Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal. Henk Viljoen. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Henk Viljoen
Издательство: Ingram
Серия: Piekfyn Afrikaans
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9781770029477
Скачать книгу
on>

      

titelblad.jpg

      Piekfyn Afrikaans

      ’n Geïntegreerde taalteks

      Graad 8

      Huistaal

      Leerderboek

      Henk Viljoen, Rina Lamprecht, Annette Ligthelm, Marietta Murray, Magdel van Tonder, Nic Conradie, Sylvia Plaatjies

BB-NBlogo.jpg

      Pretoria • Kaapstad

5867.jpg

      Liewe leerder

      ’n Nuwe jaar en nuwe uitdagings – welkom in Graad 8. Ons weet jy gaan weer elke oomblik geniet om met Piekfyn Afrikaans te werk.

      Jy gaan tipiese tiener- en meer volwasse kwessies ontleed, interpreteer, verduidelik, beskryf en saamvat in vloeiende en gevoelvolle Afrikaans. Die doel van hierdie boek is om jou op ’n sistematiese wyse deur al die werk vir die jaar te begelei. Die modules dek al die werk vir die jaar, asook al die assesseringstake wat van jou vereis gaan word. Jy gaan baie luister, praat, lees en skryf en deurlopend taalstrukture inoefen en korrek toepas. Werk al die aktiwiteite deeglik deur sodat jy teen die einde van die jaar met skitterende punte Graad 9 kan betree.

      Om jou te help met hersiening en voorbereiding is In ’n neutedop, Pitkos, die Letterkundegids en die Taalgids spesiaal geskep om jou kennis van taalstrukture, lees en skryfprosesse en letterkunde ’n hupstoot te gee. Verder is daar vraestelle wat jy kan gebruik om jouself vir die halfjaar- en die jaareindeksamen voor te berei. Die Indeks gaan jou ook help om blitsvinnig die betekenis, voorbeelde en toepassings van verskeie taal- en literêre begrippe op te spoor.

      Geniet Piekfyn Afrikaans Graad 8.

      Die samestellers

5983.jpg module_header1.jpg

      Jy is nou amptelik ’n tiener, jy het hoërskoolstatus bereik en die lewe is ’n fees. Regtig? Watse probleme kan daar dan wees? Het jy dalk draadjies aan jou tande of het jy dalk jou pa se motor gestamp? Ons gaan hierdie probleme van nader bekyk.

      Ons begin met hersiening van jou leesvaardighede en die leesproses en leer van paragraafskakeling en die skryfproses. Om dit in te oefen skryf jy paragrawe en ’n opstel.

      Jy lees ook ’n kortvehaal oor ’n tiener wat die onskuld vanself is en hoor hoe lelik almal met haar is. In die proses leer jy wat ’n monoloog is en ondersoek vertellers, handeling en karakteriseringstegnieke in ’n verhaal. Jy lees ook ’n gedig oor ’n tiener se nuwe gedaante in “Die nuwe ek” van Sunette du Plessis wat in die Piekfyn Afrikaans Leesboek verskyn.

      Jy doen verder ’n luistertoets en hersien die selfstandige en byvoeglike naamwoord.

64255.jpg 64457.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       leesvaardighede en die leesproses onder die knie kry

       inligtingsteks lees en vrae beantwoord

       die selfstandige naamwoord ondersoek

       groepbespreking hou.

      Lees Pitkos om leesvaardighede en die leesproses te hersien.

96484.png

      Pitkos

      Leesvaardighede

      Vluglees

      Vluglees is wanneer jy vinnig (vlugtig) deur ’n teks gaan om uit te vind waaroor dit handel. Jy gaan soos volg te werk:

      Lees eers die opskrif en dan die eerste paragraaf. Die eerste paragraaf is die inleidende paragraaf en vertel waaroor die leesstuk handel.

      Lees dan subopskrifte (paragraafopskrifte). Dit gee ’n opsomming van waaroor die paragraaf handel.

      Indien daar nie subopskrifte is nie, lees jy die eerste sin van elke paragraaf. Dit is gewoonlik die hoofsin en vertel jou wat jy in die paragraaf kan verwag.

      Lees dan die slotparagraaf – dit gee dikwels ’n opsomming van die teks.

      Waarom moet jy ’n teks vluglees wanneer jy ’n stilleesoefening doen?

      Jy lees om . . .

      ’n idee of ’n prentjie te kry waaroor die teks handel.

      ’n idee te kry van hoe moeilik of maklik die teks is.

      jou voor te berei vir die vrae wat jy moet beantwoord.

      Soeklees

      Dit is wanneer jy na spesifieke inligting soek sonder om die teks aandagtig deur te lees.

      Ons gebruik soeklees gedurig wanneer ons na inligting in ʼn woordeboek, op die internet, in ʼn telefoongids soek. Dit is wanneer jou oog vinnig oor die inligting beweeg sonder om dit regtig te lees – jou oog is net ingestel om een spesifieke woord/datum/nommer/naam raak te sien.

      Aandagtige lees

      Dit is wanneer die teks deeglik gelees word om die inhoud te verstaan.

      Die leesproses

      Prelees

      Voordat ons begin lees, gesels ons oor die teks, kyk na illustrasies, prente, titel en subtitel en ander opskrifte – ons maak afleidings.

      Ons vluglees en soeklees om te kyk na tekskenmerke en om die hoofgedagtes vas te stel.

      Ons maak voorspellings wat in die teks gaan staan.

      Tydens lees

      Lees aandagtig om die inhoud te verstaan.

      Maak afleidings en bepaal die betekenis van onbekende woorde.

      Herlees en visualiseer die inhoud.

      Lei betekenis af en vra vrae.

      Som hoof- en ondersteunende gedagtes op.

      Postlees

      Vluglees en soeklees om vrae te beantwoord en afleidings en gevolgtrekkings te maak.

      Ontwikkel kritiese taalbewustheid, soos onderskei tussen feite en menings, wat is direkte en geïmpliseerde betekenis, vergelyk en maak afleidings en gevolgtrekkings.

      Hoe prelees jy ’n boek?

      In Pitkos het julle gesien hoe ’n mens ’n teks prelees. Dit werk dieselfde wanneer jy ’n boek van die rak af haal om te lees – dit kan ’n storieboek wees of ’n boek wat jy gebruik om navorsing te doen. Gaan so te werk:

       Kyk na die voorblad:Lees die titel, kyk na die illustrasie, kyk wie die skrywers is. Wat vertel dit vir jou?

       Kyk na die agterblad:Kyk na die uitleg en illustrasies.Wie is die uitgewers?Lees die opsommende gedeelte.Gee dit jou ’n idee wat om van die inhoud te verwag?

       Blaai om. Die eerste bladsy is die titelblad. Wat sê die uitleg vir jou? Is hier ekstra inligting?

       Blaai na die inhoudsopgawe:Lees die titels van die hoofstukke.Lees die onderafdelings van elke hoofstuk indien dit gegee word.Wat vertel dit vir jou oor die inhoud van die boek? Sal dit aan jou verwagtinge voldoen?Is daar ’n indeks of ander afdelings wat die leser kan help?

       Blaai na die agterkant van die boek:Kyk na die indeks indien daar een is – lyk dit volledig?Kyk na die