesê van my, lat ek vir Ma gesê het ek het die Here gekry, hierso … Ma moet tog vir haar sê. En sê oek vir haar dis nou amper tyd lat ek ytkom, dis definitely die sewende van annermaand. En vra vir haar, kan sy nie weer kom visit nie, sê vir haar sy moenie bang wies nie, ek is ’n anner man, ôldou ek is of course oek nog Map Jacobs … sê vir haar, Ma …

      Stilte.

      MAP: Sal Ma vir haar sê?

      Sy knik “ja”, maar is die ene ontsteltenis.

      MAP: Promise …

      Sy knik.

      MAP: Ek het nooit gewiet dit kan só wies nie. Die Here Jesus, Hy maak vir jou werklik vry! Apostel George, hy’t vir my gewys, die lig! Ma moet vir my glo, lat ek ’n kind van die Here Jesus geword het hierso … Ek wiet hulle sê ons ammal praat maar so ná so ’n lang tyd hierso binnekant, maar ’is nie waar nie, Ma, ’is nie waar nie!

      Geluide.

      MAP: ’Is in die kombuis, die skottelgoed. Dis net om die hoek, in die gang af …

      Stilte.

      MAP: Ek sweer alles sal nou regkom, Ma … Hulle moet my net ’n kans gee, daar buitekant … Die social worker, Miss Africa, sy’t moet my gepraat, sy meen hulle sál vir my ’n kans gee. Ek moet ’n werk kry, sy sê sy’s besig om vir my yt te vind, ek het gesê vir haar enige soorte werk, ’it maak nie saak wat nie … Dit maak nie saak nie … Ek wil net daai kans hê, om te wys … lat ek ’n annerste man is … Ma … Sê tog vir Blanchie wat ek sê …

      Sy knik. Stilte.

      MAP: Ma lyk goed. Hoe gaan ’it moet Oompie Paulsen-hulle? Die band practise seker al vir Krismis. Ek onthou … Dis regte mense daai, Oompie Paulsen-hulle. Oompie Paulsen en Kaffi’tjie Arries, en Boytjie Louw, ek onthou al hulle name even! Sê vir hulle sewe jaar is ’n lang tyd, maar ’is oek ’n kort tyd, ek onthou al hulle name even … en Danny Delcarme, en Bêrend Oliphant, en Freddy, wat is sy van nou weer … en Tommy Sobotker, Tommy moet sy goetertjies! … Kan Ma gló, ek kom ýt, op die sewende … O ja, Freddy la Vita …

      Sy knik.

      MAP: Ek weet Uncle Cavernelis het nooit van my gehou nie, maar sê vir hom ek het ge-veranner, Ma … Hy hoef nie meer te worry oor my moet Blanchie nie … Sewe jare. Onthou Ma nog vir Uncle Cavernelis moet sy suitcase moet die soft goods (lag ’n bietjie), die overtime-werk om ekstra te verdien, geld, geld, geld … vir ’n plot grond en ’n huis in Grassy Park, of even in Belhar, weg van die township af … (Hy lag.)

      Antie Grootmeisie ontsteld.

      MAP: Ek het vir Uncle Cavernelis alles vergewe, sê vir hom … Hy’t later gedink ek is rubbish, ek wiet. Sê vir hom ek wás rubbish, Ma, maar ek is annerste! (Hy pleit.)

      Stilte.

      MAP: Maybe glo Ma oek nie vir my nie … Die Apostel van die Kerk, Apostel George, hy kom elke Sondag … Partykeers ook in die week in … lyster Ma? Die social worker, Miss Africa, sy sê ek moet ytpraat moet iemand, ek moet once an’ for all vir iemand wat ek kan trust, sê exactly wat gebeur het daai nag … Maar Miss Africa, sê ek, ek hét dit mos al, sewe jaar gelede, in die hof in ge-vertel, hoekom wéér? Moet ek nou weer … Ek kán nie, dis ou dinge, so hoekom … Maar Miss Africa sê, nee, dis ou dinge, maar destyds het jy dit vir ’n judge ge-vertel, Map Jacobs, so jy was ge-fórce om’t te vertel, en jy sal’t ook nie ge-vertel het as jy nie ge-force was deur die gereg nie! Maar jy sal nooit tot rus kom voordat jy dit vertel vir iemand wat jy werklik trust nie … Nee, sy’t nie gesê trust nie, maar iemand, sy’t gesê iemand wat jy werklik … well … liefhet, Ma …

      Stilte.

      MAP: Maar die social worker, sy praat … mos … dis mos nonsens, Ma. Hoe kán ek weer …

      Antie Grootmeisie kyk na hom.

      MAP: Maybe …

      Stilte.

      MAP: Ek weet nie, maybe … Maar ek wil nie wéér nie … Sy sê vir my, ek meen Miss Africa, die social worker, jy dink jy’s ge-bekeer, jy dink jy’s ge-change, Map Jacobs, en miskien, ek