Apocrypha. M. M. WALTERS. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: M. M. WALTERS
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Языкознание
Год издания: 0
isbn: 9780624078487
Скачать книгу

      hebben. Want Ik de Heere uw God, ben een ijverig

      God, die de misdaad der vaderen bezoek aan die

      kinderen. – Exodus 20:3.

      Die man sal sy moeder verlaat,

      maar aan ’n ander vrou bly kleef –

      letterlik suig,

      deur haar gesoog word,

      want dit gaan maar altyd om die spene.

      Dié is óf vet en swaar omlyn,

      dik soos ’n skottel deeg,

      óf dun gedruk met punte

      van spons en visbaleine.

      Die klein rondetjies moet suggestief wees,

      die grotes half ontbloot,

      en die plat ou paddatjies moet rondspring,

      dril-dril, verder om’t ewe,

      want elkeen soek na sy Diana,

      dors na buuste en nie brein nie –

      betaal dan later droog bedroë,

      dienooreenkomstig,

      duur skoolgeld vir sy kinders.

      APOCRYPHA V

      Jericho nu sloot de poorten toe.

      En het zal geschieden, als men langzaam met den

      ramshoorn blaast, dan zal de stadsmuur onder zich

      vallen. – Jozua 6:1-5.

      Sidderende stad wat sy poort sluit

      teen die aantog van die heer –

      mure wat styf en koud en hoog is,

      moet die aantog van die buiter keer.

      Die preutse priester speel en blaas

      op die ram se gekrulde horing,

      maar die wagter weier deur die nag,

      bly skuil in die koue toring.

      Sewe keer sal hy om haar draai,

      tot sy protesterend verloor

      en as die skanse val, die heiligdom

      verskeur en met die swaard deurboor.

      Waarom maar nie die poorte oop laat staan

      sodat die rower vrylik in kan gaan?

      APOCRYPHA VI

      Gij zult niet begeeren uws naasten

      vrouw. – Exodus 20:17.

      My buurvrou lê graag

      met kaal boude

      in die son smiddags

      as dit warm skyn.

      Ek wil mediteer:

      nog ’n heilige Markus –

      want die duiwe vreet mielies

      uit die ronde holte

      van ’n wit nawel.

      Apollo kwyl

      en kou groen blare,

      maar die mossies skyt

      op Daphne.

      ’n Houtperd vul

      vuur en swael,

      en Hekabe huil oor Hektor.

      Een gebreklike seun

      is restant van ’n boedel

      van ’n warm Jodekoning.

      Twee oë loer

      Bathseba in ’n vat

      en tienduisend sterf

      van dié heerlikheid.

      Kom, kyk, verower,

      maar die adder steek

      tussen die vye.

      Die heidene tas my ryk aan,

      maar die mure van Rome

      is hoog en heilig.

      APOCRYPHA VII

      En zij zeide tot hem: Geef mij eenen zegen

      dewijl gij mij een dor land gegeven hebt,

      geef mij ook waterwellingen. – Rigteren 1:15.

      Ek het die bergstad ingeneem,

      die ronde torings een vir een

      verower met my hand. Daarvandaan

      het die stadspoort oopgegaan

      en die sagte land tot aan die see

      hom sonder slag of stoot aan my oorgegee.

      Eers later toe die helder son

      opgaan oor die droë bron

      kon ek sien dat die land woestyn was,

      sonder seën of koel fontein was.

      Oor watter grense sal my wense stort

      as hierdie land vir my te klein word?

      APOCRYPHA VIII

      Ook had de Heere God gesproken: Het is niet goed

      dat de mensch alleen zij; Ik zal hem eene hulpe

      maken. – Genesis 2:18.

      Hy weet nie waar sy gedagtes was,

      maar toe hy sy oë opslaan, kyk hy vas

      in die voltooide hoof en hare

      en merk hy hoedat Elohim se hand

      die nek masseer, dit dun en slank

      vasheg aan die ronde skouers.

      Eers toe die hand die borste koepel

      en puntig afrond, fris en soepel,

      het hy gesug en later,

      onstuimig met elke hyg,

      die ongeduld in hom voel styg.

      Toe die sagte buik sy rondings kry,

      rol sy oë wild,

      maar toe die vingers van die god

      vormend druk en vrywe

      oor die heupe en die dye,

      grawe hy diep slote in die grond

      en pluk hy aan die nuwe gras

      baldadig soos ’n hond.

      Elohim, die kastyer,

      het hom laggend laat begaan

      en vir Eva skielik onvoltooid laat staan.

      Adam het teen die rotse geskop,

      aan die bome geruk, gestamp met sy kop,

      radeloos gesoebat dat sy goeie heer

      tog moes stuur na Moria vir nog meer

      rooi klei uit daardie heilige nawel van die aarde.

      En toe die begeerlike driehoekpit

      swart en aanloklik tussen die rondings sit,

      staar sy oë blind:

      Onverbiddelik