Ek en jy verskil hemelsbreed. Louise van Coller. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Louise van Coller
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796319067
Скачать книгу

      •Aristoteles

      SP-groep

      •ESTP - Ekstrovert / ­­Sintuiglik /­­ Denker(T) / ­Begrypend(P)

      •ESFP - Ekstrovert /­­ Sintuiglik /­­ Gevoelsmens(F) /­ Begrypend(P)

      •ISTP - Introvert / ­­Sintuiglik /­­ Denkend(T) / Begrypend(P)

      •ISFP - Introvert /­­ Sintuiglik /­­ Gevoelsmens(F) /­ Begrypend(P)

      In hierdie groep verskil hulle slegs ten opsigte van die (T/F)Denkend/Gevoelsmens en die (I/E)Introvert/Ekstrovert. Al vier is duidelik sintuiglik(S) en gebruik die sintuie as voorkeurgroep. Al vier is begrypend(P) en ervaar stres waar daar druk toegepas word om dinge af te handel. Hulle het ’n behoefte aan die onaf­gehandelde.

      Die SP-hooftipe

      ISTP, ESTP, ISFP en ESFP

      Hierdie groep is gemaak om vry te wees van reëls en die lewe te geniet in alles wat hulle aanpak. Hulle wil impulsief reageer, onbeplande avontuur beleef en spontane opwinding in hulle daaglikse lewe hê. Hulle kies dan ook beroepe wat dit vir hulle bied – om te werk is inherent om te geniet. ’n Beroep met sperdatums en druk om dinge te voltooi, sal SP’s inperk en onnodige stres en ongelukkigheid bring. Dit sal hul lewenskwaliteit benadeel en uiteindelik onaanvaarbaar wees.

      Hulle word deur aksie aangedryf en dit vorm deel van elke dag. Hulle funksioneer baie goed in ’n krisis en dink juis op hul voete. Die aksie en opwinding laat hulle lewend voel. Soms skep hulle aksie in hul persoonlike lewe wanneer dinge te on­interessant raak. Dit is prettig om saam met hulle te werk of te lewe – elke dag bring sy eie opwinding.

      Werktuie is hul meester en dit trek hulle soos ’n verslaafde, juis omdat dit die belofte van aksie inhou. Die werktuig word ’n opwindende verlengstuk van die SP, byvoorbeeld renjaers, vlieëniers, surfers, ambulansbestuurders, professionele soldate, entrepreneurs wat besighede van bankrotskap red, kroegmanne, haarkappers, modelle, towenaars, polisiemanne en professionele atlete – altyd aksie!

      As huweliksmaat is pret steeds ’n wagwoord en selfs ten opsigte van die seksuele moet daar opwinding wees. Waar die SP’s nie aan ander se verwagtings voldoen nie, sal hulle probeer hervorm, maar dit sal nie lank hou nie. Reëls en opruim- of skoonmaakprosedures irriteer hulle en lê hulle aan bande. Met die alledaagse verantwoordelikhede van die huislike lewe kan daar nie op die SP staatgemaak word nie. Tog is SP’s opwindende maats wat baie aanpasbaar en vriendelik kan wees. Waar hulle onder druk geplaas word, kan hulle taktloos en selfs brutaal optree.

      SP-ouers is dikwels geliefd en kan eindelose pret binne die gesinstruktuur voorsien. Die SP-vrou sal haar kinders grootmaak met ’n baie meer prettige ingesteldheid as byvoorbeeld die SJ-ma wat verantwoordelikheid en pligsbesef nastreef.

      Hierdie groep is op sosiale vlak opwindende geselsers wat die grappige kant van die lewe insien, mense onderhoudend met stories, grappies en staaltjies kan besig hou. Hulle is prettige vriende wat die lewe nie te ernstig opneem nie en elke situasie sien as iets om te geniet.

      SP’s kan maklik verveeld raak. Hulle wil voortdurend hul patrone verander en van te veel roetine wegkom. Hulle word ook slegs tydelik van stryk gebring. Iets wat ’n ander groep permanent sal verwoes, is vir hulle dikwels slegs ’n tydelike terugslag, byvoorbeeld verandering van huis of stad.

      Hul taalgebruik is operasioneel en funksioneel. Die SP’s is versigtig om hulleself in ’n posisie te laat vasvang waarin hulle iets slegs moet verduur. Vir hulle maak dit nie saak hoe moeg, honger of pynlik ’n avontuur hulle sal laat voel nie, dit is vir hulle ’n avontuur en nie ’n opdrag nie – genot kom vanself. Vir pret of avontuur is daar altyd ’n doelgerigtheid en hulle bevraagteken nooit hul vermoëns of hul reg tot pret nie.

      Hul vriende is vir hulle baie belangrik en hulle sal enige tyd ’n vriend help of beskerm. Hulle is realisties en sien die goeie van die lewe raak en wil presies wees soos hulle is.

      Die SP-groep beslaan ongeveer 38% van die totale samelewing.

      Bekendes in hierdie groep is:

      •Elvis Presley - ESFP

      •Madonna - ESTP

      •Hugh Hefner - ESTP

      •Ernest Hemingway - ESTP

      •Elizabeth Taylor - ESFP

      •Clint Eastwood - ISTP

      •Jean-Jacques Cousteau - ISFP

      •Winston Churchill - ESTP

      •Franklin D Roosevelt - ESTP

      •Barbra Streisand - ISFP

      (Inligting deels vanuit Keirsey se werksmodel. Antoinette Struwig: Kursusfasiliteerder)

      Verduideliking

      Dit was ’n kort uittreksel uit ’n breë wêreld van kennis en onder­vinding. Ek hoop dit kon jou ’n oorhoofse perspektief gee op almal se verskillende wêrelde van denke en belewenis, en hoe drasties sekere persoonlikhede van mekaar kan verskil. Om jou spesifieke persoonlikheid en die graad waartoe jy daarin pas te verkry, moet die Keirsey-vraelys sorgvuldig ingevul word om seker te wees van jou ware identiteit. Dit sal jou voorsien van inligting wat jy lewenslank kan gebruik, byvoorbeeld INFP of INTJ of ESFP.

      In die jare wat ek gebruik maak van persoonlikheids­ont­leding, het ek ’n wonderlike ontwaking by mense bespeur, wat bes moontlik die grootste enkele bewustheid omtrent hulleself kon bring. Paartjies kon vir die eerste keer hul vinger lê op presies wat hul verskille is en waaroor hulle tipies sal baklei. Hulle kan, juis omdat hulle dit nou verstaan, sien hoekom hulle altyd oor dieselfde basiese dinge konflik ervaar.

      Die feit dat dit vanuit ’n Goddelike perspektief verstaan word, bring ’n groter doelwit. Ek kon sien hoe dit ingeneem word deur oë en ore wat in die gees geopen en ontvanklik is. Ek kon met vreugde waarneem dat mense hul eie identiteit weer vind, soos God dit van die begin af bedoel het en dat hul geloof in God weer vir hulle hoop kon bring.

      Twee klassieke voorbeelde wat ek dikwels in die praktyk beleef en wat groot baat vind by persoonlikheidsanalise, is dit gee aan die man sekerheid in sy vaderskap/huweliksmaat-posisie. Dikwels beleef die man dit as ’n verantwoordelikheid wat te groot word om te hanteer en dat hy dan nie emosioneel daarvoor opgewasse is nie. Waar hy soms onseker is van wie hy regtig is en wat van hom verwag word, kan die wêreld se druk en sy vrou se verwagtings hom oorweldig. Hy kan ’n uitkoms soek en dit kan uitloop op ’n “no-strings attached” buite-egtelike verhouding, of ’n behoefte om te skei en vry te wees. Dit loop gewoonlik ook hand aan hand met die feit dat nie alle mans waarlik ge-“vader” is tydens hul opvoedingsproses nie en ’n rolmodel van ware geestelike vaderskap ontbreek het. Ware sekerheid van identiteit en persoonlikheid bied ’n vaste fondament wat alle mense nodig het om hulself te verstaan en te respekteer.

      Die tweede voorbeeld is die vrou wat met haar moederskap en die prysgawe van haar beroep haarself verloor het. Sy beleef ’n amperse identiteitloosheid wat haar laat twyfel aan haarself en haar waarde. Binne hierdie identiteitskrisis weet vroue nie meer waarvan hulle hou en wie hulle is nie. Hulle ken hulself nie meer nie en dit bring dikwels mee dat hulle allerhande maskers opsit om die bietjie “ware self” verder te verberg.

      In albei gevalle is dit nodig om die mense se selfbeeld te versterk en hul ware identiteit vas te maak, sodat hulle weer in outoriteit binne hulleself kan opstaan. Daar lê so baie opgesluit binne identiteit en selfwaarde, dat aanvaarding daarvan alleen kan kom binne die raamwerk van ’n verstaan van wie jy is. Dit bring eindelik Goddelike vrede en vervul die innerlike soeke, omdat mense weet wie hulle in God is.

      As jy nie vrede in jouself vind nie, sal jy dit nêrens anders vind nie.

      – Marvin Gayle

      Opsomming

      SJ-persoonlikheid

      •Taakgerigte, harde werkers. Uitkomsgebaseerd.

      •Stel hoë standaarde vir hulleself en ander om hulle.

      •Funksioneer