In die blou kamp. Dana Snyman. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Dana Snyman
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Книги о Путешествиях
Год издания: 0
isbn: 9780624072263
Скачать книгу
met ’n mikrogolfoond, ’n satellietskottel vir die televisiestel en al sulke goed.

      Hannes het vir ’n landskapsargitek gewerk, toe kry hy die aanbod om hierdie Freightliner te bestuur. Hulle het die woonstel opgegee en selfs hul motor verkoop.

      Hannes het een van Suid-Afrika se sowat twee honderd en veertig duisend lorriedrywers geword. Met Daleen op die sitplek langs hom.

      “Ons was moeg vir sukkel in Benoni.” Daleen glimlag flouerig. “Dit was maar ’n aanpassing, maar ’n mens moet ’n lewe maak. Jy’t nie ’n kombuis nie. Jy’t nie ’n badkamer nie. Jy kan nie sommer enige plek langs die pad stilhou en slaap nie. Jy word besteel.”

      “En die hoere pla kwaai,” voeg Hannes by. “Jy slaap net, dan klop een aan die venster. Hulle sny ook jou seile stukkend en steel jou goed, die hoere. Op Richmond het hulle ’n klomp mayonnaise by ons gesteel. En as jy in ’n ongeluk is, sak die armes op die wrak toe en vat fokken als.”

      Hulle vervoer enigiets van mayonnaise en gifstowwe tot veevoer en sousboontjies. Sewe dae ’n week. Maand-in, maand-uit.

      Soms moet hulle vinnig ’n vrag iewers kry, dan is daar nie eens tyd vir stilhou en toilet toe gaan nie.

      “Ek’t hierdie bottel se bokant afgesny.” Daleen haal ’n tweeliterkoeldrankbottel langs die sitplek uit. “Ons piepie sommer so in die ry daarin.”

      Hannes tik weer met ’n growwe vinger op sy horlosie. Hulle moet in die Kaap kom.

      “Hannes sê altyd ons is die honde van die samelewing.” Daleen kyk na hom.

      “Dis hoe party mense jou laat voel,” beaam hy. “Hulle jaag tot op jou gat en flits vir jou fokken ligte. Kom hulle verby, kry jy ’n middelvinger. By die plekke waar jy moet af- of oplaai, laat baie jou voel of jy ’n stuk gemors is.”

      Hy druk ’n knoppie, toe vat die enjin. Hulle ry stadig terug in die rigting van die N1. Môre is dit George toe, daarna Port Elizabeth toe. Waarheen hulle die dag daarna gaan, weet hulle nog nie. Hulle hoor op kort kennisgewing wat moet hulle waarheen neem.

      Daarom het hulle ’n naam vir hierdie lorrie gegee en dit op die neus laat verf: “Slaafie.”

22.jpg

      Stop and go

      Elke dag, seven to five, staat ek hier met hierie vlag van my, Meneer. Ek lat die karre briek. Hulle moet weet hier word gewerk. Dis darem ’n job. Dis iets. Die anderse sit in die shackse en drink bier en steek mes. Party kere raak die mense ongemaklik met my. Hulle kom hier aan in hulse Land Rovers, oop en toe. Dan waai ek die vlag, want die lig voor is rooi. Dan sit hulle hier met hulse dik kieste. “Wat’s fout met hierie government van jou, hè?” sê hulle. “Gaan sê vir Zuma hierdie land is verby.” Een ou vrou draai haar glas af. “Kom hier, ubaba!” roep sy. Miskien kry sy my jammer, want sy vra: “Wat’s jou naam?” “Anneries,” sê ek. “Shame,” sê sy, en toe kry ek die toebroodjies van Gauteng af. Kom hier niks karre nie, gaan sit ek op daai paaltjie daar. Ek bring my eie watertjie en broodjie en bêre dit hier in die grassies. Ek gaan nie vir Meneer verkeerd sê nie: Ek verlang na die bottel, hier, soms, party kere. Maar ek het my gelat doop in die kerk, ek’s klaar met die bottel. My sonne is afgekap. Ek wil hê die liefde moet wen. ’n Mens se kop werk sterk as jy hier staat. Die lorries kom ook hier, die groot lorries. Ek stop hulle. Hulle luister vir my. Jy dink baie dinge, jy sien dinge, jy voel dinge. Jy staat nie net hier en waai die vlag nie.

23.jpg

      Avokado: Dag 29

      Ek is in ’n hotelkamer in Pretoria. Ek bel vir Johannes op Jacobsbaai op sy selfoon. Gaan dit goed by die huis, Johannes? vra ek. Dit gaan goed, Ouboet. Die honne? Hulle is happy, Ouboet. Hulle lê hier op die bank. En Lettie? Lettie is happy, Ouboet. Koos? Koos is ook happy, Ouboet. Groei my avokadopeer al by die botteltjie? Ek weet nie, Ouboet. Ek sal gaan kyk, Ouboet. Bye, Johannes. Bye, Ouboet. ’n Uur of so later piep my selfoon. Dis ’n SMS, ’n foto’tjie van Johannes af.

Lady%20Gaga.jpg

      In Pretôria

      Ak love Laaidy Gaga. Say’s soos in amazing. Dit freak may pô en mô totally uit. My pô sê sy’s evil, wônt sy drô weird klere en stuff. May pô moet net chill. Jeez. Dis nie asof Laaidy Gaga soos in saeks op stage het nie. Okay, say het al ’n splif in een van hôr shows gerook en stuff. Môr hier in Pretôria kôn jay ok ’n splif koop. Dûh? Hier drô mense ok weird, random outfits. Laaidy Gaga care actually vir die armes. Say’s vir world peace en stuff. Say’t soos in millions gegee vir amôl wôt in die tsoenômi dood is. Say’t soos in op hôr private jet China toe gevlieg en stuff. Hoe amazing is dit nie? En sy’s soos in teen saeksuel abuse en stuff. En say’s ’n veggie. Say môk soos in steaks ôn haar lyf vôs en gôn op stage om te protest teen amôl wôt so randomly vleis eet – Blou Bul-steaks en stuff. Toe ak dit vir may pô sê, toe vông hy soos in ’n fit. Haktiek. Chill net, Pô. Okay? sê ak vir hom. Hoekom freak Pô nie ok uit oor Natanië-ôl nie? Jeez. My pô en mô love Natanië-ôl. Hulle dink hay’s soos in amazing. Hêlou? Natanië-ôl drô soos in rokke en stuff op stage en sit make-up ôn. Mense is net jealous op Laaidy Gaga omdôt say ’n famous celebrity en stuff is. Say’t soos in veertôg miljoen followers op Twitter. Imagine that. Jay stôn soos in die oggend op en dis koud en stuff en jay voel depro, dan vôt jy soos in jou iPhone, en tweet: Dis koud en stuff en ak is depro. Dan tweet jou veertôg miljoen followers trôg en sê hulle love jaouw, jay moet beter voel en stuff. Hoe cool moet dôt nie wees om so gelove te word nie?

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RkRRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABBlkAAAEBAAMAAAABCdkAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAfAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA04dpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIChNYWNpbnRvc2gpADIwMTU6 MDY6MDUgMTA6Mzc6NTAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAF4sAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMV ExMYEQwMDAwMDBEMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQO Dg4OFBEMDAwMDBERDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQD ASIAAhEBAxEB/90ABAAH/8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEB AQAAAAAAAAABAAIDBAUGBwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYU kaGxQiMkFVLBYjM0coLRQwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5Sk hbSVxNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQAC EQMhMRIEQVFhcSITBTKBkRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RF VTZ0ZeLys4TD03Xj80aUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMB AAIRAxEAPwDtiVXy86nF2G4OFbvp2gAsrEhvqXmd